Sunday, July 1

Wildtuin Memoires- Dag 1

Wildtuin Memoires- Dag 1

Om vir 10 ure lank te ry na 'n beste,ming toe is vir niemand lekker nie. Al sien jy hoe uit na die vakansie is daar niks so erg soos die onglamouras, oninteressante, patetiese karrit wat daarn oplei nie. 
Natuurlik is 'n aaklige karrit nie al wat met mens moet gebeur voordat jy vakansie kan hou nie. O nee! Mens moet mos 2 uur die oggend opstaan sodat jy die aaklige karrit kan begin. En ook nie normaal opstaan nie. Opstaan met helder ligte in jou kamer terwyl dit nog pikgiet donker daarbuite is en jy sommer kan voel hoe jou bure vir jou lag in hulle slaap om dat hulle nog kan en jy nie. 
Na die fiasko van opstaan, regmaak, in die kar klim en dan sommer weer dadelik slaap is daar darem net 600km tussen jou en jou bestemming. Glad nie baie nie...

Hoe oorleef mens dan nou so 'n karrit met niks anders as 'n irriterende boetie as entertainment nie? So:
-Sorg dat jy musiek by jou het. Of julle nou radio luister, en of jy musiek op jou selfoon het musiek is 'n MOET om te oorleef. Onthou om backup musiek saam te vat! Jou gesin wil dalk nie altyd na dieselfde radio musiek as jy luister nie, of jou selfoon se battery gaan dalk dood, dan is 'n mp3 speler net wat jy nodig het! En moenie oorfone vergeet nie!
-Bring 'n boek saam, jy mag dalk nie soos MI wees nie en lees met 'n passie haat, maar glo ons, as eers niks het om te doen nie is 'n boek die beste oplossing tot jou verveeldheid!  Nie lus vir 'n boek nie? Bring 'n tydskrif saam. MI stel die Saltwater GIRL, Seventeen, TeenZone of MIZZ voor.  Onthou om nie in bergpasse te lees nie, die konstante afkyk kan jou dalk karsiek maak!
-Geocaching. 
Geocaching is MI se nuutste ontdekking. Mense van regoor die wereld steek op random plekke skatte weg. Dinge soos juwele, boeke, foto's ens., elke skat sluit 'n logbook en potlood in. Jou werk is om die koordinate van die skat op geocaching se website te kry en na die skat te soek met behulp van die aangehegde nota. Sodra jy die skat gekry het mag jy dit hou, dit omruil of net so los, jou keuse! Jy koet ook in die logbook aanteken wat jy gedoen het daarmee, sodat as mense dit na jou kry, hulle weet wat aangaan. Geocaching se website is geocaching.com.

Daar is nog tonne ander voorbeelde daarbuite oor hoe om jou karrit die moeite werd te maak. Speel speletjies saam met jou familie, skryf of slaap maar net die pad om, maar onthou, dit hoef nie so erg te wees nie!

Na die karrit het MI rooijakkelse, olifante, zebras, rooibokke, vlakvarke, duikers, steenbokke ennog vele meer gesien! Die doel? Die hele Groot 5!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.