Vir die van julle wat nie weet nie, MI is heeltemal verslaaf aan Reality TV!!! Dit is die beste ding since chocolate sculptures!! En om vir julle te wys hoekom ons so mal is daaroor het ons,ons Top 3 reality shows gekies! Die M in MI het haar favorite show gekies, sowel as die I en dan het ons gesamentlik een gekies!! En die wenners is...
“I” se keuse: America's Next Top Model.
Die show het sy debut gemaak op die 20ste Mei 2003. Die host, sowel as hoof beoordeelaar is Tyra Banks en sy run die show saam met beoordelaars, Andre Leon Talley (Vogue editor) en Nigel Barker (Fashion Photographer). Elke week doen die deelnemers 'n “photo-shoot” en elke week is daar 'n ander tema by 'n ander bestemming. Daar is ook elke week 'n nuwe gas beoordelaar wat help met die moeilike besluit om te besluit watter deelnemer daardie week huis toe gaan. Aan die einde van die shoot kies Tyra een foto van elke deelnemer, wat sy dink die mooiste is en hulle word dan daarvolgens beoordeel. Hier is van die wenners: Maart 2010- Krista White, September 2008- McKey Sullivan en Februarie 2012- Sophie Sumner. Hierdie is 'n show wat jou elke week op die punt van jou stoel laat sit, elke week nuwe verrassings en skokke ontbloot en jou nooit sal verveel nie. Dit is...America's Next Top Model!!
“M” se keuse: The Ellen DeGeneres Show.
Die eerste episode van die fantastiese talk show was op die 8ste September 2003 met die skreeusnaakse Ellen DeGeneres as host! Die reeks vier vanjaar al sy 10de seisoen. Elke episode het Ellen 'n nuwe celebrity gas en hulle doen die snaakste dinge, praat oor die vreemdste onderwerpe en vermaak net die kykers soos geen ander program ooit kan nie. Gaste is onder andere: Justin Bieber. Heidi Klum, Robert Patterson, Taylor Swift, Rihanna en nog vele meer! Daar is ook 'n deel van die show nl. Tea Time with Sofia Grace and Rosie wat handel oor 2 klein Britse meisies wat onderhoude voer met supersterre terwyl hulle tee en koekies geniet. Hulle is ontdek nadat Sofia Grace se ma 'n video op Youtube gesit het van haar wat Superbass van Nicky Minaj sing en hulle was net te oulik vir woorde. Ellen is ook bekend daarvoor dat sy mense in nood help en vir hulle die dinge gee wat hulle benodig of dit nou geld, 'n nuwe kar of net die geleentheid om 'n familefoto te neem is! Dit is'n baie vermaaklike show,so maak jou maar reg om te lag totdat jou maag pyn en jou te verwonder aan alles wat gebeur, want NIKS is ontmoontlik op die Ellen Show nie!!!
MI se keuse: The X-Factor USA.
Hierdie show wen los hande die eerste plek op ons Top 3!! Die debut van X Factor USA was op de 11de September 2011. Dis 'n musiek kompetisie maar anders as Idols kan groepe ook deelneem en daar is verskillende kategorieĆ« waarin die deelnemers geplaas word. Hierdie jaar se kategoriee is: Groups, Teens, Young Adults en die Over 25's. Die beoordelaars is Simon Cowell, L.A. Reid, Demi Lovato en Britney Spears en elke beoordelaar mentor 'n ander katagorie. Die wenner van die kompetisie ontvang 'n recording contract en $5 miljoen!! Verlede jaar se wenner was Melanie Amaro met Simon Cowell as haar mentor. Na die uitdunne neem almal aan die Bootcamp deel waar 32 mense gekies word om na die judge's homes toe te gaan- 8 in elke kategorie. Van daar af word 4 in elke katagorie gekies om aan die Live Shows deel te neem en dan stem Amerika en elke week val 1 deelnemer uit. Tydens Bootcamp gebeur dit ook soms dat die beoordeelaars 'n paar individuele sangers wat uitgeval het bymekaar sit in 'n groep om aan die Groups kategorie deel te neem. Dit is hoe One Direction ook ontstaan het, deur die “brilliant mind of Simon Cowell”!!! Hierdie is die beste program in die hele wereld en ons sal dit vir enige iemand aanbeveel!! Van die deelnemers vanjaar is: Cece Frey in die Young Adults katagorie, Emblem 3 in die Groups, Diamond White by die Teens, Tate Stevens by die Over 25's en nog vele meer!!! So doen jouself 'n guns en kyk X Factor op 'n Saterdag en Sondag op Mnet Kanaal 101!!
So daar het julle dit! Die beste reality shows volgens ons. Ander programme waarvan ons hou sluit in: Survivor, Enews, Suits, Hawaii Five-O, Body of Proof en vele meer. Laat weet ons wat jou gunsteling is en jy kan 'n shout-out op MIWatch kry!!
Tot Wedersiens
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.