Iron Man, Captain America, Hulk, Thor.
Klink hierdie name dalk bekend? Natuurlik, dis die name van al ons gunsteling Superhelde! En in hierdie fliek span hulle almal kragte saam om een nare skurk te oorwin! MI gee ‘n inside scoop oor die beste Super
Hero movie ooit!
‘n Toestel wat energie van space bevat is
gesteel deur ‘n nuwe skurk: Loki, die broer van Thor en hy beplan om die
wereld oor te neem en almal te “verlos van hulle vryheid”! Die Avengers word almal geroep om
die
bose Loki te verslaan en die toestel terug te kry voordat dit te laat is,
maar dit gaan maar swaar aan die begin! Captain America (Chris Evans) en Iron
Man (Robert Downey Jnr) sit glad nie langs dieselfde vuurtjie nie en Hulk (
Mark Ruffalo) wat geleer het om homself
te beheer, verloor weer alle beheer toe hy die ander Avengers ontmoet! Hulle is
so besig om teen mekaar te veg dat hulle
Loki kans gee om groot amok op aarde te maak.
Gelukkig is The Black Widow (Scarlett Johansson) daar om hulle almal weer in lyn
te kry voor dinge handuitruk! Toe die
Avengers uiteindelik al hulle probleme uitgesorteer
het, het Loki ‘n ‘portal’ vanaf space na aarde toe oopgemaak en sy army van
aliens is besig om die wereld soos ons dit ken te vernietig!
Kan die Avengers dit regkry om as ‘n span
saam te werk en die aarde re red voordat dit te laat is of gaan hulle groot ego's in hulle pad staan? Vind self uit! The Avengers wys landwyd by jou naaste Sterkinekor!
The Avengers kry beslis ‘n 10/10 by MI! Alhoewel
die skelms bietjie vreesaanjaend, monsteragtig is, is dit ‘n awesome, aksie-belaaide fliek wat jou nooit sal verveel nie! Die akteurs en aktrises is almal fantasties (maar my
persoonlike gunsteling is definitief Robert Downey Jnr!;). Daar is film is vol romanse, naelbyt oomblikke en skreeusnaakse humor! The Avengers is ‘n MOET sien, so moet
dit nie misloop nie!
Tot wedersiens
Mi
P.S. Nog ‘n movie-review oor The Hunger
Games coming soon!
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.