Thursday, October 3

MI is diere! (What?!)

Ons het onlangs 'n versoek van een van ons MI-lesers gekry. Sy wou weet watter dier ons sou wees as ons een was. Ons het toe besluit om vir julle in te lig oor watter awesome diere MI sal wil wees as ons deel van diereryk kon wees. Ons sal onself noem... MI-DIERE!

M: 'n Tier
Nadat ek Life of Pi gekyk en gelees het is ek ietwat obsessed met tiere. Ek weet 'n tier is eintlik die I se gunsteling dier en nou het ons officially dieselfde gunsteling dier. Tiere is eintlik gewetenlose
karnivore, maar ek hou daarvan om van hulle te dink as 'n oorgroot liefdevolle huiskat met 'n million doller Louis Vuitton jas! Hulle is sneaky en grasieus, maar o so stylvol! Ek sal daarvan hou om die koning of koningin of prinses van die oerwoud te wees! My tier naam sal: Meline (Soos Feline) wees. Boom Fistpump!
 
I: 'n Sloth
Ek sal eerlik wees: My stokperdjies is eet en slaap. En eet. Het ek eet genoem? Weet wat doen sloths? Hulle eet DIE HELE tyd (en bly maer!) en dan slaap hulle om die kos af te werk. As dit nie jou idee van 'n perfekte lewe is nie jok jy vir jouself. Wel, ek is basically al klaar 'n sloth... Al wat ek kort is
fur en 'n oerwoud (alhoewel die skool wel kan kwalifiseer as een). Jip, jip, jip. Defintief 'n sloth. OE OE OE! Hoor hierdie grappie!
What did the grape say when the sloth stood on it?
Nothing, it just let our a little wine.
Ha. Haha. HAHAHAHAHAHA! DIS HILARIOUS!
Oh my soul ek sal 'n snaakse sloth wees. Okay. Baai.
 
Watter soort dier sal jy wees en hoekom? Laat weet ons in die comments!
 
Tot wedersiens!
MI

2 comments:

  1. Hey MI Watch! Dis so cool! Nou weet ek ook watter diere julle sou wees, en my 2de opsie (na `n arend) sal ook `n tier wees! Maar ek dink dis baie cool dat I `n Sloth wil wees! Dankie dat julle dit gedeel het!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons is so bly jy't daarvan gehou! En dis 'n GROOT plesier! :)

      Dankie dat jy so cool leser is! :)

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.