Ons het nooit gedink dat ons 'n uitnodiging sal kry na 'n
eksklusiewe premiere van 'n fliek, of ons 'Press Pass' kaartjies omhoog sal hou
nie, maar toe die naweek aanbreek was dit beslis een vir die Mieke en Ingrid
rekordboeke! Dit was 'n wilde, woeste en opwindende naweek van premieres!
Toe ons daar inkom het ons ingecheck by die Media &
Celebs afdeling (Eeep!) Kelners het met snacks en drinkgoed rondgeloop, daar
was 'n rooi-tapyt waar foto's geneem was van al die belangrike gaste
(insluitend ons!) EN
die 7de Laan aktrises, Melanie Du Bois en Ingrid Paulus asook Suid-Afrikaanse
surfer en model Roxy Louw was ook daar en ons het die geleentheid gekry om
bietjie met hulle te gesels!
![]() | |
Press passes! |



Toe ons in die fliek sit was dit asof al die
fangirls van Suid-Afrika bymekaargekom het om die wonder van One Direction te
beleef. Elke tweede persoon het 'n One Direction hemp aangehad, daar was mense
wat met One Direction poope rondgeparadeer het en die hele fliek het terwyl ons
gewag het Best Song Ever saamgesing. Dit was 'n oomblik wat geskiedenis gemaak
het.
Tydens die fliek was daar natuurlik die regte
hoeveelheid gegillery, fangirling en hartaanvalle. One Direction: This Is Us
was perfek.
Ons voel asof ons nou regte premiere mojos is.
Tussen ons het ons al die Teen Beach Movie, This Is Us, Epic, Spud 2 en Skyfall
premieres bygewoon. Die M van MI gaan binnekort die Smurfs 2 premiere bywoon en
ons is gereed vir nog vele meer wat kom. (Ja, ons besef dit het totally
snobisties geklink, nee, ons is nie spyt nie.)
So asseblief... HOU AAN OM ONS TE NOOI VIR
PREMIERES!
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.