Wednesday, October 21

Ons Matriekafskeid!

Ons wil hĂȘ dat ons moet kan terugkyk op hierdie blog en al die gelukkige dinge wat ons gedoen het weer kan beleef. Ons matriekafskeid dag was beslis BAIE gelukkig, so hoekom dit nie met julle deel nie?!
 
Hier is 'n paar foto's van hoe ons gelyk het, vir die mense wat so nuuskierig soos ons is:



 
 
Ja, matriekafskeid is way overrated. Dis soveel tyd en geld en moeite vir net 'n paar ure, maar dit bly nogsteeds... MATRIEKAFSKIED. Mens sien al daarna uit vandat jy jou voete in die skool sit. Dan die actual stress as die tyd nader kom: Waar gaan ek 'n rok kry? Hoe gaan ek my hare doen? Gaan ons betyds wees? O vrek ek moet nog juwele kry! SAAM MET WIE GAAN ONS GAAN?! (Moenie bekommer nie, ons altwee het darem dates gekry!)
Op die actual dag dink ek jy moet net vergeet van die stress en alles net ten volle inneem en jouself geniet. After all, dis nie 'n troue nie, dis 'n kans om vir die mense saam met wie jy op skool is te wys dat jy actually kan mooi lyk as jy wil. (IN YOUR FACE BITCHES!)
 
Laat weet ons hoe jy jou matriekafskeid beleef het!
 
Tot wedersiens!
MI

Saturday, October 3

Dinge wat my irriteer... Part 2

Ek het verlede jaar 'n artikel geplaas waar ek rant oor alles wat my irriteer van soenfoto's tot Facebook! Ek het onlangs egter besef dat daar nog 'n hele paar unresolved issues is, want daar is nog baie ander dinge wat my irriteer. So here goes... Dinge wat my irriteer: Part 2!
Naamloos

Ek weet nie eintlik hoe om hierdie deel te benoem of klassifiseer nie, seker om dit so onbeskryflik irriterend is! Ek het onlangs 'n artikel gelees oor 'n event wat plaasgevind het in Amerika. Een van die joernaliste wat onderhoude op die Red Carpet gevoer het, tweet toe na afloop van die event oor die YouTubers wat daar was en hoe sy nie 'n idee het wie hulle is. Alhoewel dit onprofessioneel is van 'n joernalis om nie ordentlik navorsing te doen oor almal wat die event gaan bywoon nie, was dit NIE die ding wat my teen die mure uitgedryf het nie. O, nee dit was die YouTubers se reaksies. Van die wat gereageer het ingesluit Joey Graceffa en Tyler Oakley.
 Hulle het teruggekap deur te brag oor hulle miljoene kykers, subscribers en volgelinge en hoeveel boeke en whatever hulle al gepubliseer het en hoe verskriklik hard hulle werk...SO asof almal op die aarde nou moet neerbuig in hulle teenwoordighed en as jy nie weet wie hulle is nie dan is jy laer as slakslym! EK was net soos AAAAAAAGGGGG julle is NIE SO BELANGRIK NIE!!! REGTIG!
Facebook = nie jou dagboek nie

Iets wat ek onlangs agter gekom het is dat mense en meer belangrik, Facebookgebruikers onder die indruk is dat Facebook hulle persoonlike dagboek/journal is en dat almal elke oomblik van die dag presies wil weet waar hulle is en wat hulle doen. Ek gaan nou my eerste biologie vraestel skryf...Hou styf duim vas ek onthou alles wat ek geleer het gisteraand. En dan check in by die skool en tag soos 'n 100 mense...Mmmmmm....niemand gee om nie!!!!! Ons wil nie weet wanneer jy 'n steak by die spur in die Vaal Mall gaan eet of wanneer jy kwaad is omdat jou gunsteling Game of Thrones dood is nie of wanneer jou ouma by jou gaan kom kuier nie!
Catfights

Ek is nou al 12 jaar op skool en ek was nog nooit in 'n ernstige fight nie. Ja, ek sit dalk so nou dan bietjie was met iemand, maar dis seriously minor en word op 'n beskaafde manier uitgesorteer. Daar is egter mense wat klaarblyklik leef op fights en skinder en mislik wees. Ooooo Pietie is so verlief op my, maar daai loser Sannie kan hom net nie uitlos nie. Sy soek so aandag en probeer vir Pietie van my af wegvat want sy dink hy wil haar he, maar eintlik hou hy van my OF Het jy gesien Lina het dieselfde rok as ek gekoop. Sy is so jaloers op my en wil net alles he wat ek het...Dit klink soos 'n spul kleuterskool kinders vasgevang in tienerliggame wat net nie wil grootword nie! So ASB kom oor jouself en GET A GRIP!!!!!
Het jy enige pet peeves of dinge wat mense doen wat jou grensloos irriteer? Deel dit met ons sodat ons saam kan praat oor hoe irriterend party mense is en watter dom goed hulle partykeer doe!
Tot wedersiens
MI
P.S Hier is 'n cute kat...

Friday, October 2

Procrastination Station

Daar is geen beter tyd as die hede om te procrastinate nie! (Veral omdat dit nou rekordeksamentyd is...)

Hier is 'n paar dinge wat ek doen in plaas van wat ek actually moet doen:

YouTube
Ja, ja, ja. Almal weet van Zoe Sugg en Tyler Oakley en Jack & Finn en al die res, maar hier is 'n paar van my gunsteling YouTubers waarvan almal dalk nie weet nie (en 'n paar woorde om hulle te beskryf, want wie het tyd vir paragrawe tik?!):
Dodie (doddleoddle): UKELELE! FLOWER CROWNS! CUTENESS!
Tashapolis: BOEKE! FLIEKS! FANGIRLING!
Carrie Hope Fletcher: STORIES! DISNEY! HARE!
Brizzy Voices: GAMING! STEMME! HARRY POTTER!
Hazel Hayes (ChewingSand): KORTFILMS! DRONK WEES! IERLAND!

Boeke
Wat 'n verrassing dat iemand wat letterlik die heeltyd praat oor lees kies om boeke te lees in plaas van skoolwerk doen! Hier is 'n paar wat ek onlangs gelees het wat jy ook sal geniet (dalk, ek ken nie jou lewe nie):
The Queen of The Tearling deur Erika Johansen: Hierdie boek gaan oor 'n 19-jarige meisie wat haar plek op die troon moet vat, sy sal egter lank genoeg moet oorleef om dit te kan doen. The Queen of The Tearling gaan ook 'n fliek wees met Emma Watson in die hoofrol, so get on it!
I'll Give You The Sun deur Jandy Nelson: Hierdie is die storie van 'n tweeling en wat gebeur het dat hulle nie meer so close is as wat hulle eens op 'n tyd was nie. Dit speel in twee verskillende time periods (wat is die Afrikaanse woord vir "time periods"?) af wat dit baie interessant maak. WAARSKUWING: Jy mag dalk emosioneel raak.
Cinder: 'n Dystopian boek waarin die hoofkarakter 'n cyborg is. Dis regtig al wat mens hoef te weet.

TV
Ek is 'n groot fan van belaglike realiteitsreekse. Dance Moms, die Kardashains, America's Next Top Model... You name it en ek is tien teen een verslaaf daaraan. Toe ek uitgevind het dat Lifetime 'n reeks geloods het wat gaan oor die werkers op die stel van 'n realiteitsreeks se lewe was ek net soos YAAASSSS! UnReal is beslis iets wat alle realiteitsreeks-aanhangers moet uitcheck!

OK. Geniet die procrastination aktiwiteite wat ek nou aan julle verskaf het.

Tot wedersiens!
MI