Hellooooo
liewe lesers! Ons gaan probeer om
julle soveel as moontlik te vermaak tydens die vakansie! Vir die van julle wat dit
nie weet nie...ons is obsessed met baie goed...dit voel of ons dit in
amper elke artikel noem, en dis funny want dis so waar (dis 'n aanhaling
wat MI se M onlangs in 'n boek gelees het met die naam
Solitaire..gaan lees dit, dis BAIE goed!) Anyway, vandag se topic of
obsession is Disney! Disney is net een van die beste dinge ooit en
dit is een van die dinge wat lewe op aarde die moeite werd maak!
So geniet MI se Gids tot Alles Disney!
'n
Bietjie Geskiedenis
Die Walt
Disney Company is op die been gebring op 16 Oktober 1923 deur Walt
Disney en Roy O. Disney. Hierdie maatskappy het die leier geword in
animasie flieks wêreldwyd en het later uitgebrei deur live action
flieks te vervaardig en pretparke oop te maak. Die Disney maatskappy
het baie verskillende fassette insluitend die Walt Disney Studio wat
verantwoordelik is vir die maak en vervaardiging van flieks en hulle
besit ook die Amerikaanse televisie netwerk, ABC en die kinderkanaal,
Disney Channel. Die karakter Mickey Mouse het die universele simbool
vir die Disney maatskappy geword.
Disney
Prinsesse
Die
Disney prinsesse is seker van die bekendste karakters wat ooit in die
geskiedenis van...wel die mensdom! Die heel eerste prinses was die
oulike en dalk ietwat irriterende Snow White. Sy was cute en als,
maar sy was darem net te gelukkig vir iemand wie se stiefma haar
probeer vermoor het deur haar hart uit sny...I mean praat van Game of
Thrones R-rated violence! Anyway, sy en haar 7 dwergies het hulle
verskyning gemaak in 1937. Snow is gevolg deur Cinderella en daarna
het Aurora in Sleeping Beauty haar verskyning gemaak! Ons is mal oor
die Disney Prinses flieks, want nie net bied dit wonderlike vermaak
vir jonk en oud nie, die gee ook vir jong kinders en veral meisies
die geleentheid om te leer dat daar 'n prinses in almal is, maak nie
saak wie jy is of wat jou omstandighede is nie! En moenie al die mooi
rokke en groot kastele vergeet nie! Prinsesse soos Ariel, Jasmine,
Belle, Rapunzel, Pocahontas en Mulan maak kindwees net soveel
lekkerder!
Disney
Prinse
En wat
is 'n prinses sonder haar ridder op 'n wit perd? Baie mense stig
proteste teen die feit dat die prinsesse altyd gered word deur die
prins en hulle meen dat dit vrouens as swak en minder waardig
vertoon! Vir sulke mense wil ek net sê, kry 'n lewe! Hulle is tien
teen een depressiewe middle-aged vrouens wat 'n groot
liefdesteleurstelling gehad het en nou dink dat alle mans uit die hel
se donker dieptes uitkom. Die prinse in die Disney flieks is simbole
van hoop vir jong meisies wat wys dat elke meisie 'n prins op 'n wit
perd verdien en dat hy haar eendag wanneer die tyd reg is sal kom
red, want elke meisie verdien dit om soos 'n Ariel of Cinderella deur
haar eie unieke prins gered te word. Ons se nie jou geluk hang af van 'n man nie, jy is al een wat jou eie geluk kan bepaal. Al wat ons se is dat jy nooit moet voel asof jy minderwaardig is nie, want daar buite is 'n prins vir jou! En Prins Eric is totes die mooiste prins van almal! Kan ek nie mar hom gekry het nie, ek meen Ariel jy het 'n hele mermaid hotness club om van te kies!
Disney
Villians.
Die skurke in die Disney flieks is altyd my gunsteling want hulle is net so wickedly evil en awesome! Ons weet nou nie regtig of die villians een of ander dieper betekenis tot die flieks bring nie, maar dit maak nie saak nie, want GEEN fliek sal volmaak wees sonder 'n behoorlik booswig nie! Van ons gunsteling sluit in Maleficent van Sleeping Beauty wat in 'n flippen DRAAK kan verander, Claude Frollo van The Hunchback of Notre Dame (Dis MI se M se gunsteling Disney fliek!!), Captain Hook van Peter Pan, wie kan ook vergeet van Yzma van The Emporers New Groove?? Sy was darem net te hilarous! En dan is daarf Ursula van The Little Mermaid (sy is sonder twyfel die scarieste villian wat ons nog ooit in 'n fliek gesien het! Ek meen sy het 'n tuin van die siele van die meerminne wat sy gevang het!) en dan natuurlik Hades van die Hercules fliek van hy is net beyond sassy en het blou vuur vir hare!
Disney
liedjies.
Geen
Disney animasie is voltooi sonder 'n paar totally corny liedjies nie!
En kan ons net iets daar buite sit...hoe is dit moontlik dat ELKE
FLIPPEN DSNEY KARAKTER MOOI KAN SING!!!!??? Ek meen regtig!!! Dink
bietjie mooi, kan jy EEN Disney karakter onthou wat nie mooi gesing
het?? Anyway ons kan net nie help om verslaaf te wees aan Disney
flieks se liedjies nie! Hier is 'n paar van die bestes: Part of your
world van The Little Mermaid het darem net jou hartsnare geprikkel en
dan natuurlik Poor Unfortunate Souls wat Ursula se ultimate villian
jam is! Let it Go van Frozen is natuurlik 2014 se nasionale anthem
want niemand kan daai liedjie uit hul kop uit kry nie! A dream is a
wish your heart makes van Cinderella is ook een van ons gunstelinge
en dan is MI se M natuurlik verslaaf aan die hele Hunchback of Notre
Dame soundtrack want come on dis n NET SO MOOI!!!!
Nou kan
julle liewe lesers ook sien hoe wonderlik Disney werklik is! So ons
beveel julle nou om te hardloop en die naaste Disney DVD te gryp en
dit te kyk...kom staan op... loop... hoekom lees jy nog? Daarsy...
Tot
wedersiens!
MI
*Is
jy nogsteeds besig om te lees? Wat makeer jou? Hou nou op en gaan kyk
daai Disney fliek voordat ons jou in ons Garden of Unfortunate Souls
sit!
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.