Sunday, October 20

50 Random Vrae

Ons was deur een van ons vriedinne en mede JJ, Anike,  getag om 'n '50 Random Vrae' artikel te doen. Soos julle seker weet het ons niks beters gehad om te doen, so hier is dit!

 

1. Waar was jy 3 ure terug?
I: By die huis, besig om the Lone Ranger te kyk. (Dis EPIC, net BTW).
M: Besig om TV te kyk…X Factor, Suits…Daar is net te veel goeie TV-programme.

2. Op wie is jy verlief?
I: Harry Styles, duh.
M: One Direction… en ‘n HUGE CHEESY PIZZA!

3. Het jy al ooit 'n vetkryt geëet?
I: Umm, nee. Ek het klaar 'n kleurvolle genoeg hart.
M: Waar kry jy jou inligting van?? Who are you working for…(kyk suspisieus rond)

4. Is daar enigiets pienk binne 10 meter van jou?
I: Al die pienk boeke in my boekrak.
M: Mp pienk Puma sweater en my hond... as ek hom klaar gekleur het.
 
5. Wanneer was die laaste keer wat jy in die mall was?
I: Seker so maand terug...
M:Uuuuum…ek weet nie! DIS 'N SKANDE!!

6. Dra jy op die oomblik sokkies?
I: Nee. Sokkies is gross.
M:Nope, wat weird is!

7. Het jou familie 'n kar wat meer as $20 000 werd is?
I: As jy praat van ons Ferarri, dan ja.
M: Justin Bieber het hom gesteel en met Leopard prints bemors! Grrrrrr….

8. Wanneer was die laaste keer wat jy buite die dorp was?
I: Gister aand, vir 'n partytjie. HALA!
M:Gister vir ‘n P-A-R-T-Y #whoopwhoop

9. Was jy by die flieks in die laaste 5 dae?
I: Nee, en dis 'n outrage!
M:Tel dit as ek in my drome by die fliek was... saam my boyfriend… Niall

10. Is jy hot?
I: Nee, ek sit onder 2 komberse.
M:As ek in ‘n sauna sit of my naam op Ariana Grande se Twitter page sit en haar Profile Pic hou!

11. Wat was die laaste ding wat jy gedrink het?
I: Water.
M:Ceres Vrugtesap

12. Wat dra jy op die oomblik?
I: 'n Skinny jean, grys peplum top, swart truitjie en oorfone.
M:Grys sweetpakbroek en ‘n pienk sweat shirt!

13. Was jy self jou kar, of laat jy die karwaasery dit doen?
I: HAHAHAHAHAHAHAHAHA. Ek sit nie my hande aan 'n wassponsie nie.
M:Vergeet altwee… my superhot man (as ek een gehad het) doen dit soos hulle dit in die movies wys!

14. Soort kos wat jy laaste geeet het?
I: Ertjies (ew), slaai (yay), mash (yay), wors (ew) en daai lekker chips goed van Woolies. O ja! En spookasem!
M:Seafood pasta en Roomys vir poeding!

15. Waar was jy laasweek hierdie tyd?
I: In presies dieselfde posisie as nou.
M:Op die bank, besig om TV te kyk…Wow my lewe is depressing!

16. Het jy enige kledingstukke gekoop hierdie week?
I: Jip! HALA!
M:YUP! SHOES!

17. Wanneer was die laaste keer wat jy gehardloop het?
I: Vrydag middag. Ek het gehardloop om eerste by die poeding uit te kom.
M: 5 minute terug, yskas toe tydens die advert break van X Factor!
 
18. Wat was die laaste sportsoort waarna jy gekyk het?
I: Krieket.
M: ABSA Currie Cup Semi-Final tussen die Sharks en die Cheethas (maar ek is eintlik ‘n Bull)

19. Wat is jou gunsteling dier?
I: Tiere!
M: Zebras! Is hulle nou wit met swart strepe of swart met wit strepe?

20. Wat is jou droom vakansie?
I: ENGELAND! (So as iemand 'n ekstra vliegtuigkaartjie het...)
M:Engeland, Ierland en Parys of NEW YORK!

 21. Laaste persoon wie se huis jy in was?
I: Ons vriedin Luzaan s'n, en dit was EPIC!
M:Luzaan s’n vir ‘n P-A-R-T-Y!!

22. Ergste besering wat jy nog ooit gehad het?
I: Ek het my sleutelbeen gebreek toe ek 2 was. (Dit was die rowwe dae).
M :Iemand het op my vinge getrap en toe val die nael af... ek weet... Hoe het ek dit oorleef? Dankie vir julle concern, ek is okay nou!

23. Was jy al ooit verlief?
I: Ek is nogsteeds... Op Harry Styles.
M: Dalk... ;)

24. Mis jy enigiemand op die oomblik?
I: Rottie! (Ons vriendin)
M:YES! My auntie Annie in New Zealand!

25. Laaste musical wat jy gesien het?
I: Moulin Rouge.
M: Ons skool se kultuur aand, maar ek dink nie dit tel nie, so Les Misèrables.

26. Wat is jou geheime wapen om die teenoorgestelde geslag aan te trek?
I: Umm... Ek is baie goed met 30 Seconds...
M:Ek het sover nog geen sukses met enige metode gehad nie, so ek raai that answer is yet to be discovered.

27. Wat is jou planne vir vanaand?
I: 'n Goeie boek, Sherlock Season 2 en 'n music festival in my sitkamer.
M: Stres oor die eksamen en stalk Youtubers!

