Monday, September 30

Die flieks van die vakansie!


Hello mense van MI Watch! Die vakansie is 'n wonderlike ding en as ons die woord vakansie hoor dink ons: TV, fliek, lees, TV, fliek, lees! Ons het al die kuns van TV kyk vervolmaak en al die New Releases wat ons in die hande kon kry, gekyk. Hier is vir julle, ons lesers, 'n gids vir van die beste must-see flieks wat ons hierdie vakansie gekyk het.
 Django Unchained
Ons is nie regtig 'n groot aanhanger van Western flieks nie, so dit is dus nie die no.1 keuse op ons lysie nie. Daar is egter, deur van ons familielede, aanbeveel om Django Unchained te kyk en dit is presies wat ons gedoen het! Met Jamie Foxx en Leonardo DiCaprio (I van MI: OMS OMS OMS Leonardo DiCaprio... fangirl worthy!) het ons sommer geweet dat hierdie 'n goeie fliek gaan wees en ons was nie teleurgestel nie. Dit is 'n lekker aksie fliek, met baie donker humor in en ons het dit vreeslik geniet. Alhoewel daar 'n hele paar grusame tonele in was (Wees gewaarsku, die tonele is NIE vir sensitiewe kykers NIE), was die storielyn interessant en BAIE snaaks!

 The Impossible
Ons hou daarvan om so elke nou en dan 'n hartseer, ware verhaal te kyk en ons oë leeg te huil. Ons
drama keuse vir hierdie vakansie was The Impossible. Dit gaan oor 'n gesin wat met vakansie was op 'n eiland in Thailand toe die verwoestende tsoenami in 2004 die eilande getref het. 'n Vrou en haar een seun word geskei van haar man en hul ander seuns toe die tsoenami kom. Die vrou en baie ernstige beserings opgedoen en jy weet nie of sy dit gaan oorleef nie! Hierdie fliek het ons hartsnare geroer! Jy moet net hierdie fliek kyk, jy het nie eers 'n keuse in hierdie saak nie!
 2 Guns
Die M van MI is letterlik verslaaf aan aksie flieks en daarom MOES sy net die nuwe aksie, 2 Guns www.jip.co.za
met Mark Wahlberg en Denzel Washington gaan kyk. Die fliek gaan oor 2
mans, een is 'n polisie offisier en die ander in 'n Navy Intelligence offisier. Hulle werk saam in 'n undercover mission, maar die een weet nie die ander een is ook undercover nie! Toe hulle uitvind van mekaar se ware identiteite is daar chaos, maar hulle het erger probleme. Hulle het 'n gemeenskaplike vyand gemaak tydens hul missie en hy wil hulle doodmaak! Nou moet hulle saamwerk om die enemy te oorwin en HOM te vermoor! Alle aksievrate MOET 2 Guns gaan kyk wat nou in die flieks wys, want dit is hilarious! Gaan lees Mieke se resensie van die fliek op Jip se webwerf
 Olympus has Fallen
Daar is so baie flieks, waar evil terroriste die President van Amerika aanval en die White House wil oorneem. Olympus has Fallen is presies so 'n fliek, maar ons is oortuig daarvan dat dit die beste een nog is! Mike Banning aka Gerard Butler (Hotness!) was een van die president se persoonlike
lyfwagte, maar na 'n ongeluk waarin die president se vrou gesterf het, het Mike bedank en kantoorwerk begin doen. Dit is egter totdat hy homself as die enigste oorlewene, behalwe vir 'n klomp gevangenes, in die White House bevind in die middel van 'n terroriste aanval! Nou is dit sy werk om die president se lewe te red en self ook aan die lewe te bly. Ons het letterlik op die punte van ons stoele gesit van spanning tot in die heel laaste minuut van die fliek, want dit is net so AWESOME!
The Europa Report
Imagine dis so paar jaar van nou af en wetenskaplikes het besluit om die onmoontlike te doen: Hulle gaan mense die verste in die ruimte stuur as wat iemand nog ooit was! Meer spesifiek... Na een van Jupiter se mane! Of course vat hierdie mission ongelooflik lank... Actually, langer as 'n jaar. Nou, as ons vir amper 2 jaar lank in 'n klein spaceship saam met 5 ander mense moes sit sou dit cray-cray gewees het. Hierdie mense word actually nie so cray-cray nie, maar 'n paar gebeurtenisse veroorsaak dat hulle baie naby daaraan kom. Dis nogal 'n alternative fliek, maar ons hou van alternative, so... YAY!
 
