Dis heavy moeilik
om musiek te kry wat jou mood pas as
jy een oomblik lus is vir die bad-assery
van ACDC en die volgende oomblik smag na 'n hoë noot van Les Miserablès.
Maar moenie vrees nie! MI het 'n playlist vir jou opgestel om al jou musiek-cravings te bevredig!
Waneer
jy badass voel
Bartholomew
van The Silent Comedy- Nie net is die beat aan die begin van hierdie liedjie soos iets waarop daai
karakters in die flieks loop net voordat hulle iets opblaas nie, maar as daai
kitaar-solo thingamajing eers begin
is daar nie 'n manier hoe jy nié kan
voel asof jy die wêreld kan oorwin nie. En as daai dromme eers geslaan word
kwartpad in is dit verby - jy is officially
die badasste persoon ooit as jy na
daardie deel van die liedjie luister.
Ander opsies: Next
Girl- The Black Keys, Low- Cracker
Wanner
jy lig voel
Folding
Chair van Regina Spektor- Partykeer is dit net nodig om na iets
te luister wat jou laat voel asof dit 'n paar minute van geluk is wat vasgevang
is in 'n liedjie. Hiérdie is so tipe liedjie. Eintlik is enige Regina Spektor
liedjie so tipe liedjie, maar hierdie is my gunsteling so HA. Ek meen komaan,
wie wil nou nie na liedjies luister van iemand wat verlief raak op die strand,
in 'n silwer trailer gaan bly en speelgoed
graffiti nie?
Ander opsies: Rachel
Goodrich- Light Bulb(ANR Remix),Foster The People- Pumped Up Kicks
Wanneer
jy depro voel
It
All Stars Now van Foreign Slippers- As jy op die oomblik
hartseer is STOP WAT JY DOEN EN GAAN LUISTER EERS HIERDIE LIEDJIE. Oh man. Kan ek net sê dat hierdie
liedjie letterlik perfek is vir iemand wat down
is en wat iets nodig het om hulle weer inspirasie te gee. Dit begin soos way hartseer en dan bou dit op en dan
kom daar soos 'n koorgedeelte en dan voel mens of mens Everest kan klim en
GAAAH. Luister dit net.
Ander opsies: He
Mele No Lilo (Glo my net), Dog Days
Are Over van Florence & The Machine
Wanneer
jy Broadway-agtig voel
Being
Good Isn't Good Enough van Barbra Streisand (of die Lea Michele weergawe)- Ek
weet julle dink tien teen een dat Broadway-musiek lame is, maar luister net hierdie liedjie en asseblief sê my dan dat jy nou 'n ander opinie het. Die hoë note, die lirieke, die passie... Alles is daar!
weet julle dink tien teen een dat Broadway-musiek lame is, maar luister net hierdie liedjie en asseblief sê my dan dat jy nou 'n ander opinie het. Die hoë note, die lirieke, die passie... Alles is daar!
Ander opsies: On My
Own van Les Miserablès, Don't Rain on My Parade van Funny Girl
Wanneer
jy roadtrippy voel
I'm
Going Back To Indiana van The Jackson 5- Ek besef dat hierdie
liedjie soos 'n Throwback Thursday na
die 1800's is, maar OH WELL. Roadtrip
liedjies moet 'n spesifieke gevoel aan hulle hê. Hulle moet jou laat voel asof
jy oppad is na die beste ervaring van jou lewe. En hierdie liedjie het dit.
Ander opsies: Stop
The World I Wanna Get Off With You van die Arctic Monkeys, Best Song Ever van
One Direction
Tot wedersiens!
MI