Sunday, June 1

#YOLO

Ek is seker jy moes al van YOLO gehoor het. As jy nie het nie, lig my asseblief in die comments indat ek ASAP'n fondsinsameling vir jou kan begin.
 
YOLO staan vir: You Only Live Once

 
Aanvanklik was YOLO as 'n verskoning gebruik om stupid goed aan te vang, soos byvoorbeeld: "Hey! Dink jy ek kan oor 'n besige straat hardloop sonder om links of regs te kyk? YOLO! Kom ons vind uit!", of "YOLO, ek het nie tyd om vir hierdie toets te leer nie.", of nog erger "YOLO! Kom ons drink tot ons uitpass!"
 
Gelukkig was daar 'n paar heelwat verstandiger mense *hoes* soos ons *hoes*, wat YOLO as 'n verskonig gebruik het om hulle lewens te verbeter.
Ons almal is bang vir iets. Party van hierdie vrese is totes fine en jy hoef nie eintlik te worry daaroor nie (soos my vrees vir paddas), maar ander vrese sal jou lewe net soveel kan verbeter as jy daaroor kom.
 
Elke keer as ek bang word om met nuwe mense te praat sê ek net vir myself: YOLO. Daar is nie tyd om te worry oor wat ander mense van jou dink nie. As hulle van jou hou, great as hulle nie doen nie...
a) is hulle lame en
b) hoef dit regtig nie jou lewe te beïnvloed nie.
Ek sê ook vir myself YOLO as ek fisiese dinge moet dan wat my hart so 1000 000 keer vinniger laat klop. As jy oparvan NIEMAND hou nie): YOLO. Jy gaan jou naam gat maak, maar so what? Al die ander mense ook. (Behalwe natuurlik die Adonisse wat soos super sporty is, maar dis hulle ding, dis wat hulle doen- dit beteken nie jy hoef ook nie).
 
Moenie dat die lewe jou terughou nie. Hier is 'n paar dinge wat vir ons uitgewerk het toe ons YOLO gesê het:
 
Ons het hierdie blog begin
Aanvanklik was dit super weird. Mense het gedink dat ons of dit net vir die grap doen, of ons is
ernstig maar dinge gaan nie uitwerk nie... En kyk waar is ons nou.
Hierdie blog het alles begin. Ons hele reis as MI Watch, alles wat ons deesdae doen is te danke aan die feit dat ons YOLO gesê het en vir die eerste keer die publish knoppie gedruk het.
 
JIP
Ek weet nie of dit vir alle skrywers so is nie, maar dis definitief so vir my: Dit voel nooit asof ek goed genoeg is nie. Om die moed bymekaar te skraap om aansoek te doen om 'n JIP Joernalis te word het baie van my geverg: Wat as ek nie goed genoeg is nie?
Ek het YOLO gesê en aansoek gedoen en kyk waar sit ons vandag: Ons altwee skryf al langer as 'n jaar lank vir JIP en ons doen soveel amazing dinge te danke daaraan. Ons gaan na premieres, VIP lanches van winkels en ons doen onderhoude met epic mense. Definitief 'n YOLO oomblik.
 
Skool dinge
Obviously is akademie ons eerste prioriteit as dit by skool kom, maar dit beteken nie ons gaan nie ander dinge ook doen nie. Ons het YOLO gesê en oudisies gedoen vir ons skool se ATKV tienertoneel produksie en ons altwee het die rolle gekry wat ons wou gehad het. Ons het deelgeneem aan ons skool se revue, al is ek nie eintlik 'n danser nie, en het gegroei as mense. Daar is soveel goed wat mense se skool vir mens aanbied en mens met net YOLO sê en dit met altwee hande aangryp.
 
Of jy nou vir jouself YOLO sê om met mense te praat of om die publish knoppie te druk: Go for it.
Jy lewe net een keer en jy kan netsowel die beste daarvan maak.
 
Tot wedersiens!
MI

1 comment:

  1. Yolo -
    You oughta look out
    Youngsters obey lucifer only
    You obviously looked online
    Your outfit looks outstanding
    You obviously like oreos

    Soveel meer geheg aan yolo, sit met 'n woordeboek en sit jou eie vier woorde by mekaar. Lewe ons werklik net een keer, of is dit soos 'n spook storie om 'n kampvuur, "net daar om ons bang te maak vir 'n tydperk.
    Cool Blog, hou aan en gaan groot.

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.