Friday, February 1

MI Watch Wars!

MI het besluit om ons heel eerste offisieele MI Wars te hou! Die I en die M van MI het gereeld totaal anderse idees oor wat hot en wat not is... toe besluit ons om die wereld te laat weet van ons opinies (dis nou julle, haai daar wereld!). Ons gaan 'n topic noem en dan sal die I en M van MI elkeen hul verskillende kommentaar, idees of opinies daaroor lewer. 

Op julle merke... Gereed? GAAN!

1. G-Strings (Geen prentjies, a.g.v. ons waardes.)
I: Persoonlik dink ek dat G-Strings deel is van die meeste vrouens se alledaagse lewens, MAAR! Dit is flippen ongemaklik en ek het nie 'n clue hoe die vrouens wat dit dra daarmee cope nie. Seriously?!
M: Persoonlik is ek 'n fan van 'ou-tannie' onderklere, aangesien ek og ver van trou af is maak dit seker nie saak wat ek dra nie, maar ek dink dat 'n G-string homself behoort te skaam omdat hy die onderklere familie so groot skande aan doen want hy het geen doel nie!

2. Opera Musiek
I: Hmmm... Ek gaan nou begin met iets wat my totaal en al embarrass... Ek hou actually van opera musiek! Ek weet, ek weet, ek weet ook nie hoekom nie. Maar rerig... het jy al Les Miserables gekyk!? daardie opera musiek is genoeg om te oortuig dat Hugh Jackman actually hot lyk as hy half dood is en dan moet mens weet, ek HOU van opera musiek... dis 'n feit soos 'n koei!
M: Ek hou nie van opera musiek nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou van klassieke musiek maar volgens my is hulle nie afkomstig van dieslefde stam nie. Klassieke musiek volgens my is Mozart, Bach en Vivaldi. Opera musiek aan die ander hand is 'n klomp ou omies en tannies wat kompetisie hou om te kyk wie eerste die kerk/ opera huis se vensters kan breek. En wat sing hulle anyway!? Is dit woorde of alien taal?

3. Fashion Police (op E!)
I: Fashion Police is ongelooflik entertaining as jy vir die afgelope 50 000 jaar nie TV gehad het nie en dit die eerste keer is dat jy ooit 'n TV program sien... dan sien jy daar is eintlik ander programme en jy besef hoe stupid dit eintlik is. Ek meen rerig, dis net 'n verskoning vir ou 'n Tannie en 'n klomp ander mense wat betaal word om te vloek op internasionale TV. (Maar ek hou van Guilliana... En Kelly, George is stupid.)
M: Waar in jou lewe het jy al ooit gesien dat iemand wat so loud aantrek dat jy sonbrille moet aansit anders val jou oe dalk uit (Ja Joan, ek praat van jou), ander mense se styl en uitrustings kritiseer? G'n wonder so baie tieners ly aan selfbeeld probleme nie, hulle sit seker die heeldag en kyk Fashion Police. Wie in hulle regte verstan sal nou Fashion Police i.p.v. The Big Bang Theory kyk? Ek meen, Sheldon Cooper is die beste ding na straightners. So almal, haal daai Fashion Police reminder af en record die Big Bang Theory!

4. Harry Styles is die hotste One Direction lid
I:JAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Harry Styles is die defenisie van perfeksie!!! En hy verjaar vandag!!!! EEEEEEPPPP!!!!! GELUK HARRY!! Dankie aan Mrs. Styles wat hierdie perfekte seun grootgemaak het. Die mensdom sal jou ewig dankbaar wees!
M: NEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! As Harry Styles nog een tattoo bykry gaan hy in 'n lopende inkleurboek verander. Nial is die hotste One Direction lid sonder twyfel! Met sy blonde hare en oulike smile is HY die definisie van perfeksie! Ek weet nie wanneer hy verjaar nie, maar ek weet dit gaan die beste dag van die jaar wees.I love you Niall!!

5. Team Peeta vs. Team Gale
I: Laat ek net een ding uitklaar. Arme Katniss en Gale sou al lankal getroud en gelukkig gewees het as dit nie vir daardie STUPID Hunger Games en nog STUPIDER Peeta was nie! Hulle is soulmates! Hulle hoort bymekaar soos Edward en Bella, William en Kate en Simon Cowell en sy ego. Ek meen... kan julle nie sien hoe Gale en Katniss na mekaar kyk nie!?! Dis so meant to be! Dis amper erger as toe die Titanic gesink het... dis net... dis te erg... ek kan nie... BAAI! Ek gaan nou huil in 'n hoek...
M: Ek wil net se ek is tot in my diepste wese teleurgesteld in die I van MI. Jy het nou net die beeld van Bella en Edward totaal geruineer! Mag ek et se dit is Gale en nie Peeta nie wat aan die einde van (SPOILER ALERT!) Mockingjay in District 2 gaan bly. Verraaier! Peeta en Katniss is perfek vir mekaar! Hulle het saam al die harde tye van die Hunger Games beleef en HULLE is sielsgenote. Gale is net die loser vriend wat nie 'n lewe het nie. So in jou gesig I! Lekker huil! 

En die wenner is... MI! Of julle kan belsuit in die comments! Laat weet ons of julle Team M of Team I is. Kyk uit vir meer MI Wars in die toekoms.


Tot wedersiens! (Auf wiedersehen... Ons leer nou Duits ;) )
MI

2 comments:

  1. Ek's verseker ook Team Gale! Peeta is 'n pyn...

    ReplyDelete
  2. YES! Go Riette!

    Tot wedersiens!
    Die I van MI ;)

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.