Sunday, March 15

Luister hier!

Hierdie is nie eintlik een of ander wonderlike post wat ek nou gaan maak wat jou siening oor die lewe gaan verander of jou gaan laat dink of jou idees gee of enigiets soos dit. Ek wil net iets friggin awesome met julle deel.
 
Ek haat rap musiek. Soos regtig. Ek vind dit uiters irriterend en as ek twee keer in 'n ry na 'n rap liedjie moet luister sal my hele dag sommer omgekrap wees.
MAAR WAG.
Wat as mens klassieke musiek en rap kombineer? Dis reg! Ek het iets gevind. Iets wonderlik en weird en ek kan nie verstaan hoe dit werk nie, maar LUISTER DIT NET:
 
 
Moenie my sĂȘ jy kan net SIEN jou jou gaan groove met hierdie mashup in die toekoms nie?!
Dis genoeg om my in 'n rap fan te verander, seriously.
 
OK, dis al.
 
Tot wedersiens!
MI