28. Wie was die laaste persoon wat vir jou 'n Facebook boodskap/ comment gestuur het?
I: Mieke!
M:Ingrid Heÿdenrÿch aka My best friend!

29. Volgende uitstappie wat jy gaan neem?
I: Skool, skool, skool... en o ja! Skool
M: As ek my ma kan oorreed.. McDonalds TOE!!
.
10. Het jy al ooit gaan kamp?
I: Ja. Ek dink 'n miljoen en een keer.
M: Ja en ek het elke minuut gehad, behalwe die oomblikke wat ek na hot ouens gekyk het!

31. Is jy 'n 'honour roll' student?
I: Wel, my ma dink ek is nogals oraait.
M: Ek weet nie regtig wat dit is nie, maar dit klink cool en dan was ek obviously want wie is nou cooler as ek?

32. Wat wil jy weet oor die toekoms?
I: Wat gaan gebeur in Allegiant?!?!?! (Dis so super cool reeks boeke. Moenie worry nie, volgende jaar sal dit super famous wees.)
M: Sal ek ‘n Oscar wen en met ‘n famous krieketspeler trou en my eie reality show hê en die Lotto wen?

33. Dra jy enige parfuum/ spuitgoed op die oomblik?
I: Avril Lavigne se Black Star parfuum.
M:Ja, Justin Bieber se SomebodyJ

34. Moet jy iewers in die jaar na ' dokter toe gaan?
I: Umm... Nie waarvan ek weet nie.
M: Jip! Ek moet my oë weer gaan laat toets, want my ma het my nie wortels gevoer toe ek jonger was nie! Skaam jou moeder!

35. Waar is jou beste vriend/ vriendin?
I: By haar huis, besig om die ander helfte van hierdie artikel te skryf :)
M: Seker by die huis, besig om TV te kyk of iets te skryf of Youtubers te stalk of Sherlock te kyk! (P.S. Hierdie was gedoen sonder dat ek na jou vorige antwoorde gekyk het! BOOM!)

36. Hoe gaan dit met jou beste vriendin?
I: Baie goed, want sy ken vir my. ;)
M: Baie goed, want Allegiant  kom amper uit en sy het ure se Sherlock vermaak!

37. Het jy 'n tan?
I: PUH-LEEZE!
M: Nope! Om myself te camouflage sal ek net in die sneeu gaan lê en dan is ek letterlik onsigbaar!

38. Waarna luister jy op die oomblik?
I: Born To Die van Lana Del Rey.
M: Bastille, Bad Blood speel op hierdie oomblik so hard dat jy dit seker by jou huis kan hoor Anike! (Anike bly in Nelspruit...) ;)

39. Versamel jy enigiets?
I: BOEKE!
M: Boeke! En Superhero movies… My lewensmotto kom uit The Dark Knight!

40. Wie is die grootste skinderbek wat jy ken?
I: My boetie... Ek het NIE die koekies gesteel nie!
M:Twitter!

41. Laaste keer wat jy deur 'n polisieman gestop is?
I: Toe ek die pot aan die einde va die reënboog gesteel het. Die Leprechauns was nie baie gelukkig met my nie...
M: isteraand, weereens in my drome. Die cop was Logan Lerman and hy kan maar verewig my regte vir my vertel!

42. Drink jy jou koeldrak met 'n strooitjie?
I: Net as die strootjie 'n sambreeltjie op het.
M: a! Ek lyk soos ‘n vis as ek uit die bottle uitdrink en dit is nie ‘n mooi sig nie!

43. Wat sê jou laaste SMS?
I: Jip!!! Sien jou vrae later!!! :D- Van Mieke
M: "Ook!! Sien jou vrae ltr;)” vir Ingrid

44. Hou jy van brandsous?
I: Nee, ek hou actually daarvan om gevoel in my tong te hê
M:Nope!

45. Die laaste keer wat jy gestort het?
I: 'n Halfuur terug.
M: isteraand en ek het daarby ‘n Grammy-winning vertoning gegee! Eat your heart out Miley Cyrus!

46. Moet jy jou wasgoed doen?
I: Nee. My ma doen dit. Mwhahahaha!
M: Ek en wasgoed gaan nie saam in 'n sin nie.

47. Wat is jou erfenis?
I: Suid-Afrikaans, oorspronkllik Duits.

M: Ek dink Suid'Afrikaans, maar ek hoop Iers. (*wink* Niall *wink*)

48. Is jy iemand se beste vriendin?
I: Ja... At least I hope so... Mieke, bevestig net asseblief.
M:Ek sal so hoop! (Ingrid jy is op die spot nou…)

49. Is jy ryk?
I: Ek het in die afgelope maand meer as R500 spandeer aan boeke, wat beteken dat ek ryk is aan kennis. Tel dit?
M:Dalk, as jy my vergelyk met die vlugtelinge in Sudan!

50. Wat het jy 12 uur gisteraand gedoen?
I: In die bed geklim.
M:Slaap en droom oor ‘n hot polisieman Logan Lerman en my movie date saam Niall!





2 comments:

  1. LOOOOOOOVE hierdie =D Flippen goeie antwoorde! En Mieke, ek wou sê ek hoor daai liedjie! uuuggghh, ons sou beste vriendinne wees as julle in Nelspruit gebly het... hmm nou mis ek julle! <3

    ReplyDelete
  2. Baie dankie!! Great people inspire great things en dit was mos jy wat ons getag het ne?!! Ons mis jou net so baie en ons sou die awesome MIA gewees het as ons naby mekaar gebly het!!:)
    Tot wedersiens
    MI

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.