As
jy nog nooit probeer het om matchmaker te
speel vir jou beste vriend/vriendin nie, jok jy vir jouself. Om Cupid te speel is baie bevredigend. Jy
kan probeer om twee mense wat vir mekaar bedoel is bymekaar uit te bring (en jy
kan leer uit hulle foute uit).
Kom
ons maak asof jou Cupid's bow die
regte mense getref het en BAM! Jou pêl het 'n meisie of jou vriendin 'n hunk. Hier is 'n paar dinge wat jy kan
doen om te sorg dat hulle verhouding die toppunt van epicness bereik:

2.
Noem een helfte van die couple 'n oulike bynaam. Glo my. Jou beste vriend sal
mal daaroor wees dat jy sy meisie "liefie" noem, dit wys dat jy haar
aanvaar in julle vriendekring. Dis belangrik vir jou vriende se beter helftes
om aanvaar te voel deur jou vriendekring.

4.
Die volgende keer as julle saam met jou vriendekring uitgaan, sluit die couple iewers toe. Sorg dat daar niks
water of kos is nie. Los hulle alleen vir 'n week. Hulle verhouding sal getoets
word deurdat hulle sal moet uitredeneer wie eerste wie se piepie moet drink en,
as dinge begin ernstig raak, wie eerste
hulle hand sal moet afchop om geëet
te word. Hulle sal baie sterker daaruit kom. En JY sal die een wees wat die
geleentheid aan hulle gegee het!

Vlog
hierdie tips as jy regtig wil sien
hoe jou vriend/vriendin se liefdeslewe floreer. Hierdie tips is amper so indrukwekkend soos Justin Bieber se kriminele
rekord.
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.