Thursday, February 14

Verlief op die liefde! ! !

Die dag wat meisies oor mal is of haat en die dag waar mans en seuns verplig is om romanties te wees en die krane van hulle beursies vrylik moet laat vloei. Die dag is...julle het reggeraai... Valentynsdag!! Ek weet ons is so bietjie agter die tyd, maar hier is 'n paar tips vir mense wat last minute shopping doen of wat nog nie 'n plan vir 'n date het nie of dis jou gids vir al die jare wat nog moet kom! Hier is MI se ultimate guide tot die perfekte Valentynsdag!!

Moet kyk movies:
Daar is niks lekkerder as om saam daardie spesiale een, op die bank opgekrul te le, en 'n romantic movie te kyk nie! Maar jy wil darem nou nie 'n crap movie uitneem en dan voel dat dit 'n complete mors van tyd was nie! Gelukkig was ons so gaaf om tot jou redding te kom en 'n lys van die Top 5 Rom Com's op die planeet. Ons wil tog net die BESTE he vir ons lesers!
NO 5:
Die fliek Dear John met Amanda Seyfried en die hunky Channing Tatum is beslis 'n MOET kyk hierdie Valentynsdag! Dis vol liefde, hartseer en dan weer liefde en daar is HOPE eyecandy vir ouens sowel as meisies!
NO 4:
Geen Valentynsdag movie lys is voltooi sonder The Notebook nie! Dis seker die bekendste romantic drama in die wereld en met die fantastiese James Garner en Gena Rowlands in die 2 hoofrolle is dit 'n sonde om hierdie fliek NIE te kyk nie!
NO 3:
Enige fliek met Anne Hathaway is my gunsteling en One Day is beslis nie 'n uitsondering nie! Hierdie keer met Jim Sturgess as haar sexy, Britse co-star is hierdie fliek die perfekte een om 'n romantiese atmosfeer te skep!
NO 2:
Where art thou my Romeo! Wat is die eerste woord wat nou in jou kop opspring? PIESANG!!! Neeeeee dis Romeo en Juliet...Met Claire Danes en wait for it...Leonardo DiCaprio! Need I say more?!
NO 1:
En die wenner is...drumroll please...The Last Song! Omdat ons tieners is en aan jong liefde verslaaf is, MOET hierdie ons wenner wees! Miley Cyrus en Liam Hemsworth (SWOON) maak die oulikste paartjie in hierdie romantiese tranetrekker! So KYK DIT!! Just do it!!

Moet luister songs:
 Nadat julle klaar movie gekyk en popcorn geeet het, is dit tyd vir 'n dans, maar wat is die perfekte liedjie?? Don't get your knickers in a twits, want hier is MI se lys van die BESTE love songs!! 
NO 5:
I'm Yours van Jason Miraz moet op jou playlist wees!!!
NO 4:
Romeo save me,they try to tell me how to feel
This Love is difficult, but it's real.
Forbidden Love...Onweerstaanbaar! Taylor Swift se Love Story!
NO 3:
I can be your Hero, Baby! Wie wil nou nie 'n ou he wat haar held en haar alles wil wees nie!! Enrique Iglesias se Hero...Eeeeeppp!!
NO 2:
Hierdie is totally een van die MOOISTE liedjies op die aarde!!! Labrinth ft Emile Sande se Beneath Your Beautiful is op my playlist, maak seker dis op joune ook!
NO 1:
Net omdat ons Directionars is,MOET hierdie liedjie wen... Last First Kiss is sooooo mooooi!! En Harry Styles en Niall Horan is sooooo moooooi!! SIGH!!


Moet gee geskenkies vir hom:
Cosmopolitian het ons gehelp om hierdie lysie bymekaar te stel, hulle is egter die experts, want mans kan sulke vreemde wesens wees!! But we still love them!! Christopher Marlowe het mos gese: Money can't buy love,but it improves your bargaining position! So sorg dat jy die perfekte geskenk koop!

Gaan al uit minder as 3 maande:
Moenie te duur gaan en te eager oorkom nie! Iets soos 'n DVD of sy gunsteling boek of home made koekies is perfek! Iets ouliks, maar nie te pushy nie!
Tussen 3 en 6 maande:
Hierdie is die tricky stadium! Moenie iets te fancy koop nie, maar wys dat jy aan hom gedink het, soos 'n collage of 'n CD met al julle gunsteling liedjies!
7 tot 11 maande:
Ok, nou begin dinge ernstig raak! Doen iets fun en maak memories! Gee vir hom kaartjies na 'n konsert of 'n sportgame! Of miskien die cliché; romantiese ete en 'n fliek!!

Moet gee geskenkies vir haar:
askmen.com was ons bron vir hierdie deel!! Meisies hou daarvan om spesiaal te voel, so doen presies dit! Maar al se hierdie website dat Lingerie 'n perfekte geskenke is, is dit NIE!!! Dit sal 'n MAJOR Cringe worthy moment wees, as jy met onderklere by jou date opdaag!!

Chocolates en blomme:
Dis 'n classic en sal altyd 'n wenner bly!! Charles M Schultz het egter gese: All you need is love, but a little chocolate now and then doesn't hurt!!

Parfuum:
Meisies is mal oor parfuum, glo my ek is 'n meisie! Daar is niks lekkerder as om parfuum te he wat soos die hemel ruik nie! En elke keer as sy dit aanspuit gaan sy aan jou dink...Gewaarborg!!

'n Home Spa Dag:
Kry 'n paar van haar vriendinne om jou te help en gee vir haar 'n voucher vir 'n home spa dag! Daar kan verskillende stasies wees bv: 'n massage, 'n mani en 'n pedi, 'n facial, make-up en hare en aan die einde kan jy haar uitvat vir 'n romantiese piekniek of ete!

Siedaar!! Jy het die perfekte Valentynsdag!!! Los vir ons 'n comment oor hoe jou Valentynsdag was of Tweet ons!! Julle is immers ons lesers en wil baie graag van julle hoor! Happy V-Day!

Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.