Uiteindelik is MI klaar met eksamen en
ons is seker meeste van julle is ook. Nou het ons baie vrye tyd. Dit beteken ure en ure van niks doen en ure om te dink.. .te dink oor die
Apocalypse. Ons almal weet dat zombies of aliens een of ander tyd die
aarde gaan oorneem of ten minste probeer. Flieks soos The Avengers het
dit bewys. MI het toe besluit om 'n span saam te sit, 'n span van die
beste en braafste fictional characters. Ons noem hulle die MIWatch
DreamTeam en hulle is:
Katniss Everdeen
In die nuutste Hunger Games fliek, Catching Fire het hierdie meisie van District 12 vir ons gewys waarvan sy gemaak is en dit is staal. Haar familie en vriende se lewens word bedreig, haar eie lewe word bedreig en sy staar weereens die wreedheid van die arena in die gesig, maar steeds byt sy vas. Sy is bereid om haar lewe op te offer vir Peeta en sy sal veg tot die dood vir die wie sy liefhet. Sy is beslis waardevol vir ons span en sy kan toor met 'n pyl en boog!
Tris en Four
Tris en Four is Divergent. Dit wil sê
dat hulle eienskappe van meer as een faction het. (Vir enige iemand
wat nie weet waarvan ek nou praat nie. Gaan lees Divergent deur
Veronica Roth..NOU!) Tris besit eienskappe van Erudite- Sy is slim,
Dauntless- Sy is braaf en Abnegation- Sy is selfless. Sy en Four (Sy
regte naam is Tobias) sal 'n groot aanwins vir MIWatch se DreamTeam
wees, want hulle het ongelooflike fighting skills, kan op hulle voete
dink EN Four is super cute, so dis bietjie eyecandy om die zombies se
aandag af te lei voordat...BOOM...Tris hulle doodmaak!
Tony
was deel van die Avengers en hy moet net ook deel wees van ons span.
Hy is braaf en het hope ervaring in die battlefield. Ek meen hy het
al teen ALIENS geveg EN gewen! Hy is ongelooflik slim as dit kom by
tegnologie en het selfs sy eie suit ontwikkel. Hy kan spesiale wapens
vir ons DreamTeam ontwikkel wat ons kans op oorwinning net nog meer
sal maak. En hy het 'n houding wat skrik vir niks en 'n sin vir humor
wat goed sal wees as ons moed begin verloor in die oorlog vir
oorlewing.
Niemand
weet wat Spiderman se regte identiteit is nie en daarom kan hy ons
geheime wapen wees. Hy kan spy op die vyand en dan as hy sy spidey
suit aantrek..VAVAVOOM...Is hy 'n killing machine! Hy kan met sy
sterk spinnekop web deur die dorp rondswaai en teen geboue opklim. Hy
is ook supervinnig en hy is nie bang vir 'n goeie oldschool fistfight
nie! Hy is beslis iemand wat ons op ons span moet hê!
Daar
was nog nooit 'n saak of geheim wat Sherlock nie kon oplos nie en hy
is slimmer as slim. Ons sal hom beslis benodig om geheime kodes te
ontsyfer en die vyand se battleplan se ontdek...alhoewel ek nie dink
dat zombies 'n plan van aksie sal hê
nie, maar 'n mens weet nooit. Hy is witty en selfs slinks met tye,
maar Sherlock voltooi enige taak wat aan hom gegee word met sukses en
dit sal beslis belangrik wees as ons die apocalypse wil oorleef en
ons planeet wil red.
Soos
julle kan sien bestaan ons DreamTeam net uit heroes en wie het al
OOIT 'n fliek gekyk of boek gelees waar die bad guy wen? Ek ook nie!
Die kans is dus 100% dat ons die apocalypse sal wen en die bose
zombies of aliens sal wen! En MI is ook nie hulpeloos nie. Ons is
gewapen met awesome kennis en skills wat ons van boeke en movies leer
en dus sal ons hierdie oorlog kan ace! Ready... set... FIGHT!
Tot
wedersiens!
MI