Nog 'n jaar is amper weer verby. Ons is
almal nog 'n jaar ouer, ons het almal ons ouers nog 'n paar gryshare
bygegee en ons is almal net bly dat ons 'n regmerkie langs nog 'n
graad maak! Daar het ook baie opwindende dinge gebeur deur die jaar en
MI gaan jou nou bietjie herinner aan die Headlines van 2013!
Fliek Headlines:
Dit was 'n baie goeie jaar vir die
fliekbedryf en ons het 'n paar ongelooflike flieks gesien! Hier is 'n
paar wat vir ons uitgestaan het:
Catching Fire: Julle is al almal
seker moeg vir ons rampages oor die fliek, maar ons gee nie om nie!
Dit was so epic dat ons net nie kan stilbly daaroor nie! Katniss en
Gale se soen, Katniss en Peeta se multiple soene, die awesome arena
EN Finnick Odair!
The Hobbit. The Desolation of Smaug:
Ons het nog nie die fliek gaan kyk nie, maar ons is seker dat dit net
so goed, indien nie beter, as die eerste fliek gaan wees! Ons kan nie
wag om uiteindelik die Lonely Mountains saam met die dwerge en Bilbo
te bereik en Smaug te verwoes nie!
Percy Jackson. Sea of Monsters.
Ons was baie teleurgesteld deur die eerste fliek omdat dit GLAD nie
soos die boek was nie. Die tweede een was egter heelwat beter.
Alhoewel hy nogsteeds nie heeltemal soos die boek was nie, was hy
baie nader as die eerste een en wie wil nou nie vir 2 ure na Logan
Lerman se hotness kyk nie?
White House Down: Hierdie
aksiefliek van Channing Tatum en Jamie Foxx was ongelooflik goed!
Jamie Foxx het die Amerikaanse president gespeel wat alweer deur
terroriste aangeval word en Channing Tatum moes hom beskerm! Die
aksie tonele was epic en Channing Tatum se abs was AMA-ZING en dit
was oor die algemeen net super cool
Wêreld
Headlines:
Daar
is bae in die wêreld
gebeur in 2013. Sommige gebeurtenisse was opwindend en ander was weer
hartseer. Hier is 'n paar belangrike en nuuswaardige gebeure van die
jaar:
Prins
George word gebore: William
en Kate, die Duke en Duchess van Cambridge, het hul eersteling gehad.
Die ganse wêreld
het in angs gewag om te hoor of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie gaan
wees en ons was baie bly toe ons uitvind dat dit 'n prinsie is. Prins
George is so 'n oulike ou babatjie en ons kan nie wag om te sien of
hy net so aantreklik soos sy oom en pa gaan wees as hy ouer is!
President
Obama besoek Suid-Afrika: Hierdie besoek was huge vir ons! MI is
groot aanhangers van die Amerikaanse president en dit was vir ons so
opwindend toe daar aangekondig is dat hy en sy vrou, Michelle, die
land gaan besoek. Dit was so epic om hom en sy hele stoet van huge,
swart, bulletproof karre te sien en ek het sommer belangrik gevoel
vir ons land se part!
Oud-president
Nelson Mandela sterf: Dit was 'n tragiese gebeurtenis vir mense
regoor die wêreld geskok.
Hy was voorwaar 'n internasionale ikoon en 'n groot en belangrike
deel in Suid-Afrikaanse geskiendenis! Sy Memorial diens was Dinsdag,
10 Desember, by die FNB Stadion in Soweto gehou en talle wêreldleiers
insluitend, Barack Obama, die president van Canada, New-Zealand en
Frankryk het die diens bygewoon.
Boek Headlines:
Ons is totaal en al MAJOR Bookfreaks.
Ons is albei mal oor lees en dit is dus altyd vir ons opwindend om
nuwe boeke te ontdek en te lees. Hier is 'n paar awesome boeke wat
ons hierdie jaar gelees het:
Divergent:
Die boek is beslis een van die beste reekse wat ons
hierdie jaar gelees het. Dit is 'n bestseller reeks deur skrywer,
Veronica Roth en ons het al drie boeke verslind! Die derde en laaste
boek in die Divergent reeks, Allegiant, is die jaar vrygestel en dit
het die reeks ongelooflik goed afgesluit! As jy nog nie die reeks
gelees het nie, sal ons dit baie sterk aanbeveel! Allegiant is ook
aangewys as die beste Young Adult Fantasy book in die Goodreads
Choice Awards
The Book Thief: Die fliek wat
van die die boek gemaak is word binnekort in Suid-Afrika vrygestel en
ons het besluit dat ons eers die boek moet lees voordat ons die fliek
gaan kyk. Dit vertel die storie van 'n jong meisie wat gedurende die
Tweede Wêreldoorlog,
boeke steel en uit die kloue van wrede Nazi soldate moet bly!
Eleanor
and Park: Ons het nog
nie die boek gelees nie, maar hy is aangewys deur Goodreads as die
beste Young Adult Fiction boek, so ons is seker dat dit 'n baie goeie
boek sal wees. Die storie speel af in 1986 en handel oor 'n meisie en
'n seun wat verlief raak op mekaar. Dit laat die leser dink aan hul
eerste liefde en sal sorg vir 'n baie romantiese en opwindende
verhaal van 2 star-crossed lovers!
Dit
liewe lesers was 'n paar van die opwindende dinge wat in 2013 gebeur
het! Nog 'n opwindende ding wat gebeur het is dat MI genomineer is
vir 'n SA Blog of the Year Award! Ons wil baie dankie sê
vir almal wat vir ons gestem het, ons waardeer julle almal baie!
Tot
wedersiens!
MI


No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.