Die langverwagte wintervakansie is
amper op sy einde liewe lesers en ons is baie hartseer daaroor! So
hartseer dat ons besluit het om skool vir nog een ekstra week te vas!
Net 'n grappie, ons ouers dwing ons om skool toe te gaan, ten spyte
van al ons goeie argumente. Een hoogtepunt is darem dat die somer
stadig maar seker begin nader kruip. Lente is nog slegs 2 maande weg!
*Happy Dance* Hoekom sien ons so uit na die somer, mag julle dalk
vra. Wel die outfits, natuurlik! Die I van MI het vir my, die M
bekend gestel aan 'n epic App naamlik Polyvore en nou is ek verslaaf
daaraan. Hierdie App gee jou toegang tot baie verskillende klere en dan
kan jy jou eie uitrusting ontwerp! Hoe cool is dit nie!
Almal van julle weet seker dat dit
onlangs die 2014 Sokker Wêreldbeker
was en om hulde te bring aan hierdie ikoniese toernooi het ons
besluit om 'n paar uitrustings bymekaar te sit, wat die kleure van 'n
paar verskeie landsvlae reflekteer. Hier is 'n paar
landsvlae-geinspireerd lente en somer uitrustings!
Duitsland.
Duitsland
het teen my wil as die wenners uit die stryd getree nadat hulle
Argentinie 1-0 geklop het in die eindstryd op 13 Julie 2013 in Rio da
Janerio.
Vir
ons Duitsland uitrusting het ons gemaklik, maar steeds sjiek en
stylvol gegaan. Ons het 'n swart high waisted rompie by 'n helder
geel toppie en 'n bloedrooi leerbaadjie gepas. Hierdie kleure
simboliseer Duitsland se landsvlag kleure: rooi, swart en geel. Ons
het 'n paar rooi skoene gekies om die uitrusting af te rond en dan
die finishing touches was 'n swart Fossil leerhandsak en 'n paar geel
sonbrille! Du bist jetzt bildschön
(Jy is nou beeldskoon)!
Argentinie.
Argentinie
is die span waarvoor ek geroot het nadat my oorspronklik span, Spanje
uitgeval het in die eerste rondte. Hulle het tweede geëindig
nadat hulle deur Duitsland geklop is. Hierdie uitrusting is perfek
vir 'n dag van inkopies of middagete saam met jou vriendinne!
Ons
het 'n wit skinny denim gepas saam met 'n ligblou strappymou bloes en
ligblou hakskoene van 'n uniek fluweel materiaal. Vir bykomstighede
het ons 'n silwer armband, 'n paar blou aviator sonbrille en 'n geel
strikkie vir jou hare. Die ligblou en wit is vir die strepe in die
landsvlag en die geel vir die son in die middel van die vlag.
Brazil.
Brazil
was die host nation vir hierdie wêreldbeker
en hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt. Die stadions was met
elke wedstryd propvol gepak met ondersteuners en die openings- en
afsluitingsseremonies was beslis unieke geleenthede! Hulle het 4de in
die toernooi geëindg
nadat hulle in 'n skokkende nederlaag van 7-1 teen Duitsland verloor
het in die semi-finaal en toe 3-0 teen Nederland verloor het in die
uitspeel wedstryd.
Aangesien
Brazil 'n baie tropiese klimaat het, het ons 'n baie gemaklike
uitrusting gekies. 'n Kort donkergroen mini broek en geel moulose
hemp maak ons hoofuitrusting. Ons het dit gepaar met geel en wit
sneaker tekkies, blou armbande en 'n groen haarband vir jou hare. Die
vlag is hoofsaaklik donkergroen met 'n geel diamant in die middel en
'n blou aardbol. Dus komplementeer die uitrusting se kleure die vlag
s'n baie goed.
Nederland.
Nederland
was regdeur die toernooi baie se gunsteling vir die wenners. Daar is
ongelukkig 'n stukkie in hul drome gesteek, nadat hulle die Penalty
Shootouts verloor het teen Argentinie in die semi-finaal.
Hierdie
uitrusting is perfek vir heerlike middag uit saam 'n spesiale iemand!
Nederland se landsvlag bestaan uit 3 horisontale strepe van blou, wit
en rooi en ons het ons uitrusting volgens hierdie kleure bepaal. Ons
het besluit op 'n rooi en wit sonrokkie met 'n komplementerende blou
baadjie en donkerblou hakskoene. Vir bykomstighede het ons besluit op
'n rooi handsak en sonbril en 'n wit horlosie.
Engeland.
Engeland
het nie enigiets noemenswaardig gedoen in hierdie wêreldbeker
nie, maar omdat dit ons gunsteling land is, moes ons hulle ook net by
ons lysie voeg. Hierdie uitrusting is perfek vir 'n ontspannende
kuier saam met vriende of 'n fliek afspraak!
Ons
het besluit op 'n gemaklike T-hemp met die Engelse landsvlag patroon
op en 'n beige kortbroek. Die skoene wat ons gekies het, is ook
versier met 'n patroon van die Engelse vlag. 'n Charm-armband,
teekoppie-oorbelle en 'n wit mussie is die perfekte afronding vir
hierdie oulike uitrusting!
Spanje.
Ons
laaste land is Spanje. Hulle was die M se gunsteling aan die begin
van die toernooi, maar het beslis nie baie goed vertoon nie en het
5-1 verloor in hul eerste wedstryd teen Nederland. Hulle is in die
eerste rondte al uitgeskop.
Hulle
landsvlag is hoofsaaklik rooi en geel en dit is dus ons fokuskleure
in hierdie uitrusting. Ons het 'n geel rompie gekies saam met 'n
rooi, lospassende bloesie en baie stylvolle rooi skoene. Vir
bykomstighede het ons besluit op 'n rooi handsak en sonbril en 'n
geel kopband en horlosie. Hierdie uitrusting is perfek vir 'n sonnige
dag van verkenning!
Dit
liewe lesers was 'n paar mode idees vir hierdie komende somer! Laat
weet ons wat julle dink van ons idees en watter julle wil probeer! Ons los julle met hierdie adorbs foto van Jack en Finn, want hulle is net die mooiste Youtubers wat ooit bestaan!
Tot
wedersiens
MI