Sunday, July 15

Die Groot 5

Die Groot 5 is wat die Kruger Nationale Park maak wat dit is. Toeriste kom van regoor die wereld om hierdie wonderlike 5 te aanskou en daar is geen twyfel hoekom nie. Die Groot 5 is pragtige, majestieuse, onbeskryflike diere wat so deel is van Afrika soos die bos. MI het besluit om julle 'n paar feite van hierdie diere mee te deel.

Eerstens moet julle darem eers weet uit wat die Groot 5 bestaan. Leeus, luiperds, renosters, buffels, olifante. Hierdie diere is die Groot 5 omdat hulle in 'n stadium in geskiedenis die gevaarlikste en moeilikste was om te jag.

LEEUS
Leeus is die tweede grootste kat spesie in die wereld.
Die gemiddelde mannetjies leeu weeg sowat 180kg.
Die swaarste leeu ooit het 380kg geweeg.
'n Leeu kan tot 81 km/uur hardloop, maar net vir kort rukkies aaneen.
Die brul van 'n leeu kan tot 8km ver gehoor word.
Leeus is die sosiaalste van kat spesies. Hulle is een van die min soort diere wat in groepe leef.
Hoe donkerder 'n leeu se maanhare is, hoe groter is die kans dat wyfies van hom sal hou.
Leeus is die nationale diere van Albania, Belgium, Bulgaria, England, Ethiopia, Luxembourg, the Netherlands en Singapore.
Wilde leeus leef ongeveer 12 jaar lank.
Wyfie leeus is beter jagters as mannetjie leeus.
Leeus rus vir ongeveer 20 uur 'n dag.

LUIPERD
Die wetenskaplike naam vir 'n luiperd is Panthera pardus.
Luiperds is bekend vir hulle goue pels met swart kolle. Sommige luiperds het egter swart pelse en word verwar met panthers.
Luiperds is kluisenaars. Hulle het hul eie gebiede en probeer om mekaar so ver as moontlik te vermy.
Hulle kan tot 57km/uur hardloop.
'n Luiperd se stert is omtrent so lank soos sy hele lyf. Dit help hom om te balanseer.
Luiperds is aanddiere.
Hulle beskerm hulle kos deur dit hoog in bome in te sleep en dan terug te kom daarna net as hulle honger is.
Wyfies gee geboorte aan twee of drie welpies. Teen die tyd dat die welpies twee jaar oud is verlaat hulle hul ma en leef op hul eie.
Baie mense glo dat die bene en snorbaarde van luiperds soektes kan gesond maak. Dit is nie waar nie en dit is die rede hoekom luiperds bedryg is.

BUFFEL

Kop en lyf lengte: 170-340 cm
Skouer hoogte: 100-170 cm
Stert lengte: 70-110 cm
Volgroeide gewig: 300-900 kg

Buffels se velkleur kan verskil tussen swart, donkerbruin en ligte bruin, afhangende van die tipe voedsel wat hulle eet.
Buffels is 340 dae dragtig.
Hulle spandeer 18 uur per dag om te eet en beweeg.
Hulle hoof vyande is leeus en krokkodille.

RENOSTER
Renoster beteken 'neus horing'.
Renosters kan oor die 1000 kg weeg.
Witrenosters word gesien as die tweede grootste landdier, na die olifant.
Renosters is ernstig bedreig.
Renosters het dik beskermde vel.
Ten speite van hul grootte het renosters baie klein breine.
Witrenosters het plat bekke is grasvreters, terwyl swart renosters se bekke gepunt is omdat hulle blare eet.

OLIFANTE
Daar is twee tipes olifante: Afrika olifante en Asiatiese Olifante.
Olifante is die grootste tipe soogdier op Aarde.
Mannetjie en wyfie olifante het ivoor tande.
Olifant wyfies raak dragtig vandat hulle 12 jaar oud is en bly dragtig vir 22 maande.
'n Volwasse olifant het 210 liter water nodig per dag.
Olifante het geen natuurlike vyande nie. Al tipe dier wat dalk 'n bedreiging kan wees is leeus wat probeer om kalfies te vang. Verder is dit net die mens wat olifante bedreig.
'n Olifant se slurp kan die vorm, temperatuur en tekstuur van 'n voorwerp voel.
Hulle slurpe kan 2 meter lank word en tot 100 kg weeg.
Vroulike olifante bly in hulle trop tot die dag wat hulle doodgaan, maar mannetjies verlaat die trop en leef alleen vandat hulle 13 jaar oud is.

Hierdie was 'n paar feite oor ons land se groot 5! MI dink ons almal moet ons bes probeer om te sorg dat elke enkele een voortbestaan.

 


Tot wedersiens!
MI




No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.