Ons het onlangs 'n
versoek van een van ons getroue lesers Jean-Mari du Plessis gekry om 'n
artikel te skryf oor al die mooi nuwe Springbokspelers. Na intense navorsing
het ons agter gekom dat die hotness in die Bokspan kookpunt bereik het! Liewe lesers , ons stel aan julle voor: Ons 6 hotste Springbokspelers!
Willie le Roux
Hy is gebore op die
18 Augustus 1989 en is 24 jaar oud. Hy is 1.86m lank en speel heelagter of
vleuel vir die Springbokke en die Vrystaat Cheethas. Hy het so 'n hot scruffy
look en laat my baie dink aan 'Barbie' van Under the Dome. Vir die van julle
wat nie Under the Dome kyk nie, Barbie is 'n man... wat super hot en super sexy is! Willie
is 'n redelike nuwe gesig in Suid-Afrikaanse rugby, maar ons hou van wat ons
sien! Follow hom op Twitter: @wjjlerouw
Hy is gebore op 15
Junie 1985 en is 28 jaar oud. Hy speel vir die Springbokke en het altyd vir die
Stomers gespeel, maar speel tans vir 'n ander klub. Hy is 1.85m lank en speel
flank. Hy het swart hare, fab blou oë en dan supersexy ABS! Ek weet nie
wat dit is met ouens en swart hare nie, maar dit maak hulle soveel mooier en
Francois Louw is beslis geen uitsondering nie! Follow hom op Twitter: @FloLouw
Eben Etzebeth
Hy is gebore op 29
Oktober 1991 en is 21 jaar oud. Hy is 2.03 m lank en verteenwoordig Suid-Afrika
as 'n Springbok en 'n Stomer. Hy speel slot en is al beroemd vir sy fisiese en
aggressiewe spel, maar dit is beslis nie vir ons 'n turn-off nie! Dit
beklemtoon slegs die feit dat hy jou sal kan beskerm as jy 'n damsel in distress is. So watch out baddies! Ek hou veral daarvan as hy die All Blacks so
stormloop sonder genade, want regtig, wie hou nou van hulle?! Follow hom opTwitter: @EbenEtzebeth
Hy is gebore op 22
Februarie 1989 en is 24 jaar oud. Hy is 1.90m en speel vleuel of binne senter
vir die Springbokke en die Blou Bulle (MI se SPAN!) Hy is ook taamlik nuut,
maar het beslis al sy merk in Suid-Afrikaanse rugby gemaak en is in ons Official
Boek van Hotness (Dit is REAL!). Hy is lank, hot en handsome en het daardie
kenmerkende hottie rugbybene! Follow hom op Twitter:@JJ_Engelbrecht
Jan Serfontein
Hy is gebore op 15
April 1993 en is 20 jaar oud (NET 4 JAAR OUER AS ONS!). Hy is 1.87m lank en
speel senter vir die Blou Bulle en die Springbokke. As hy sy verskyning op die
veld maak gaan MI se hot-rader mal, want hy is super cute! Met sy wilde hare en
adorable smile is hy net so loveable! Ek dink beslis hy is op my lysie van
moontlike Matriekafskeid dates! Follow hom op Twitter: @SerfonteinJan
Patrick Lambie:
Hy is gebore op 17
Oktober 1990 en is 22 jaar oud. Hy is 1.77m lank en speel heelagter, losskakel
of senter vir die Sharks en die Springbokke. Ons het die beste vir laaste gelos
liewe lesers! Patrick Lambie is SONDER TWYFEL die cuteste rugbyspeler in die
geskiedenis! Sy hare en gesig en sommer net alles is perfek en ek love dit om
vir hom te kyk! Hy het ook dan nog HOPE talent en is nie net 'n prettyboy nie!
Ek is nou maar jammer vir sy huidige meisie, maar ek dink ONS is meant to be!
Follow my future BF op Twitter: @PatLambie
Vir almal wat hierdie
gelees het: Ons is nie mal of weirdo stalkers nie (Uitsluitend vir One
Direction), ons waardeer net die geskenke van Hotness wat vir ander
gegee is op 'n baie intensiewe wyse... doodnormaal! Ons hoop julle het hierdie
geniet en as julle het, laat weet ons wie dink julle die mooiste rugbyspeler is. Ons gaan nou verder fangirl oor hot mense!
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.