Vir die van julle wat nie weet nie... MI
is tieners. As jy nie weet nie,het jy seker die laaste 2
jaar onder 'n klip gelewe. Anyway, ons het al agterkom dat baie
tweens nie regtig weet wat om te verwag as hulle die wêreld
van tienerwees betree nie. Baie tieners weet ook nie regtig wat om te
doen noudat hulle officially die titel beklee nie. Ons het toe gedink
dat dit 'n briljante idee is om al ons lesers in te lig oor al die
pligte en verantwoordelikhede van 'n tiener!
Die
krag van kos
Tieners
ervaar baie stres. Toetse, verhoudings, voorkoms, prestasies op die
sportveld en nog BAIE meer. Ons het ons vriende wat ons kan
ondersteun wanneer die druk te veel raak, maar die EEN vriend wat nog
altyd daar was deur al die jare is kos! Die eerste reël
van tienerwees is dus om so elke nou dan op 'n binge te gaan. Met ons
gebeur dit gewoonlik gedurende die eksamens, want WOWZA... dis
stresvol!Tydens 'n binge eet jy letterlik amper alles wat jy sien.
Chocolate, chips, gaskoeldrank, pizza, koekies... net alles waarvoor
jy lus kry. Dit sal jou kalmeer en dit sal jou silent friend wees
terwyl jy vir daai gevrese wiskunde of biologie toets leer!
Hanteer
hot ouens soos 'n tiener.
Daar
is net een manier om die teenwoordigheid van 'n hot ou te hanteer,
wanneer jy 'n tiener is... Crush op hom! MI is experts in hierdie
gebied, so ons raad in hierdie veld is UITERS geloofwaardig. Stap 1:
Spot 'n super mooi outjie (Checklist: perfekte hare, skittetende oë,
sterk arms, mooi bene en 'n dazzling glimlag. Logan Lerman is die
PERFEKTE voorbeeld). Stap 2: Ontwikkel 'n huge crush op hom (dit maak
nie saak of hy 'n meisie het of nie). Stap 3: Dink 'n bynaam vir hom
uit, sodat hy nie weet dat jy van hom praat as hy naby is nie. Stap
4: Stalk hom op alle sosiale media sites en maak een van sy foto's
jou wallpaper. Stap 5: Tree soos 'n malmens op as hy jou groet of met
jou praat. Ons weet nie regtig wat gebeur na hierdie stap nie,
aangesien dit is tot waar ons nog ooit gekom het. Hierdie 5 stappe is
egter 100% normaal en GLAD NIE weird nie!
Die
tiener-tantrum
Hierdie
is 'n baie gevreesde gebeurtenis vir alle ouers van tieners, maar dit
kan baie lekker wees vir ons as tieners. Wees egter gewaarsku dat die
uitkoms nie altyd voordelig vir jou kan wees nie, maar dis ongelukkig
deel van ons verantwoordelikhede! Dit is belangrik dat jy jou
tiener-tantrum haarfyn beplan. Jy moet iets kry om 'n tantrum oor te
gooi. Vir ons is dit gewoonlik nuwe boeke, want as jy nog nie
agtergekom het nie, boeke is BAIE duur en ons is gecurse dat ons nie
daarsonder kan lewe nie! Terug na die punt, nadat jy jou tantrum tema
gekry het moet jy op die plek, tyd en dag besluit. As al hierdie
details in plek is, is jy gereed. Hier is 'n paar dinge wat in jou
tantrum MOET voorkom: 'n harde stem, 'n voetstamp, dalk 'n paar
trane, die woorde “As julle regtig lief is vir my...”, en as jy
regtig waaghalsig is 'n deurklap! Happy tantrum-ing and may the odds
be ever in your favour!
Fangirling
Vir
ons is hierdie die lekkerste deel van tienerwees en ons is hierin ook
naturals! BAIE tieners het nog glad nie die kuns van fangirling
bemeester nie en dit bekommer ons, want jy kan slegs hierdie kuns op
'n aanvaarbare vlak beoefen totdat jy 20 is! Voordat jy jouself 'n
fangirl kan noem, moet jy eerstens iets kry om oor te fangirl! Dit
kan meer as een ding wees (bv. Flieks, bands, boeke ens.) Daarna,
moet jy soveel as moontlik inligting oor die ding insamel,
fanfictions skryf, alles weet oor die karakters, sangers, akteurs
ens. Jy moet ook vir almal vertel van hierdie ding en hulle mal maak
met jou breedvoerige kennis oor die ding. Gaan lees MI se artikel oor
Fangirling om nog meer oor hierdie aspek te leer!
Dit
liewe lesers was 'n paar handige wenke oor hoe om 'n tiener te wees!
Laat weet ons as jy oor nog iets wonder en ons sal baie bly wees om
julle vrae te antwoord! Ons gee nou vir julle 'n foto van Jennifer
Lawrence, want sy is awesome.
Tot
wedersiens!
MI