Tuesday, July 5

Dinge Van Nou

Hier is 'n paar dinge waaroor ons opgewonde is/ gevoelens oor het:

Die Miss Peregrine's Home for Peculiar Children trailer is uiteindelik hier. Ek gaan nie eers vir julle sê hoe awesome die boeke is waarop die fliek gebaseer is nie, want die trailer sal klaar genoeg sê. (En almal weet die boeke is altyd beter as die flieks, so lees net die boeke voor jy die fliek kyk. Daar is prentjies in, so selfs al lees jy nie kan jy na die prentjies kyk.) Glo my net as ek sê dat jy hierdie fliek wil kyk. Tim Burton is in beheer van dinge, die storielyn is awesome en dit lyk asof die kwaliteit van hierdie hele situasie uiters goed is. EK KAN NIE WAG NIE.



Hiddleswift het 'n ding geword. Ek weet. Wat is besig om met die wêreld te gebeur? (As mens in retrospeksie na Tom se karakter, Loki, in die Thor flieks kyk en Taylor se karakter wat sy speel in
die Blank Space musiekvideo kan dit so klein bietjie sin maak.)
Spandeer ek die meeste van my vrye tyd in die vakansie daaraan om Hiddleswift te stalk? Dalk. Voel ek skaam daaroor? HEL NEE. Hiddleswfit is basies die Brangelina van ons generasie. Die hoeveelheid energie wat ek daaraan sit om die tydlyn van hulle romanse uit te figure is so bietjie pateties, maar hey. Wat kan mens doen? You do you en al daai dinge.


JUNO. (Nee, nie die fliek nie. Ek het ook eerste aan die fliek gedink en toe is soos "Oooo. Die ander Juno!" As jy nie weet wat die ander Juno is nie, moenie vrees nie! Gelukkig vir jou is jy besig om hierdie artikel te lees deur iemand wat beslis baie bekwaam is om daaroor te praat.
Juno is 'n satelliet wat so paar dae terug by Jupiter aangekom het en in orbit om dit gegaan het.
AL WAT JY HOEF TE WEET IS DAT ONS AL HOE NADER AAN DIE ONTDEKKING VAN ALIENS IS.
Nou julle WEET ek is oortuig daarvan dat daar iewers aliens daarbuite is so enige vordering in ruimteontdekking maak my uiters opgewonde.

Laat weet ons van nuwe dinge wat jy onlangs ontdek het!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.