Bond is back and he's better than ever! Soos julle nou al reeds weet was ek gelukkig genoeg om een van die eerste mense in die land te wees wat die nuwe James Bond: Skyfall gesien het! Dit maak eers Vrydag amptelik vir die publiek oop. So vir al die Bond Fans daar buite, hier is 'n inside scoop en moenie worry nie, daar is GEEN spoilers nie! Sam Mendes is die director van die fliek wat beslis die fliek van die somervakansie gaan wees!
Die fliek!
Die Bond Girls!
Die fliek het sommer 2 Bond Girls en hulle is mooier as ooit! Eve, Bond se partner in crime gespeel deur Naomi Harris word aan die begin van die fliek gedruk om 'n moeilike besluit te maak wat, as sy 1 voet verkeerd sit, Bond se dood kan veroorsaak! Sy help Bond uit die moeilikheid as hy haar nodig het en sy laat action, skiet en fight sommer aantreklik lyk! Sévérine gespeel deur die Franse aktriese Bérénise Marlohe word mishandel en is onwillig onder die mag van Raoul. Bond sien haar raak tydens 'n missie waar hy 'n sluipmoord moet verhoed en hulle ontmoet toe weer by 'n casino later in die fliek waar sy vir hom haar storie vertel. Dan vra sy die vraag: Mr Bond, what do you know about fear? En Bond antwoord: Everything there is. Hy moet haar help om te ontsnap van die bose Raoul en sommer vinnig raak hy verlief op die weerlose, beeldskone dame... Tipies Bond!
Die Plot:

Noudat jy al die karakters ken, hier is hoe hulle almal bymekaar pas. Die MI6 hoofkantore word gebomdardeer deur 'n onbekende en geniale skurk en Bond moet keer dat daar enige skade verder aan die secret service berokken word en boonop wil die regering nog MI6 sluit! Maar dan beland Bond in die kloue van die bose Raoul Silva ,'n gewese agent van MI6 en al vang hy toe die skelm, glip hy weer soos 'n vis uit hulle hande en toe is dit moeilik om hom weer te vang. Bond besluit toe, die enigste manier om die boosweeg uit te oorle is om na 'n plek te gaan waar hy die “upperhand” het: sy familieplaas, Skyfall. Bond en M se verhouding is ook baie sterk in hierdie fliek en M se karakter is baie kragtig. Judi Dench kan ook vir 'n Oscar benoem word vir haar briljante vertolking van M. Maar gaan Bond sy vlymskerp skills kan gebruik om Raoul te oorwin of is hierdie een net te ingewikkeld,selfs vir 007 homself?
Adele sing ook die theme song vir Skyfall nl. Skyfall en dit sal beslis 'n Bond legend wees! Die Bond karakter is 50 jaar oud hierdie jaar en hierdie is die 23ste Bond movie! Almal wat betrokke was by hierdie rolprent het beslis 'n job well done gedoen, want ek was gaande daaroor! Skyfall kry sonder twyfel 'n 10/10 by MI, so doen jouself 'n guns en gaan geniet die briljante Daniel Craig en al die ander akteurs in die fliek van die somer!MI



No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.