Saturday, October 12

YouTube Mal! Deel 2

Ons vorige artikel het van ons gunsteling YouTubers bevat, maar ons het besef dat dit maar net die tip van ide iceberg is! Without further adue... YouTube Mal... Deel 2!
 
 
Hank & John Green (vlogbrothers)
Die Vlogbrothers projek het so paar jaar terug begin. Die basiese idee was dat Hank & John Green nie met mekaar mag kommunikeer deur middel van elektronika, behalwe vir YouTube video nie. Dit het gelei daartoe dat die YouTube audience hierdie boeties kan beleef in al hulle gloriel. Intussen het die konsep van vlogbrothers verander. John maak op Woensdae videos en Hank op Vrydae. In die tyd wat hulle 'n YouTube kanaal begin het het John 'n klomp boeke geskryf (soos ons gunsteling, The Fault in Our Stars) en het Hank 'n Emmy gewen vir sy webseries The Lizzie Bennet Diaries. Ons is ook mal oor hulle leuse: DFTBA: Don't Forget To Be Awesome.
 
 
Louise (Sprinkle of Glitter)
Louise is een van die mees inspirerende YouTubers daarbuite. Sy is beste vriendinne met Zoe Sugg (oor wie ons in die vorige artikel gepraat het) en dis ook hoe ons van haar uitgevind het. Sy het pienk hare (need I say more?!) en 'n totes adorbs dogter met die naam Darcy. Sy maak ook fashion-related videos, maar daar's 'n klomp inspirerende en pret videos ook in haar repertiore. Ons is ook mal daaroor as sy en Zoe collabs doen, want hulle vriendskap is so cute! Ons is mal oor haar sin vir humor en ons kan nie help as om te glimlag as ons haar videos kyk nie!
 
 
 
Joe Sugg (TatcherJoe)
Joe is Zoe se boetie, maar glo ons, hy maak way ander tipe videos as sy sussie. Hy's baie soos Marcus Butler en Alfie Deyes, maar net 100 keer ouliker. Hy het 'n nuwe series op YouTube begin, Innuendo Bingo. Twee persone kyk vir mekaar met water in hulle mond terwyl daar snaakse videos gespeel word en hulle moet probeer om nie te lag nie. Dis hilarious! Hy het ook al met Simon Cowell 'n onderhoud gedoen op se YouTube channel, so obviously is hy goed.
 
 
Tanya Burr
Tanya het een van die oulikste persoonlikhede wat ons nog ooit gesien het! Sy't altyd 'n glimlag op haar gesig en ons is mal oor haar fashion sense! Sy maak meestal beauty videos, maar daar is occasional collabs waar sy iets anders doen. Ons het soveel makeup tips by haar opgestel en selfs al maak jy nie haar makeup looks na nie kry mens baie inspirasie!
 
 
Jim Chapman
Jim is Tanya se verloofde en sy videos is baie soos Joe Sugg s'n. Hy't 'n abie skerp sin vir humor en sy Britse aksent is so cute! Hy't baie "Advice" videos... Wat nie actually raad gee nie... Ons skeer onsself elke keer vir hom en ons maag is gewoonlik seer nadat ons na sy videos gekyk het. Hy lyk op die oog af soos iemand wat alles baie ernstig opvat, maar as mens sy videos begin kyk kom mens agter hy is een van die funnieste mense ooit!
 
 
Troye Sivan
Ons kan actually nei glo ons het om uitgelos op die oorspronklike lys nie! TROYE SIVAN IS LEGENDARIES! Sy videos is hilarious en die beste van alles... Hy kom gereeld Suid-Afrika toe, so daar's nog 'n kans dat ons in die verre toekoms hom kan ontmoet! OMS YAY! DIS SO EXCITING! Troye Sivan is eintlik Beyonce in disguise, hy is verslaaf aan sy laptop en hy kan ongelooflik goed sing. Ons het al hierdie dinge geleer deur na sy videos te kyk, en jy moet ook.
 
 
 
Laat weet ons wie van jou gunsteling YouTubers is in die comments en ons gebruik hulle in ons volgende YouTuber artikel!
 
Tot wedersiens!
MI
 


2 comments:

  1. TROY IS FABULOUS!!!! =D Ek love hom... Hy's hilarious, awesome, special, weird, cool, awesome en o ja, AWESOME! =D

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.