Under The Dome
Ok, ok. Ons weet hierdie is nie 'n fliek nie maar ASDFGHJKL hierdie series is verslawend! 'n Hele dorp word onder 'n random dome getrap en nou moet hulle probeer oorleef en hulle moet hulle geheime probeer wegsteek... ACCCCKKK. Hierdie series is seriously perfek! Barbie (wat 'n dude
is) is super hot, Joe is super hot, daar's 'n miljoen plot twists en die hele ding is net epic. Die beste van alles? Die tieners is die belangrikste deel van die hele series! Steven King het self die screenplay geskryf volgens sy boek met dieselfde naam EN Steven Spielberg is 'n producer hiervan (need I say more?). As jy hierdie series gekyk het sal jy fangirl vir 'n maand lank en wie wil nou nie fangirl nie? Seriously, kyk dit net. Jy sal nie spyt wees nie! (Kan ons net vir 'n oomblik praat oor die koei wat in die helfte gechop word tydens die eerste episode?!)
 
Hierdie was MI se moet-kyk flieks van die vakansie! Het jy van hierdie flieks gekyk? Wat is jou
moet-kyk flieks van die vakansie? Laat weet ons in die comments!
 
Tot wedersiens!
MI
 

Saturday, September 28

MI FBI: Hello Emmys!

Die wenners van die Emmy Awards is aangekondig, maar almal gons nogsteeds oor wat die sterre gedra het. Gewoonlik fokus FBI op wat die dames sowel here gedra het, maar omdat die dames so geskitter het tydens hierdie spoggeleentheid is MI FBI: Emmy’s ‘n eksklusiewe Girls Only weergawe. Lights…Camera’s… Action!
Die Show Stoppers:
Hierdie is die dames wat die wêreld na hulle asems laat snak het, met hulle beeldskone uitrustings! Ons het show stoppers van hulle verwag en is nie teleurgestel nie!

Sofia Vergara van die treffer reeks Modern Family het ongelooflik gelyk in ‘n skelrooi Vera Wang skepping! Haar figuur is beslis een van haar geheime wapens en hierdie rok en al haar kurwes perfek beklemtoon.
Allison Williams van die komedie reeks Girls het eenvoudig, maar steeds elegant gelyk in ‘n koningsblou Ralph Lauren rok en baie bold Fred Leighton juwele. Haar donkerbruin lokke het so effortless gelyk, en het perfek by die rok gepas.
Emily Deschanel van Bones het die nuwe ‘lace trend’ gerule in ‘n grys eenmou Houghton rok. Haar up hairdo het so mooi gepas by die rok en har eenvoudige grimering het dit perfek afgerond.
MI se Best Dressed van die aand gaan egter aan Sarah Hyland. Die jong ster van Modern Family het geen probleem om show stopper rokke te dra nie en sy doen dit weer! Sy het gewaagd en terselfdetyd beeldskoon gelyk in ‘n donkergroen Carolina Herrera rok. Haar donker grimering en eenvoudige haarstyl het ook gelyk asof dit spesiaal vir die uitrusting gemaak was. Sy het beslis ‘n paar sterre groen van jalousie gelaat!
Ander sterre wat ons na ons asems laat snak het was Linda Cardellini van Mad Men in ‘n pienk Donna Atelier, Taylor Schilling van Orange is the New Black in ‘n wit Thakoon skepping, Kaley Cuoco van die komedie Big Bang Theory in ‘n maroon Vera Wang en Anna Gunn van Breaking Bad in ‘n unieke uitrusting van Romona Keveza.
Die Fashion Failed:
Dit was egter nie net maanskyn op die rooi tapyt nie! Daar was ‘n paar riller uitrusting keuses onder die klomp sterre en MI het die ergste van die ergstes gekies.

