Ons
awesomeness het ons media passes gescore na die premiere van die
Afrikaanse tiener spymovie, Agent 2000! En die beste van alles...Ons
het onderhoude met van die cast members gekry! Dit was seriously,
verby AWESOME!! Hier is wat van Agent 2000 se sterre kwytgeraak het
op die Red Carpet!
Amalia
Uys.
MI:
Jy het in 'n sepie gespeel en vertolk nou 'n rol in 'n film. Wat is
die verskil op stel tussen die twee?
Amalia:
Wat ek uit ondervinding kan se, is dat alles baie vinniger gaan op 'n
sepiestel. Sekerlik omdat dit al 'n vasgestelde patroon is. Dit is
iets waaraan ek gewoond moes raak tydens die skiet van hierdie fliek,
sowel as ander flieks waarvan ek deel was.
Amalia:
Ek sal beslis nie tussen die twee kan kies nie. Ek het al 'n
groot verskeidenheid ervaar wat TV en films aanbedryf en ek sal
beslis nie kan kies nie. Ek moet egter sê dat ek altyd 'n sagte
plekkie vir teater sal hê, maar wat finansiele stabiliteit aanbetref
is dit nie altyd die beste roete om te gaan nie. Ons doen dit maar
vir die vreugde daarvan en nie vir die geld nie.
MI:
Jy het lank dieselfde karakter op TV gespeel. Was dit lekker om
bietjie 'n ander karaker in die fliek te speel?
Amalia:
Ja dit was definitief lekker. Ek het nie 'n baie diep en drie
demensionele karakter vertolk nie, maar sy was definitief anders as
San-Mari en dit was lekker.
Melissa
Massyn:
MI: Jy was al in 'n paar suksesvolle flieks, soos Hoofmeisie en nou Agent 2000. Het jy vriende jou anders behandel toe jy die kollig getref het?
Melissa:
In die begin was hulle soos “Wow, dis cool!” , maar noudat
hulle gewoond is daaraan is ek maar net weer Melissa!
Melissa:
Gewoonlik skeep ek my skoolwerk af, dis nie iets nuuts nie, maar daar
was 'n onderwyser op stel wat ons gehelp het om by te bly met al die
werk!
MI:
Wat was die grootste uitdaging vir jou tydens hierdie fliek?
Melissa:
Ek dink die feit dat ek 'n 'nerd' gespeel was nogals uitdagend! Dit
was moeilik om iemand te speel wat soet en stil is. Ek hou nie regtig
van mense met 'n karakter soos Annabel nie, so dit het die uitdaging om haar te speel selfs nog groter gemaak!
MI:
As jy jou ervaring in een woord moet beskryf, wat sal dit wees?
Melissa:
Spectacular!
Izel
Bezuidenthout en Paul Loots:
MI: Izel, hierdie is jou eerste filmrol! Hoe het jy die balans gehandhaaf tussen skoolwerk en skiet aan die fliek?
Izel:
As ek nie geskiet het nie, het ek skoolwerk gedoen, saam met die
onderwyser op stel. Die skool was ook baie ondersteunend, omdat hulle
gereeld gesorg het dat ons al ons werk betyds kry en doen!
MI:
Paul, jy was nou al in 'n paar suksesvolle flieks! Dink jou vriende
en ouers nou anders van jou? Kom jy darem bietjie weg daarmee om nie
huiswerk te doen nie?
Paul:
NEE, veral nie my ouers nie! Ek weet ook my ware vriende is hierdie
wat ek gemaak het voordat ek in flieks begin speel het en hulle
hanteer my nogsteeds dieselfde!
MI:
Wat was vir julle albei uitdagings tydens die verfilming van
Agent 2000?
Izel:
Vir my was dit 'n uitdaging om “kleiner” te speel. Ek was gewoond
aan verhoogproduksies, waar jy alles baie groot en oorgedrewe moet
doen. Terwyl alle bewegings op film baie kleiner is!
Paul:
Die fisiese aspekte van die fliek was beslis 'n uitdaging vir my,
want ek moes baie rondhardloop, maar dit was baie lekker en ek het
elke oomblik geniet!
Ruan Wessels:
MI:
Jy het tans die rol van Morne in die sepie, Binnelanders. Is daar
enige verskil tussen die stel van 'n sepie en die van 'n fliek?
Ruan:
Die grootste verskil is dat Binneland, in 'n studio geskiet word en
die fliek on location geskiet!
MI:
Sal jy een van die
twee kan kies?
Ruan:
Ek kies altwee!!
MI:
Het jy nogsteeds tyd gekry vir skoolwerk terwyl jy hierdie huge fliek
geskiet het?
Ruan:
Dit het eintlik gesuck,
want ek moes partydae selfs toetse skryf tussen tonele deur! Dit was
nie altyd so lekker nie.
MI:
Ons almal weet die meisies gaan mal as hulle jou naam hoor (
hier skud Ruan sy kop verleë en probeer dit ontken, maar ons ALMAL
weet dis waar!), behandel jou
vriende en ouers jou anders vandat jy 'n superster geword het?
Ruan:
My vriende ken ek gelukkig al van kleintyd af, so hulle was al daar
voordat ek in flieks begin speel het. Hulle ken vir Ruan en dis dus
maklik om so te onderskei tussen my ware en fake vriende! Gelukkig
het die Here my nog altyd geseën met wonderlike vriende. (#sigh)
MI:
Was daar enige uitdagings om jou karakter se rol te vertolk?
Ruan:
Dit was vir my baie moeilik om 'n boelie te speel! Ek hoop net dit
lyk reg op kamera, want dit was regtig vir my 'n uitdaging!
Daar
het julle dit liefste lesers! Ons INSANE onderhoude met FAMOUS en 'n
paar HOT mensies! Ons hoop julle het dit geniet en nou met julle
ALMAL Agent 2000 gaan kyk as hy more uitkom...of jy nou wil of
nie...maar jy wil!
Tot wedersiens
MI