Sunday, April 29

Onnies... mense of ruimteweses?

Onderwysers. Mense wat vir ons huiswerk gee, ons verveel met lesse wat 'n ouetehuis soos rock party kan laat lyk en wat ons vuil kyke gee vanaf hulle lessenaars as ons dit durf om 'n woord te se. Onderwysers. Wat is hulle regtig? Is hulle net mense wat pleinweg mislik is en daarop uit is om ons lewens hel te maak of is hulle wesens van 'n ander planeet wat eeue gelede op aarde geland het om ons skole en onderwysstelsels oor te neem?? Wel, ek gaan nou redes gee oor hoekom die moontlikheid dat onderwysers ruimtewesens groot is en wonder oor wat onderwysers doen as hulle nie ons stoepe en klasse patroleer nie.

Redes waarom onnies ruimtewesens kan wees:
1. Hulle stel onmoontlike toetse op wat slegs 'n wese met 'n ander brein kan beantwoord.
2. Hulle het sulke klein ogies wat lyk soos 'n padda s'n.
3. Hulle kan ruik watter kinders nie hulle huiswerk gedoen het nie. Watter menslike wese kan dit ruik?
4. Wanneer hulle na jou kyk voel dit asof hulle regdeur jou kan sien ( soms voel dit of hulle jou gedagtes kan lees)
5. Hulle lag nooit nie. Hulle sit net altyd agter hulle lessenaars en lees eentonig uit 'n handboek.
6. Hulle kry dit altyd reg dat die bordkryt  die aakligste geluid maak as hulle opdie bord skryf.





Soms sit ek in die klas en wonder, wat doen onderwysers as hulle nie ons stoepe by die skool patroleer nie en wat doen hulle gedurende naweke en tydens vakansies? Maak onderwysers ook foute, los hulle ook elke nou en dan 'n windjie en het hulle ook 'n familie waarvoor hulle lief is? Gaan onnies soms mall toe, het hulle ook kredietkaarte en moes hulle ook al huiswerk gedoen het? Dit is al die vrae wat in my kop rondmaal, en ek het ongelukkig nie 'n antwoord op een van hulle nie. Gelukkig is my onderwysers nie van die ruimtewesen soort nie, ek het normale onnies! My onderwysers maak soms saam met ons grappe, help ons met ons werk en pak opwindende take saam met ons aan! Ek het menslike onderwysers, maar ek is seker dat die ruimtewesen soort nog nie uit gesterf het nie. Ek is seker dat daar erens in elke skool 'n onderwyser is wat vreemd optree, nie menslik nie, dan moet jy maar weet; Jy het 'n ruimtewesen onderwyser en al wat ek dan kan se is STERKTE!

Tot wedersiens
MI

LW. Alles wat hierbo geskryf is, is bloot uit my verbeelding en is nie gebasseer op werklike gebeure nie!

1 comment:

  1. Very energetic article, I loved that bit. Will there be a
    part 2?

    Also visit my webpage pallet rack shelving

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.