Monday, July 2

Fun Hunger Games Feite!

MI is versot op die best-seller boeke The Hunger Games en ons was net so mal oor die fliek! Ek is seker daar is baie ander Hunger Games fans daar buite, al hou hulle net daarvan om Josh Hutcerson in aksie te sien! Hier is 'n klomp Fun Facts oor die 3 sterre van die Hunger Games!


Jennifer Lawrence:

Sy is gebore op die 15de Augustus 1990 in Louisville, Kentucky! MI was verlief op haar fashion sense en sy is volgens ons die beste Katniss ooit! Hier is 5 “geraamtes” uit haar kas!

1. Sy het ook 'n oudisie gehad vir Bella Swan in die Twilight reeks, maar het dit nie gekry nie...ons almal weet egter wie het die rol gekry en ons hou ook baie van haar!

2. Sy het die rol van die jong Mystique vertolk in The X-Men:First Class.

3. Sy gaan met Nichoulas Hoult uit, haar co-star van die X-Men.

4. Hier is n paar ander bekendes wat ook uitprobeer het vir die rol van Katniss:
Emma Roberts
Abigail Breslin
Emily Browning
ens.

5. Sy is 47ste die 2012 lys van :Most Desirable Women! Dit is tussen Amanda Seyfried en Penelope Cruz!



Josh Hutcherson:

Hy is gebore op die 12de Oktober 1992, Union, Kentucky. Ons is mal oor alles van Josh Hutcherson, sy looks, sy talent, sy movies, daar is net te veel om op te noem! Hier is n paar unknown facts van Josh!

1. Voor hy n akteur geword het, het hy 'gedabble' in die rap besigheid!!!!! Maar hy se hy sal vir nou eerder by acting bly!

2. Hy is baie goeie vriende met sy mede-ster van Bridge to Terebithia, AnnaSophia Robb.

3. Hy se sy secret celebrity crush is Angelina Jolie en Jamie Lynn Spears!

4. Josh se as hy nie n akteur was nie sou hy n professionele voetbalspeler wou geword het!

5. Hy is mal oor superhero movies en sy 2 guntelinge is: The Dark Knight en Transformers!



Liam Hemsworth:

Hy is gebore op die 13 Januarie 1990 in Melbourne , Australie. Ons het baie van hom gehou as Will in The Last Song, maar hou die meeste van hom as Katniss se best vriend, Gale in die Hunger Games! Hier is sy Five Fun Facts!

1. Hy het ook probeer vir die rol van Thor, maar sy ouer broer Chris Hemsworth het dit toe gekry. Almost An Avenger!

2. Voordat hy begin act het, het hy vloere ingesit! So hy is baie handig in die huis, Miley!

3. Liam het vir sy agente gese dat as hy nie die rol van Gale kry nie  hy sy huis sou afbrand! Gelukkig het hy dit toe gekry ,anders was daar dalk iewers in die USA 'n ramp!

4. Die directors het gese dat hy gewig moes verloor vir sy rol as Gale. Hy het toe n streng oefenprogram gevolg en slegs 1 keer per dag geeet! ( Sorry Miley, geen fancy, gormet etes meer nie!)

5. Soos julle almal al weet is hy verloof en soon to be married aan die 19-jarige aktriese en sangeres:Miley Cyrus!



Dit was ons fun facts van die 3 Hunger Games supersterre! Hulle was aan die brand in hierdie blockbuster en ons kan nie wag vir Catching Fire nie!!! Whoopeeee!!!!
 
Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.