Tuesday, June 10

Dinge wat my irriteer


Liefste lesers... ons het julle verskriklik afgeskeep die laaste paar weke, (Qeue MI wat hulle koppe in skaamte laat sak!) Ons is nou in die middel van ons gevreesde Gr.11 eksamen en dit gaan wild! Ons sal eers weer in die vakansie, einde Junie, in full swing terug wees! Maar tot dan... hier is net so 'n lusmaker artikel terwyl julle moet wag vir die MI Apocalypse!

Dit is volgens die wet van... wel die lewe, 'n natuurlike reaksie om geirriteerd te raak met sekere dinge! Helder kleure irriteer sommige mense, iemand wat te hard lag vir ander. Daar is egter 'n HELE paar goed wat my irriteer! Sommige mense sal meen dat ek cranky is! Volgens my is dit net goeie oefening vir as ek stokoud op my stoep sit en kinders moet wegjaag! Hier is my lysie van dinge wat my geweldig baie irriteer

WRONG...
 
Een ding wat ek absoluut VERPES is as iemand quotes uit boeke en flieks verkeerd gebruik! Ek wil net na sulke mense toe hardloop en in hulle oor skree: 'WRONG, DUMMKOPF!” Net vandag toe sien ek 'n quote agterop een van ons skool se badkamerdeure. Dit moet sommer dadelik iets vir jou sê, want wie skryf agter op badkamerdeure? Dit was die quote uit A Cinderella Story wat lui: Don't let the fear of striking out, keep you from playing the game. Hierdie een het egter so gegaan: Don't let the strike of fear keep you from playing the game...Well Done Sparkie! (#sarkasme)
 

Pose vir kamera...
 
Ek dink hierdie is dalk my nommer 1 petpeeve! Dit is soenfoto's! Eerstens: Wie in die lewe, NEEM HIERDIE FOTO'S! Ek weet hoe lyk 'n kissing selfie, maar meeste van die soenfoto's is 'n 'meant to be' seductive posisie op die bed of iets! So fotograaf...mmm,stalker much! Tweedens: Wat laat jou dink die wêreld wil sien hoe jy en jou ou mekaar se kleintongetjies lek? Ek het vir jou 'n antwoord: NIEMAND NIE!!! So dankie, maar nee dankie.




 

Status updates...
 
Ek hou van verliefde couples net so baie soos die volgende forever single meisie (Note die sarkasme), maar om jou oneindigende liefde vir jou meisie of ou op jou bbm status te verklaar, is nie oulik nie! Hou die lovey-dovey asseblief vir privaat boodskappe sodat ek nie in my mond hoef op te gooi as ek dit per ongeluk raaklees nie! En dan...Hoërskool verhoudings bevat NIE liefde NIE! Verliefdheid, ja en miskien ook 'n hele paar hormone, maar beslis nie LIEFDE nie! Liefde is veronderstel om mooi en spesiaal te wees vir daardie persoon saam wie jy jou hele lewe wil spandeer! Dis vir wanneer jy volwasse genoeg is om te besef wat liefde werklik is, NIE vir die boyfriend van 2 dae wat jou warm gevry het nie!!!!!

 


PDA (Public Display of Affection)...
 
'n Meisie hou 'n hot ou se hand vas...asseblief nie. 'n Meisie en 'n hot ou gaan uit...Iemand help my arme siel. 'n Meisie KYK vir 'n hot ou...KILL ME NOW! *Net so vir 'n brokkie inligting.. ek is nie 'n mens wat jaloers is op almal met boyfriends nie...maar dames en here daar is PERKE*!En daardie ou op die foto met die bruin...en die geweer...dis ek in die teenwoordigheid van hewige PDA.
 

Lees...
 
Ek is mal oor lees! Ek dink ek sal eendag die Sultan wees van Boekeland! Dit gesê, ek verstaan almal kan nie dieselfde belangstellings hê nie en almal hou nie van lees nie! Maar moet asseblief net nie in my teenwoordigheid sê lees is boring nie...want jy verlaag die IK vlak van die hele land in 'n oomblik! Lees is NIE boring nie, jy hou net nie daarvan nie. Ek vertel nie vir golfspelers, golf is boring net omdat ek nie daarvan hou nie! Hê 'n bietjie respek vir ander mense se intelligente belangstellings! EN
nog 'n ding...'n Fliek is NOOIT beter as sy boek nie...NOOIT. Dankie. 

Facebook...
 
Ek love Twitter! Dit is my spiritnetwork! Facebook is ook nie sleg nie. Ek kan my gunsteling boeke en flieks se pages like en al die nuutste nuus kry en funny Vine video's kyk! Maar daar is party mense wat regtig die Facebook-ervaring baie onaangenaam maak! Eerstens is daar niks verkeerd met 'n inspirational quote so elke nou en dan nie, maar moet asseblief net nie Mark Twain se hele lewensverhaal oorvertel nie! Tweedens is Facebook die perfekte plek om foto's van 'n lekker vakansie of partytjie te deel, maar ek stel regtig nie belang in jou badkamerselfies nie en spaar die samelewing tog die duckface foto's waar dit lyk asof jy dringend die toilet benodig. Laastens: NIEMAND gee hom hoe kwaad jy vir jou ma of jou ex-boyfriend of jou ex-boyfriend se nuwe girlfriend is nie! Los asseblief jou rants...soos die een wat ek nou het...vir jou journal of jou kussing!



 

Dit liewe lesers was die Rant van alle rants! Ek weet julle het seker nou 'n hele nuwe opinie van hierdie aaklige meisie wat alles wat mooi is haat! Ek kan julle verseker ek is 'n baie liefdevolle en gelukkige mens. Daar is baie goed waarvan ek hou en ek belowe julle ek het niks teen oulike couples nie (geen sarkasme hierdie keer nie). Ek glo net dat alles in die lewe perke het en wanneer iets sy perk oorskry (dit sluit nou Fangirling UIT) dan irriteer dit my ongelooflik baie! Mense wat nie hulle stupidity vlakke vir hulself kan hou nie...mmmm... daar is geen woorde om hulle te beskryf nie. Ek moet erken ek het ook al BAIE blonde oomblikke gehad, maar ek erken dit darem en beperk dit tot die geselskap van my familie (wat gedwing is om my lief te hê) en my beste vriendin (wat my stupidity verstaan)! Ok, ek dink ek is nou klaar. NEE WAG... THE FAULT IN OUR STARS FLIEK WYS NIE BY ONS STER KINEKOR!! WHAT IS THIS MUTINAY?! OK, nou is ek klaar.
 

Tot wedersiens!
MI
*P.S. Jammer vir die oortollige gebruik van leestekens en hoofletters.
*P.P.S. Hierdie rants is op niemand spesifiek gefokus. Dis net algemene dinge waarop ek gelet het!

2 comments:

  1. Wag. Wat!! Hoekom wys TFIHS nie by ons nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit is 'n uitstekende vraag! Ek dink ons stuur sommer 'n petisie vir Ster Kinekor...

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.