Die wenners van die
Emmy Awards is aangekondig, maar almal gons nogsteeds oor wat die sterre gedra
het. Gewoonlik fokus FBI op wat die dames sowel here gedra het, maar omdat die
dames so geskitter het tydens hierdie spoggeleentheid is MI FBI: Emmy’s ‘n
eksklusiewe Girls Only weergawe.
Lights…Camera’s… Action!
Die Show Stoppers:

Sofia
Vergara van die treffer reeks Modern Family het ongelooflik gelyk in ‘n
skelrooi Vera Wang skepping! Haar figuur is beslis een van haar geheime wapens
en hierdie rok en al haar kurwes perfek beklemtoon.

Emily
Deschanel van Bones het die nuwe ‘lace trend’ gerule in ‘n grys eenmou Houghton rok. Haar up hairdo het so mooi
gepas by die rok en har eenvoudige grimering het dit perfek afgerond.

Ander
sterre wat ons na ons asems laat snak het was Linda Cardellini van Mad Men in ‘n
pienk Donna Atelier, Taylor Schilling van Orange is the New Black in ‘n wit
Thakoon skepping, Kaley Cuoco van die komedie Big Bang Theory in ‘n maroon Vera
Wang en Anna Gunn van Breaking Bad in ‘n unieke uitrusting van Romona Keveza.
Die
Fashion Failed:
Dit
was egter nie net maanskyn op die rooi tapyt nie! Daar was ‘n paar riller uitrusting
keuses onder die klomp sterre en MI het die ergste van die ergstes gekies.
Julianne Hough is vir my een van die mooiste aktrises in die bedryf, maar haar keuse was net nie my smaak nie. Dit was ‘n deursigtige Jenny Packham rok met glitter en af moue. Die deursigtigheid van die romp was egter nie vir my die afdraaipunt nie, maar die moue. Dit het te laag en te styf gesit. Dit het ongemaklik gelyk, so asof sy nie haar arms kon beweeg nie. Die rok is een wat veel eerder vir die ballroom danse gehou moet word.


En
uiteindelik is dit tyd vir FBI se Worst Dressed! En die titel vir beloon aan…drum
roll please… Lena Dunham van Girls. Haar blompatroon Prada rok was glad nie
vleiend vir haar figuur nie en die tatoeërmerk op haar regterarm het ook glad
nie goed gelyk nie en sy kon dit liewer toegemaak het. Haar hare en grimering
het ook soos ‘n skoolkind s’n gelyk! Die is nou een rok wat my nagmerries sal gee.
Ander
sterre wat ons glad nie beindruk het met hul rokke nie, sluit in January Jones
in ‘n vleeskleur skepping, Claire Danes van Homeland in ‘n cream Armani (Inlas deur die I van MI: Is jy mal?! Sy het STUNNING gelyk! Sy was een van my BEST DRESSED van die aand!), Aubrey
Plaza in ‘n swart Marios Schwab en Lena Headey van Game of Thrones in ‘n swart
lace Alessandra Rich skepping.
Dit
was MI FBI by die 2013 Emmy Awards! As jy saamstem of verskil met van ons
keuses laat ons weet en kies jou Best en Worst Dressed! Onthou ook om MI senuwe video’s op Youtube te gaan kyk en ons eksklusiewe video’s op JIP seYoutube kanaal!
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.