Tuesday, October 9

Die Vakansie van 'n leeftyd!!

Vir die van ons geliefde lesers wat nie weet nie: Ek en my beste vriendin, die I in MI een, was die afgelope vakansie saam na 'n lodge in die Wilde Witrivier. My moeder was so gaaf om die vakansie vir ons te wen en dit was 'n fees!!!!


Die lodge waar ons was se naam is Greenway Woods Resort and Hotel en ons het in 'n chalet gebly. Die geriewe in die huis was uitmuntend en ons het dit baie geniet. Die kamers en sitkamer was pragtig gemeubileer en ons het elke oggend skoon handdoeke in ons badkamer ontvang. Ontbyt en aandete was by die prys ingesluit en was dit nou vir jou lekker! Die ontbyt buffet was soos iets uit 'n droom en ek het omtrent baie geeet. Aandete was ook 'n wonderlike ervaring en die kos was uitstekend. Mmm veral die milkshakes!!! Die diens was briljant en almal het soveel moeite gedoen om ons tuis te laat voel. Skakel hulle gerus by 021 657 1000, vir meer navrae! Beslis 'n 5 ster ervaring!


Ons het egter nie die heeldag by die lodge gesit en bolletjies rol nie, nee! Inteendeel, ons het so baie rondgery ons was skaars by die lodge! Ladies and Gentleman, MI proudly presents The Dairy of a MI on holiday!!



Dag 1:

Ons is almal baie opgewonde,want dis die begin van 'n wonderlike avontuur. Na 'n baie lang karrit gister en toe 'n lekker lang rus is ons almal reg en gereed vir die nuwe dag en wat 'n dag was dit nie. Ons skop ons dag af met 'n besoek aan Wonder View en God's Window net buitekant Graskop. Dit was asemrowend, die mooiste uitsigte wat ek nog OOIT gesien het!! Ons het ook baie buitelanders teegekom! God's Window was gepak met Duitsers, Franse, Chinese en vele ander mense van alle kleure en geure!!Na al die “sight seeing” vertrek ons na Pelgrims Rus. Ja julle het reggehoor. Die stad van goud! Ons het deur die dorpie gestap, my pa het 'n bier gedrink by die legendariese Royal Hotel en ek en Ingrid het lekker vintage lemonade gedrink en die local News office besoek. Ons het toe daarna lekker pret gehad in die ateljee van 'n winkeltjie wat outydse foto's neem. Omdat die professionele fotograaf nie daar was nie, het die verkoopsdame gese dat ons sommer met ons eie kamera kon neem en was dit nou pret! Ons het outydse klere aangetrek en soveel fun gehad! Na dit was ons omtrent pootuit, maar ons het nog vir baie kans gesien. Ons het die Mac Mac Falls besoek en toe 'n kort maar pragtige staproete geneem na die Bridal Veil waterval! Na dit was ons gedaan en na 'n heerlike aandete is ons reguit bed toe en ons het almal soos klippe geslaap! 'n Awesome dag...Check !!




Dag 2:

Vandag was 'n baie...interessante daggie! Ons het besluit dat ons vandag die Sudwala Caves en Dinosaur park sou besoek en ek en my vriendin het baie uitgesien,want geskiedenis is mos nie verniet ons gunsteling vak nie! Ons was net betyds vir die eerste toer van die dag en was dit nou lekker. Ons het vele wonderlike natuurwonderwerke beleef en baie geleer oor ons land se eerste inwoners! Na afloop van die toer besoek ons toe die Fish Spa. Eers is ek opgewonde oor die hele affere maar toe sien ek wat dit behels en toe word dit creepy! Dit is 'n poel vol visse wat die vel van jou voete af eet!!! Hulle suig so aan jou en dis soooo GROSS!!!! Ingrid het natuurlik gedink dit was baie lekker, maar ons almal weet al dat my ou matertjie 'n anders mens is!! Net 'n grappie! 1 roomys later is ons weer oppad terug huis toe waar ons lekker ontspan het voor ete en ek eet toe die lekkerste chocolate brownies in die wereld!!! Mmmmm.. die chefs kan kosmaak!! Masterchef watch out!!



Dag 3:

Ons was almal baie hartseer dat dit ons laaste dag in die paradys was, maar ons wou die beste daarvan maak, so ons staan toe vroeg op en val sommer dadelik na 'n stewige ontbyt in die pad. Ons eerste stop was die Pinnacle waar ons 'n baie mooi waterval ontdek het en toe vertrek ons na Bourkes Luck Potholes. Dit was amazing!! Die manier hoe die water die rotse gevorm het is so mooi en al die watervalletjies rond dit perfek af! Na ons 'n rukkie in die son relax het is ons weer weg Graskop toe. Daar het ons 'n lekker pannekoek geeet by Harries Pancakes en yummy chocolate geeet by 'n Belgiese sjokolade winkel! Chocolate koppies met gesmelte sjokolade aan die binnekant!!!! Yummy!!! Ons gaan kyk toe nog 2 watervalle: Lisbon Falls en Berlin Falls, waar my pa 'n interessante Australianer ontmoet het! Dis so lekker om al die mooi dinge te sien en te besef dat ons ou land nie so bad is as wat almal dikwels se of dink nie! Suid-Afrika, jy is Beautiful!!!! En so kom ons vakansie tot 'n einde maar al ons avonture is darem nog nie verby nie,want more is die rit terug en wie weet wat wag vir ons op die pad!


Dag 4:


Tasse gepak en waentjie gelaai val ons in die pad na nog 'n smaaklike ontbyt. En na 'n riller van 'n grondpad wat dit laat voel asof al jou ingewande uitval, arriveer ons in....Dullstroom! Heerlike milkshakes by 'n Cafe, 'n visit aan die Clock Shop en nog sjokolade was 'n baie lekker einde vir die storie! En om dit nog beter te maak ontdek ons so 'n oulike klein boekwinkeltjie! Al was die pad lank was die geselsskap uit die boonste rakke!

Dit was sonder twyfel 'n vakansie vir die rekord boeke en die feit dat ek dit met my gesin en beste maatjie kon deel het dit nog beter gemaak! Mpumalangna is beslis een van die mooiste dele van ons land, so as jy jouself wil bederf gaan maak 'n draai in die Noorde!!!

Tot wedersiens
                                                                                      Mi

2 comments:

  1. julle is AWESOME! ek love hierdie artikel en kannie wag vir nog nie! Rock on!:)

    ReplyDelete
  2. Aww! Dankie! Laat weet ons as jy enige voorstelle het!! :)

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.