Wednesday, July 8

Vakansie Quick Fixes!

Ons is nou in presies die middel van die vakansie, wat beteken dat die aanvanklike opwinding verdwyn en jy nou net wonder wat om met jou vrye tyd te doen. Ons het 'n quick fix saamgestel sodat jy darem bietjie inspirasie sal kry oor dinge om te doen om jou tyd mee te vul.
 
Reign
Reign is 'n series wat ek so rukkie terug ontdek het (dankie Mieke!) Dit volg die lewe van Mary, Queen of Scots in die 15de eeu en haar lewe in die French Court. Daar is politiese intriges, hot ouens, liefde, scray dele, snaakse dele en die beste van alles... BASH!
 
 
Kyk net na hom!!! Bash is die koning se bastard seun (bedoelende hy is nie die Koningin se seun nie... Skandelik!) Hy word gespeel deur Torrence Coombs, wie se Instagram totaal en all stalkable is met al sy selfies wat ons elke keer warm laat kry.
As jy dink 'n reeks wat in die 15de eeu afspeel is nie vir jou nie... Jy's verkeerd! Kyk net die eerste 3 episodes, dan sal jy gehook wees.
Die tweede season is tans op MNet Edge, maar begin eers by die eerste season!
 
Lees 'n Classic
Ek weet wat jy dink: Ewww! Hoekom sal ek 'n classic lees as ek kan lees hoe Katniss 'n badass is?! Of hoe Augustus vir Hazel verlei?! Of Celaena Sardothien epic assasin goed doen?! (Celaena is van die Throne of Glass reeks... Lees dit! Dis epic!)
Ek dink egter dis belangrik om ten minste so paar classics in jou leeftyd te lees, al is dit net om te sien waaroor al die hype is. My gunsteling classic is The Great Gatsby deur F. Scott Fitzgerald. (Dalk is dit net omdat dit die classic is wat ek die beste verstaan het.)
Ander cool classics sluit in: Tender is The Night deur F. Scott Fitzgerald, Wuthering Heights deur Emily Bronte en Pride and Prejudice deur Jane Austen.
 
 
 
 
 
Kyk 'n Fliek
Hier is 'n paar cool flieks wat ek onlangs gekyk het:
Parkland: Dis 'n biopic van die President John. F. Kennedy assasination en die 3 dae wat volg daarop. Dit gee 'n nuwe perspektief op die gebeure van daardie tyd. Ek moet waarsku, dis nogals emosioneel! (En Zac Efron is daarin! Whoohoo!)
Pleasantville: Hierdie 1998 fliek, met Reese Witherspoon en Toby McGuire, is die storie van twee tieners in die moderne tyd, wat in 'n TV program van die 1950's beland. Dis snaaks en met tye baie heart warming... 'n Moet kyk!
Music and Lyrics: Hugh Grant speel 'n ex-boybandlid wat 'n liedjie moet skryf vir 'n up and coming popster. Hy kry die hulp van die vrou wat sy plante versorg (Drew Barymore) om sy lirieke vir hom te skryf, aangesien hy net musiek kan skryf en suck met lirieke. 'n Super cute romcom wat 'n paar liedjies in jou kop sal laat vassteek!
 
 
Kyk uit vir 'n nuwe MI-siek wat binne die volgende paar dae kom!
 
Tot wedersiens!
MI


Monday, July 6

Fictional Meets Instagram

Soos julle seker al weet, ons is mal oor boeke en fictional karakters en social media. Toe besluit ons hoekom kombineer ons nie al die dinge in een epic blog post nie! Ons het nog altyd gewonder hoe dit dalk sal wees as ons gunsteling karakters in die modern tyd geleef het en hoe hulle op goed soos social media sou wees. Ons het karakters van Lord of the rings, The Hunger Games en Harry Potter gebruik en onsself verbeel wat hulle op Instagram sou post as hulle dit gehad het!

 
President Snow:
 
 
Katniss Everdeen:
 
 
Lord Voldemort:
 
 
Harry Potter:
 
 
Hermione Granger:
 
 
Gandalf, the White:
 
 
Frodo Baggins:
 
 
Ons het die app, Social Dummy gebruik die posts te maak! Dit is beskikbaar in die App store vir Apple en Android produkte en jy kan enigiets van Instagram, Twitter en Facebook posts maak!
 
O, ja....MAAK SEKER JY MIS NIE WIMBLEDON NIE!!! Dis FREAKING INTENSE!
 
Tot wedersiens
MI
 
 
 


Saturday, July 4

#ProudlySouthAfrican


Om te immigreer is deesdae nie ‘n vreemde gesig in Suid-Afrika nie, want soveel mense is oortuig daarvan dat die gras groener aan die ander kant is! Ek sal ook eendag baie graag oorsee wil gaan en dalk daar werk of toer. Een ding is egter seker, Suid-Afrika sal altyd my huis bly, want dit is die beste land! Jy verstik dalk nou aan jou Oros of jou screen is vol van die chocolate koekie wat jy nounet uitgespoeg het. As jy dit nog nie gedoen het nie, hou jou eet en drinkgoed in jou mond en hoor wat ons te sê het terwyl ons jou gaan oortuig hoekom Suid-Afrika tops is!

 Natuurrampe, wat’s dit?

Amerika word jaarliks geteister deur grootskaalse natuurrampe soos Tornado’s,aardbewings en orkane. Lande in Asië, soos Nepal, word ook dikwels getref deur groot aarbewings en tsunami’s. Hoekom mag julle dalk vra, beleef Suid-Afrika nie sulke groot rampe nie? Wel uit ‘n geografiese oogpunt kan jy sê dat Suid-Afrika in die middle van ‘n tektoniese plaat geleë is en nie op die grens tussen twee plate nie. Dus word ons nie geaffekteer deur botsings tussen plate nie. Uit ons oogpunt…SA RULE en is te cool vir natuurrampe!

 Ons is ‘n taalinkleurboek:

Suid-Afrika het 11 amptelike tale…11! Sotho, Zulu, Xhosa, Engels en Afrikaans is maar net ‘n paar van die tale at deur Suid-Afrikaanse inwoners gepraat word. Jy kan enige plek in die land wees en ten minste 3 inheemse tale rondom jou hoor, wat ons dink pretty epic is!

 Het jy al Suid-Afrika gesien?

Ons sal onsself nou nie meester reisigers noem nie, maar Suid-Afrika is sonder twyfel een van die mooiste lande in die wêreld! Van die oop vlaktes van die Karoo tot die pragtige Kaap of die sub-tropiese KwaZulu-Natal.  Hier is iets vir almal en iets vir elke smaak en voorkeur…ok nou klink ek soos ‘n pamflet vir ‘n reisagentskap, maar dis die waarheid!

 Trots.

Ons as Suid-Afrikaners het soveel om op trots te wees. Daai gevoel as ons saam as ‘n nasie ‘n Springbok rugbywedstryd kyk, die gevoel toe lande van regoor die wêreld hier byeengekom het vir die 2010 Sokkerwêreldbeker, die gevoel as ons Vryheidsdag as ‘n demokratiese republiek vier. Dit is ‘n trots wat jy nêrens anders sal ervaar nie, want dit is nie jou land nie, hierdie is!

 Daar is ander lande wat pragtig is en wat skoonhede van hul eie het, maar maak nie saak waar ek eendag in die wêreld is nie, Suid-Afrika sal altyd my land bly en ek is trots op die Reënboognasie!