Friday, June 10

Die 4 Facebook Persoonlikhede

Facebook... een van die dinge waarsonder meeste van ons arme mortals nie kan klaarkom nie. Dit is hoe ons ons vinger op die pols van wat  hip en happening is hou, hoe ons eks-boyfriends stalk of "navorsing" doen oor 'n toekomstige bae. Facebook is ook die manier hoe ons vir ander mense kan wys wat in ons daaglikse lewe gebeur wat opwindend en uniek is. Daar is baie van ons friends op Facebook wat net normale dinge deel soos skooldanse, verjaarsdae of lekker kuier foto's post, maar dan is daar DAARDIE mense. Mense wie se posts net onder jou vel inkruip en jou tot roomys binge eating dreig. Hier is die 4 tipes mense op Facebook wat dink hulle is cool, maar eintlik is hulle meer irriterend as die Kardashians:

Die "Ek is so verlief" - mense:
Of een party of albei partye van 'n paartjie kan deel vorm van hierdie tipe Facebook teenwoordigheid. Hulle is daardie mense wat dit in alle single mense se gesigte wil vryf dat hulle die beste liefdeslewe het.  Foto's van dates, hande vashou, "oulike" liefdesboodskappe, "Ons teen die wereld", "Ons vir altyd". Ek wonder of hulle soms besef dat hulle nog op skool is en dat daar beslis nie iets soos vir altyd is nie. Hulle gebruik elke moontlike geleentheid om hulle liefde aan mekaar te verklaar en kan nie 'n geleentheid verby laat gaan om 'n kissing selfie te post nie. Partykeer wil ek net in hierdie mense se comment afdeling invaar en vir hulle se om 'n GRIP TE KRY!

Die "My lewe is perfek"- mense:
Hierdie is daardie mense wat dit laat lyk asof hulle alles het wat jy nie het nie en asof alles in hulle lewe net perfek is. Van inkopie trips in Bali, tot ski vakansies in die Alpe. Hulle eet fancy etes by fancy restaurante, hulle dra altyd die nuutste handelsmerke, is goed in sport, kultuur en akademie, hoofmeisie, het die mooiste meisie of die hotste ou. Hulle laat mense soos ons soos Gollum voel, omdat ons in 'n hoek sit en vir ons hard earned iPhone "My precious" prewel. Daar is regtig niks daarmee verkeerd om 'n epic lewe te hê nie, maar kan hulle nie asseblief 'n lid op die bragging sit nie? Ons normale mense se selfbeeld word alreeds genoeg deur die standaarde van die samelewing bedreig, sonder dat sulke mense nog hulle perfekte, plastiese neuse ook daarin moet kom druk.

Die "Ek het 'n troubled soul" - mense:
Dit is daardie mense wat elke oomblik van elke dag, mense op Facebook prober inlig oor hulle probleme. "O, my kêrel het my gelos en nou is my hart gebreek", "O, ek kan nie mense wat jou in die rug steek hanteer nie". Hulle kerm oor vriendskapprobleme, verhoudingprobleme, familieprobleme, lyfprobleme, mens sal dink Facebook is een of ander secret shrink wat hulle probleme oplos, want ek kan nie dink dat enige ander mense 'n flenter sal omgee oor al jou hartseer probleempies wat jy dink jy vir die hele wêreld van moet vertel nie. Soos chill dit bietjie met die donker quotes en lirieke, mense gaan begin dink dat jy te veel Kristen Stewart flieks gekyk het.

Die "Ek het so baie wysheid"- mense:
Hierdie mense se Facebook walls is besaai met inspirerende aanhalings en motiverende videos. Hulle dink hulle moet vir almal raad gee oor hoe om die perfekte lewe te lei, want hulle het 17 jaar se lewens wysheid wat hulle gekwalifiseerd genoeg maak om sulke raad uit te deel. As jy die dag bietjie hartseer voel oor jou lewe en die feit dat Dylan 'o Brien nie jou boyfriend is nie, gaan kyk net op die mense se page en jy sal sommer dadelik beter voel, want jy weet dat jy nie hoef te maak asof jy Martin Luther King is om goed oor jouself te voel nie. Daar is regtig niks verkeerd met 'n inspirational quote so elke nou en dan nie, maar om 'n hele "Voel goed oor jouself" boek op Facebook te skryf is beslis NIE cool nie.

Is daar ander Facebook persoonlikhede wat ons nie genoem het nie wat jou bloed laat kook? Laat weet ons! En hou moed want dis AMPER VAKANSIE!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.