Die Desember Somer vakansie is
uiteindelik hier en MI is BAIE opgewonde. Somer beteken swem, son,
cool outfits, kuier saam pelle en vele meer. Omdat MI so baie van ons
lesers hou gee ons vir julle The Ultimate Summer Guide! Of jy nou by
die see of in die bos is, van rokke of haksoene hou en of jy van lees
of tv kyk hou...jy sal alles net hier op MIWatch vind!!
As jy by die see is: Wes-Kaap.
Kaapstad, George, Knysna, Hartenbos
ens. Waar jy ook al in die Wes-Kaap vakansie hou, daar is baie om te
doen. Die een ding wat al hierdie plekke in gemeen het is dat daar `n
strand by elkeen is, maar daar is soveel ander dinge wat jy ook kan doen.
Tafelberg is 'n moet-sien as jy in die omgewing is. Gaan op in die
kabel karretjie en geniet een van die 7 Natuurwonders van die
Wereld. As jy van geskiedenis en mysteries hou, soos ons, dan moet jy
ook 'n draai by Die Kasteel en Robbeneilend gaan maak en kry die vibe
van die 17de eeu! Gaan verken die natuur en volg 'n staproete deur
die pragtige Knysna-woude. Daar is adventure-courses, wandelpaadjies
en asemrowende wild in hierdie betowerende bos. En wie weet, dalk
ontmoet jy 'n bos feetjie of twee of dalk sien jy vir Oupoot!
As jy by die see is: KwaZulu-Natal.
Hier waar die warm Mosambiek stroom
vloei is daar net so baie om te doen! Jy gaan nie 'n enkele oomblik
verveeld wees nie! Durban en Margate het lieflike groot strande waar
jy jou gate uit kan geniet en pret in die son kan he! As jy nie lus is vir
die strand nie, hoekom gaan maak jy nie 'n draai by Ushaka Marine World
nie. Daar is waterslides, supertubes,'n akwarium, dolfyn shows, reuse
swembaddens en BAIE meer features wat jy op 'n warm somersdag kan
geniet. As jy nie bang is vir hoogtes nie, hoekom gaan doen jy nie
die 550 Step Adventure walk, by die Moses Mabhida Stadion nie of as
jy nie so avontuurlustig is nie, gaan bewonder net die stadion vanuit
hul kabelkarretjie!! Daar is soveel om te doen hier in KwaZulu-Natal,
so vind die avontuur soeker in jou en gee hom vrye teuels!
In die Bos: Limpopo of Mpumalanga.
Is jy dalk eerder 'n bosmens. Wel don't fear daar is net soveel om te
doen as by die see. As jy dalk in Mpumalanga is gaan besoek gerus die
antieke Pelgrimsrus vir 'n baie opwindende geskiedenis les of gaan
bewonder ons land se skoonheid by God's Window! Burkes Luck Potholes
is ook 'n Moet-sien as jy in die omgewing is. Al die watervalletjies
en baie interessante rotsformasies gaan jou sommer hipnotiseer met
hul skoonheid.
Of is jy dalk in die wildtuin? Hier kan jy Suid-Afrika se Groot 5 en
baie ander dierlewe sien. Game Drives, stap roets ens daar is soveel
om te doen, jy sal nie wil huis toe gaan nie!
Wat om te dra hierdie vakansie.
Helder kleure is 'n moet- he hierdie vakansie. Pienk, geel en pers
skinny jeans is baie in die mode hierdie somer. As jy eerder 'n
rokkie mens is moet jy vir jou 'n “mullet” dress en 'n paar
wedges aanskaf! As jy by die see is gaan jy natuurlik ook 'n swimsuit
nodig he. Bikini's en One Pieces is baie high fashion, veral in
helder kleure en met patrone en valletjies! Sorg ook dat jy 'n groot
en kleurvolle strandsak het om al jy benodigdhede in te bere. Wanneer jy
see toe gaan sorg dat jy 'n goeie boek het (kyk na ons Moet lees
Boeke) 'n sterk faktor sunblock, 'n hoed en 'n fab paar sonbrille. As
jy alles het dan is jy ready to go en gaan geniet dan 'n lekker dag
op die strand!
Moet lees Boeke vir hierdie vakansie.
Soos julle seker weet is die 2 nuwe Blockbuster movies hierdie
vakansie The Hobbit en Life of Pi ,maar jy moet eers die boeke lees
voordat jy die fliek gaan kyk..Hoekom?.....Want dis AWESOME!!! The
Hobbit deur JRR. Tolkien en Life of Pi deur Yann Martel moet op jou
lysie wees hierdie vakansie. As jy nog nie The Hunger Games Trilogy
deur Suzanne Collins gelees het nie, dan is daar beslis 'n gaping in
jou opvoeding so sorg dat jy dit in die hande kry en lees hierdie
vakansie!! Nog 'n boek wat jy ook moet lees is The Perks of being a Wallflower deur Stephen Chbosky.
Wat om te eet hierdie vakansie.
Ons wil almal mooi lyk in ons swemklere hierdie vakansie so sorg dat
jy 'n gebalanseerde en gesonde dieet volg! Bly maar weg van te veel
vetterige kosse en sjokolades. 'n Vrugteslaai met jogurt vir onbyt is
altyd 'n goeie idee of vervang die jogurt met 'n klein skeppie lae
vet roomys en siedaar jy het 'n heerlike nagereg. Vis bevat ook baie
proteiene en ander belangrike olies, so vis en tjips (nie olierige
slap tjips) is 'n blink idee vir middagete. Drink ook baie water en
vervang gaskoeldrank met water. Die gemiddelde mens moet ongeveer 8
glase water per dag drink... so start drinking....water!! Vir snacks is Jungle Oats Bars The Best in the Business!
Daar het julle nou toegang tot MI se Ultimate Summer Guide. Geniet jou vakansie, rus lekker en moenie jou sunblock vergeet nie!!
Tot wedersiens
MI