Saturday, July 4

#ProudlySouthAfrican


Om te immigreer is deesdae nie ‘n vreemde gesig in Suid-Afrika nie, want soveel mense is oortuig daarvan dat die gras groener aan die ander kant is! Ek sal ook eendag baie graag oorsee wil gaan en dalk daar werk of toer. Een ding is egter seker, Suid-Afrika sal altyd my huis bly, want dit is die beste land! Jy verstik dalk nou aan jou Oros of jou screen is vol van die chocolate koekie wat jy nounet uitgespoeg het. As jy dit nog nie gedoen het nie, hou jou eet en drinkgoed in jou mond en hoor wat ons te sê het terwyl ons jou gaan oortuig hoekom Suid-Afrika tops is!

 Natuurrampe, wat’s dit?

Amerika word jaarliks geteister deur grootskaalse natuurrampe soos Tornado’s,aardbewings en orkane. Lande in Asië, soos Nepal, word ook dikwels getref deur groot aarbewings en tsunami’s. Hoekom mag julle dalk vra, beleef Suid-Afrika nie sulke groot rampe nie? Wel uit ‘n geografiese oogpunt kan jy sê dat Suid-Afrika in die middle van ‘n tektoniese plaat geleë is en nie op die grens tussen twee plate nie. Dus word ons nie geaffekteer deur botsings tussen plate nie. Uit ons oogpunt…SA RULE en is te cool vir natuurrampe!

 Ons is ‘n taalinkleurboek:

Suid-Afrika het 11 amptelike tale…11! Sotho, Zulu, Xhosa, Engels en Afrikaans is maar net ‘n paar van die tale at deur Suid-Afrikaanse inwoners gepraat word. Jy kan enige plek in die land wees en ten minste 3 inheemse tale rondom jou hoor, wat ons dink pretty epic is!

 Het jy al Suid-Afrika gesien?

Ons sal onsself nou nie meester reisigers noem nie, maar Suid-Afrika is sonder twyfel een van die mooiste lande in die wêreld! Van die oop vlaktes van die Karoo tot die pragtige Kaap of die sub-tropiese KwaZulu-Natal.  Hier is iets vir almal en iets vir elke smaak en voorkeur…ok nou klink ek soos ‘n pamflet vir ‘n reisagentskap, maar dis die waarheid!

 Trots.

Ons as Suid-Afrikaners het soveel om op trots te wees. Daai gevoel as ons saam as ‘n nasie ‘n Springbok rugbywedstryd kyk, die gevoel toe lande van regoor die wêreld hier byeengekom het vir die 2010 Sokkerwêreldbeker, die gevoel as ons Vryheidsdag as ‘n demokratiese republiek vier. Dit is ‘n trots wat jy nêrens anders sal ervaar nie, want dit is nie jou land nie, hierdie is!

 Daar is ander lande wat pragtig is en wat skoonhede van hul eie het, maar maak nie saak waar ek eendag in die wêreld is nie, Suid-Afrika sal altyd my land bly en ek is trots op die Reënboognasie!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.