Ons gaan bietjie 'n break vat tot die Nuwejaar, maar moenie vrees nie! Jy kan nog awesome goed sien op al ons social media!
GESEENDE KERSFEES EN SIEN JULLE IN 2014! WHOOOOOO!
Tot wedersiens!
MI
Ons leer baie van vriendskap en die
waarde van vriendskap in Disney flieks. Toy Story, The Lion King,
Monsters Inc, Nemo en Lilo and Stitch is maar net 'n paar van die
flieks waar ons met baie goeie vriende kennis maak. Die vriende in
die flieks beleef baie highs maar ook 'n paar lows! Partykeer lyk dit
selfs asof hulle vriendskap dit nie gaan maak nie, maar in die einde
oorwin die good guys altyd en alles is weer A for Away. My gunsteling
vriendskap les is egter... Hakuna Matata!
Baie
mense ervaar soveel donker oomblikke, dat hulle begin glo dat daar
nie meer helder oomblikke bestaan nie! Ons glo egter dat as jy net
die regte playlist het, jy enige donker oomblik, onmiddellik in 'n
helder een kan verander. Disney sterre, soos Cinderella, Snow White,
Simba en selfs die halfgod Hercules het van liedjies gebruik gemaak
om hulle deur donker tye te help. Gaan lees gerus ons MI-Siek
artikels om te kyk watter liedjies die perfekte playlist sal maak!
Catching Fire: Julle is al almal
seker moeg vir ons rampages oor die fliek, maar ons gee nie om nie!
Dit was so epic dat ons net nie kan stilbly daaroor nie! Katniss en
Gale se soen, Katniss en Peeta se multiple soene, die awesome arena
EN Finnick Odair!
Percy Jackson. Sea of Monsters.
Ons was baie teleurgesteld deur die eerste fliek omdat dit GLAD nie
soos die boek was nie. Die tweede een was egter heelwat beter.
Alhoewel hy nogsteeds nie heeltemal soos die boek was nie, was hy
baie nader as die eerste een en wie wil nou nie vir 2 ure na Logan
Lerman se hotness kyk nie?
Prins
George word gebore: William
en Kate, die Duke en Duchess van Cambridge, het hul eersteling gehad.
Die ganse wêreld
het in angs gewag om te hoor of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie gaan
wees en ons was baie bly toe ons uitvind dat dit 'n prinsie is. Prins
George is so 'n oulike ou babatjie en ons kan nie wag om te sien of
hy net so aantreklik soos sy oom en pa gaan wees as hy ouer is!
Divergent:
Die boek is beslis een van die beste reekse wat ons
hierdie jaar gelees het. Dit is 'n bestseller reeks deur skrywer,
Veronica Roth en ons het al drie boeke verslind! Die derde en laaste
boek in die Divergent reeks, Allegiant, is die jaar vrygestel en dit
het die reeks ongelooflik goed afgesluit! As jy nog nie die reeks
gelees het nie, sal ons dit baie sterk aanbeveel! Allegiant is ook
aangewys as die beste Young Adult Fantasy book in die Goodreads
Choice Awards
Eleanor
and Park: Ons het nog
nie die boek gelees nie, maar hy is aangewys deur Goodreads as die
beste Young Adult Fiction boek, so ons is seker dat dit 'n baie goeie
boek sal wees. Die storie speel af in 1986 en handel oor 'n meisie en
'n seun wat verlief raak op mekaar. Dit laat die leser dink aan hul
eerste liefde en sal sorg vir 'n baie romantiese en opwindende
verhaal van 2 star-crossed lovers!
Vrouens in antieke Brittanje het... wag vir dit... akkers in hulle handsakke gedra. Hulle het geglo dat dit hulle lewens sal verleng en hulle jonger sal laat lyk! Soooo... totsiens velrome en duur produkte en hellooooo akkerboom!
Wanneer jy na 'n belangrike vergadering toe gaan, word daar geglo, dat jy moet uitkyk vir 'n bok. Bokke beskerm jou glo van skade en absorbeer evil dinge. Miskien is dit tyd dat jy van jou hond of kat ontslae raak en vir jou 'n bok te kry! Dan is jy minus die bad luck EN jy het free melk!
'n Minotaur: Hierdie aaklige monster het die kop van bul op die lyf van 'n man. Hy was al meer as een keer deur Griekse helde verslaan, maar maak elke keer weer 'n verskyning. As jy vir my vra is dit 'n bietjie weird, as 'n mens dood is dan is mens dood, maar dit is duidelik nie die geval by die Minotaur nie.
