Wednesday, July 8

Vakansie Quick Fixes!

Ons is nou in presies die middel van die vakansie, wat beteken dat die aanvanklike opwinding verdwyn en jy nou net wonder wat om met jou vrye tyd te doen. Ons het 'n quick fix saamgestel sodat jy darem bietjie inspirasie sal kry oor dinge om te doen om jou tyd mee te vul.
 
Reign
Reign is 'n series wat ek so rukkie terug ontdek het (dankie Mieke!) Dit volg die lewe van Mary, Queen of Scots in die 15de eeu en haar lewe in die French Court. Daar is politiese intriges, hot ouens, liefde, scray dele, snaakse dele en die beste van alles... BASH!
 
 
Kyk net na hom!!! Bash is die koning se bastard seun (bedoelende hy is nie die Koningin se seun nie... Skandelik!) Hy word gespeel deur Torrence Coombs, wie se Instagram totaal en all stalkable is met al sy selfies wat ons elke keer warm laat kry.
As jy dink 'n reeks wat in die 15de eeu afspeel is nie vir jou nie... Jy's verkeerd! Kyk net die eerste 3 episodes, dan sal jy gehook wees.
Die tweede season is tans op MNet Edge, maar begin eers by die eerste season!
 
Lees 'n Classic
Ek weet wat jy dink: Ewww! Hoekom sal ek 'n classic lees as ek kan lees hoe Katniss 'n badass is?! Of hoe Augustus vir Hazel verlei?! Of Celaena Sardothien epic assasin goed doen?! (Celaena is van die Throne of Glass reeks... Lees dit! Dis epic!)
Ek dink egter dis belangrik om ten minste so paar classics in jou leeftyd te lees, al is dit net om te sien waaroor al die hype is. My gunsteling classic is The Great Gatsby deur F. Scott Fitzgerald. (Dalk is dit net omdat dit die classic is wat ek die beste verstaan het.)
Ander cool classics sluit in: Tender is The Night deur F. Scott Fitzgerald, Wuthering Heights deur Emily Bronte en Pride and Prejudice deur Jane Austen.
 
 
 
 
 
Kyk 'n Fliek
Hier is 'n paar cool flieks wat ek onlangs gekyk het:
Parkland: Dis 'n biopic van die President John. F. Kennedy assasination en die 3 dae wat volg daarop. Dit gee 'n nuwe perspektief op die gebeure van daardie tyd. Ek moet waarsku, dis nogals emosioneel! (En Zac Efron is daarin! Whoohoo!)
Pleasantville: Hierdie 1998 fliek, met Reese Witherspoon en Toby McGuire, is die storie van twee tieners in die moderne tyd, wat in 'n TV program van die 1950's beland. Dis snaaks en met tye baie heart warming... 'n Moet kyk!
Music and Lyrics: Hugh Grant speel 'n ex-boybandlid wat 'n liedjie moet skryf vir 'n up and coming popster. Hy kry die hulp van die vrou wat sy plante versorg (Drew Barymore) om sy lirieke vir hom te skryf, aangesien hy net musiek kan skryf en suck met lirieke. 'n Super cute romcom wat 'n paar liedjies in jou kop sal laat vassteek!
 
 
Kyk uit vir 'n nuwe MI-siek wat binne die volgende paar dae kom!
 
Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.