Thursday, July 28

Comic Con 2016

Dit is nou weer hierdie tyd van die jaar... Die geleentheid waaroor ons droom om na te gaan... Die San Diego Comic Con! Comic Con is 'n nie-winsgewende organisasie wie se doelwit dit is om bewusmaking en waardering vir comics en soortgelyke platforms te skep. Dit is in 1970 begin deur 'n groep comic liefhebbers en is in die  kelder van 'n hotel gehou met ongeveer 300 bywoners. Meer onlangs het die bywoningsgetal  gegroei tot ongeveer 130 000 mense wat amper die maksimum kapasiteit van die San Diego Convention Centre is. Hierdie convention is hierdie jaar van 21-24 Julie gehou en daar was soveel opwinding verbind aan 2016 se International Comic Con!

Van die panele het ingesluit: Televisieprogramme soos Game of Thrones, Grimm, Once Upon A Time, Teen Wolf,  Arrow en The Flash. Fliekpanele soos Wonderwoman, Justice League, Suicide Squad en Kong:Skull Island. Lokprente van flieks en nuwe televisieseisoene is ook ekslusief by Comic Con vrygestel. Daar was ook talle handtekening-geleenthede met sterre van The Flash, Game of Thrones en skrywers soos Sarah J. Maas.

Hier is 'n paar van die ekslusiewe lokprente wat vrygestel is by 2016 se International Comic Con:







Ons kan nie wag vir al hierdie nuwe flieks en reekse nie! Laat weet ons wat jy gedink het van 2016 se Comic Con en na watter van die flieks of reekse jy die meeste uitsien.

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.