Aangesien ons OBVIOUSLY die presidente/prinsesse van die land gaan wees, het ons 'n epic tuiste nodig waar ons presidenterige dinge kan doen. Dit sal drie keer die grootte van die white house wees en tien keer mooier as Buckingham Palace. Die gange sal versier wees met skilderye van ons gunsteling celebs. Daar sal ten minste 2 private screening rooms wees waar ons flieks kan kyk voordat Ster Kinekor dit in die hande kan kry. Daar sal 'n tennisbaan, netbalbaan, rugbyveld, hokkieveld, olimpiese swembad en polo-baan op die terrein wees. Daar sal tenminste 100 tuinwerkers moet wees om die massiewe blombeddings in stand te hou. Elkeen van ons se kamers sal so groot wees soos 'n huis met secret kamers onder ons beddens vir as terroriste ons wil aanval. Mense sal toere deur ons mansion kan vat... Maar net as hulle vir ons Crunchie Rocks bring!
Soos almal weet,
is MI MAL oor vakansiedae en ons glo dat daar eendag, in die perfekte
wêreld,'n vakansiedag vir MI gaan wees, naamlik ...MI Dag! MI Dag gaan EPIC
wees,dit gaan Kersfees na 'n ouetehuis Bingo dag laat lyk! Ons gaan
julle nou bietjie vertel wat julle van MI Dag in die toekoms kan
verwag, sodat julle, julself al mentally kan voorberei vir die
AWESOMENESS!
kry... FOR
FREE! Ek sal bv. die Laptop winkel stormloop en my sussie die movie
winkel! Dit kan dan ook soos gratis publisiteit vir die winkels wees,
want dan sien al die kinders en ouers weet watter awesome goed die winkels
het en dan gaan hulle NOG MEER GOED DAAR KOOP! Dis 'n wen-wen
situasie!


Daar
is BAIE verskillende tipes honde en jou tipe hond bepaal ook jou tipe
karakter. As jy soos die I van MI 'n Golden Retriver of Labrador het
dan beteken dit dat jy 'n vriendelike persoon is. Jy is die tipe persoon
met wie mense maklik kan praat en jy is baie loveable! As jy soos die
M van MI 'n klein Maltesie, Yorkie of Chihuahua het dan beteken dit
dat jy daarvan hou as iemand vir jou omgee en gereeld hulle affection
vir jou wys. Jy hou van komplimente en vat negatiewe kritiek nie baie
goed nie. As jy 'n hond soos 'n Bulldog of 'n Rottweiler het dan
beteken dit gewoonlik dat jy 'm aggresiewe kant het. Jy is nie
noodwendig 'n geweldadige persoon nie, maar as die situsasie dit verg
kan jy jouself BAIE goed verdedig en die ander persoon sal bitter
jammer wees dat hy met jou skoorgesoek het!
As
jy 'n voël het dan is jy
gewoonlik 'n baie chirpy en vrolike persoon. Jy sal altyd die helder
kant van 'n situasie raaksien en 'n grappie in 'n gesprek vertel. Jy
is dikwels die hart van 'n partytjie en jy is die een wat mense kan
opgewonde maak oor iets wat jou opgewonde maak. Jy het ook die vermoë
om groot te droom en jou imaginary vlerke ver uit te sprei om jou
drome te bereik!
Reptielliefhebbers
is dikwels baie eksotiese mense. Hulle is nie bang vir 'n uitdaging
nie en hou daarvan om nuwe dinge te probeer. Jy is gewoonlik die tipe
persoon wat uit 'n vliegtuig sal spring of bungee jumping sal doen.
Jy het nie 'n bang haar op jou kop nie en jy sal ander mense ook kan
aanspoor om nuwe dinge te probeer! Jy as reptielliefhebber is mal oor
avonture en jy hou gewoonlik daarvan om nuwe plekke te gaan verken en
nuwe mense te ontmoet.
As
jy 'n vis as 'n troeteldier is jy gewoonlik te lui om 'n ander dier
te koop en te versorg (soos ek, en dis duidelik uit die feit dat ek
al 5 visse gehad het en nie een het langer as 2 weke gehou nie!) of
jy is iemand wat nie van verandering hou nie. Jy jou van roetine en
verrassing is NIE vir jou NIE! Vissie is baie voorspelbare diere en
hulle is elke dag dieselfde en jy hou daarvan. Jy hou nie van die
onverwagte nie en jy hou daarvan om te beplan.