Tuesday, October 30

Hoe om die eksamen te oorleef!



Ek dink ons almal is ou al doodmoeg vir die tipiese vervelige artikels/raad wat ons elke dag hoor oor hoe om die eksamen te oorleef... leer vooruit, moenie stres nie, haal diep asem, vergeet daarvan as dit verby is... Hierdie tipe raad is nou al so in ons koppe ingehammer dat dit seker al vir julle (net soos vir my) voel asof die eksamen een of ander Survivor kamp is en ons maar daarmee moet cope. 

MI het 'n paar tips uitgedink oor hoe om die eksamen te oorleef... maar op 'n goeie manier.

1.


MI dink hierdie is 'n briljante idee! Ek dink ons almal hou seker van kos en watter kos kan dan nou meer... vervullend wees as lekkers! Gooi leer en eet saam en jy het 'n wenresep! Plaas slegs 'n lekker (soos 'n gummy bear) by verskeie intervalle in jou boek en sodra jy klaar die gedeelte voor die lekker geleer het mag jy dit eet! (WAARSKUWING: Selfbeheer is nodig sodat jy nie vooruit al die lekkers eet nie!)

2.

Gebruik Tegnologie!

Daar is nie verniet vir ons iPads, iPhones, Tablets, Blackberries en die Galazy S3 gegee nie! Gebruik dit! Neem jouself af met 'n video app/toestel terwyl jy jou leerwerk vir jouself op 'n snaakse interessante manier lees. Kyk dan die video wat jy van jouself opgeneem het en leer so die werk. Die idee is dat jy so nou en dan die video stop en die werk vooruit se en jouself dan te toets deur dit weer te play. (WAARSKUWING: Die versoeking om gou 'n BBM te stuur, SMS te lees of speletjie te speel mag dalk te groot raak)

3.

Leer met jou omgewing!

As jy na die alledaagse dinge om jou kyk mag dit dalk na 'n vervelige spul dinge lyk, maar lees MI se studietegniek en jou beeld van die wereld om jou mag dalk verander!
Terwyl jy op jou bed sit (wat jy nie moet doen nie, sit verkieslik by 
'n lessenaar), en rondkyk in jou kamer (wat jy ook nie moet doen nie... LEER!) met jou boeke oopgesprei voor jou kan jy dit netsowel effektief gebruik. Gee 'n definisie vir elke item in jou kamer en se dit dan elke keer vir jouself op as jou oog daardie spesifieke item vang. Jou lessenaar kan bv. die definisie van 'n atoom wees, terwyl jou boekrak die definisie van 'n kernkragstasie kan wees. As jy op hierdie manier leer sal eintlik besig wees om te leer as jy dagdroom! (WAARSKUWING: Nuwe definisies sal vir voorwerpe gegee moet word met elke verskillende vak, wat daartoe kan lei dat jy deurmekaar word.

Hopelik het hierdie tips jou gehelp om die opkomende eksamen 'n bietjie meer uithoubaar te maak. Lekker leer!

Tot wedersiens!
MI


2 comments:

  1. Baie nice. Leer kan lekker wees.

    ReplyDelete
  2. Thanks! ^^^ Ons stem (ongelukkig) heeltemal saam!! XP

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.