Uiteindelik het die groot dag van die Teen Choice Awards
aangebreek en dit was selfs beter as wat ons gedink het dit sou wees! MI is nou in FULL
BLOWN TEEN CHOICE MODE! Daarom, liewe lesers, stel ons aan julle voor: FBI
by die Teen Choice Awards!
Die Beauties:

Dit was 'n baie
hartseer aand vir die Glee cast. Almalprobeer nog om Cory se dood te verwerk. Die het egter nie vir Lea Michele gekeer om op haar beste te lyk
nie! Sy het 'n cute mini rokkie aangehad met 'n
cherese pink rompie en
'n ligpienk bokant. Dit is beslis iets wat ek sal koop!

Nina Dobrev het weereens 'n fashion waagkaans gevat met 'n abstrakte jumpsuit met 'n lae snit, maar hierdie look het vir haar gewerk. Ek is seker haar eks, Ian Somerhalder, kon nie sy oë van haar afhaal nie!


Nou vir die manne... Liam Hemsworth het baie handsome gelyk met 'n swart broek en vuil blou hemp. Logan Lerman het soos sy ongelooflike cute self gelyk in 'n blou hemp en dan...
ONE
DIRECTION! Hulle het almal so laidback en terselfdetyd SUPER sexy gelyk! And
can we please take a moment of silence for Harry's hat (perfeksie!)
Ander mense wie
my oog gevang het was Sandra Bullock, Michelle Rodriguez, Ian
Somerhalder en die Jonas Brothers.


Demi Lovato het die
rebel-look 'n bietjie te ver gevat met 'n over-sized swart blazer, 'n swart
leer broek en swart stewels. Het sy
miskien verdwaal oppad na 'n begrafnis
toe?


Bella Thorne se
rokkie het 'n ongelooflik snit gehad maar aaklige materiaal! Sy het gelyk soos
'n poskaart van Florida. Gelukkig was haar skoene totes adorbs!

Abigail Breslin se
nuwe blonde hare werk nie vir my nie en ook beslis nie haar outfit nie! Sy het
soos 'n jonger wannabe weergawe van die Queen gelyk
met 'n seeblou rok,
gebreide truitjie en nude skoene. Dit was die verkeerde Vintage uitrusting!
Op 'n ander noot... Ons het onlangs so 'n bietjie juicy nuus oor Selena Gomez
gekry. Foto's van haar en Taylor Lautner het gesurface en hulle het “baie cosy”
gelyk... Miskien romantically cosy?
MI
PS, HARRY STYLES SE
TWERK!!!! OMS OMS OMS!!!
DIRECTIONARS HEAVEN!