Monday, October 22

Wreck This Journal!

 
Het jy al ooit gehoor van 'n Wreck This Journal? Of laat ek eerder so vra, het jy al ooit gehoor van 'n boek wat behels dat jy bladsye aspris uitskeer, jou aandete daarop smeer, die boek by hoë hoogtes afgooi, bladsye skeur (aspris) en hele spul ander lawwighede? Dit is presies wat 'n Wreck This Journal is. Keri Smith se stroke of genius.
 
 
As die lewe net te veel raak, of jy's sommer net lus om mal te wees is hierdie boek presies wat ek sal aanbeveel. Kyk net hoe lyk 'n paar van die bladsye in die boek wat 'n paar mense al voltooi het:
 
 








 
Interessant ne? En nogal heel aanloklik ook! Behalwe vir hierdie tipe bladsye is daar ook bladsye soos: "Fill this page in when you are really angry, Create a drawing using a piece, or several pieces of your hair, Document your dinner, use this page as a napkin, this space is dedicated to internal monologue, tear strips, rip it up!" en nog vele meer!
 
Baie teraupeties, baie ontspanned en hope pret!
 
 
Behalwe vir 'Wreck This Journal' het Keri Smith (die skepper van die boeke), ook 'n reeeks ander boeke soos: Finish This Book, MESS, This is not a Book, How to be an Explorer of the World ens.
 
Wreck this Journal is op Kalahari beskikbaar teen R150... 'n Belegging in jou geluk!
 
Maak seker jy koop joune nou!
 
*****
 
Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.