Julianne Hough is vir my een van die mooiste aktrises in die bedryf, maar haar keuse was net nie my smaak nie. Dit was ‘n deursigtige Jenny Packham rok met glitter en af moue. Die deursigtigheid van die romp was egter nie vir my die afdraaipunt nie, maar die moue. Dit het te laag en te styf gesit. Dit het ongemaklik gelyk, so asof sy nie haar arms kon beweeg nie. Die rok is een wat veel eerder vir die ballroom danse gehou moet word.
Jessica Pare van die reeks Mad Men het beslis nie op haar beste gelyk in ‘n seeblou Oscar de la Renta rok nie. Die boob tube het soos punte uitgestaan en die voorkant het gelyk asof die ontwerper uit lap uit gehardloop het. Die kleur het pragtig gelyk saam met haar vel en donker hare, maar die ontwerp was net nie ons smaak nie.
Zosia Mamet van die reeks Girls het… ek is jammer om dit te sê… WALGLIK gelyk. Haar rok is beloon met die Worst Dresses titel by die Fashion Police, maar is nog nie MI se ergste nie. Sy is egter baie naby. Die veelkleurige rok van Honor, met die vreemde “boob mask” en stuk lap wat by haar keel opkom is net weird.  Dit lyk of ‘n kleuter se verf op die rok uitgeval het. Gelukkig het haar hare mooi gelyk, maar dis ook al hoogtepunt.
En uiteindelik is dit tyd vir FBI se Worst Dressed! En die titel vir beloon aan…drum roll please… Lena Dunham van Girls. Haar blompatroon Prada rok was glad nie vleiend vir haar figuur nie en die tatoeërmerk op haar regterarm het ook glad nie goed gelyk nie en sy kon dit liewer toegemaak het. Haar hare en grimering het ook soos ‘n skoolkind s’n gelyk! Die is nou een rok wat my nagmerries sal gee.
Ander sterre wat ons glad nie beindruk het met hul rokke nie, sluit in January Jones in ‘n vleeskleur skepping, Claire Danes van Homeland in ‘n cream Armani (Inlas deur die I van MI: Is jy mal?! Sy het STUNNING gelyk! Sy was een van my BEST DRESSED van die aand!), Aubrey Plaza in ‘n swart Marios Schwab en Lena Headey van Game of Thrones in ‘n swart lace Alessandra Rich skepping.
Dit was MI FBI by die 2013 Emmy Awards! As jy saamstem of verskil met van ons keuses laat ons weet en kies jou Best en Worst Dressed! Onthou ook om MI senuwe video’s op Youtube te gaan kyk en ons eksklusiewe video’s op JIP seYoutube kanaal!

Tot wedersiens!
MI

Sunday, September 22

Good Food and Wine Show!


Nog 'n dag, nog 'n belewenis vir MI. Die I van MI was onlangs by die Good Food & Wine Expo by die Coca-Cola Dome en dit was fantasties! Nie net omdat ek soveel kon eet as wat ek wou nie, maar omdat ek vir the one, the only... HAYDEN van Masterchef Australia gesien het! Nie net dit nie, maar hy het 2.75 tree van my af weggestaan... Ja, ek het amper flougeval.

As mens by die Dome instap is daar 'n walm van reuke wat mens tref... soosin BAM! Daar's kaas, brood, chillie, eksotiese kosse en soetgoed galore. Om elke hoek en draai is daar kos wat mens kan proe (lekker kos!) en almal wat by die expo was was gelukkig, want wie hou nou nie daarvan om lekker te eet nie?

Ek was eintlik net daar vir een rede: Ek MOES vir Hayden van Masterchef Australia sien. Al neem ek nie 'n foto saam met hom nie, ek moes net sy wonderlike vuilblond hare en stuning smile en hot bo-arm spiere sien voor die einde van die dag. DIT HET TOE GEBEUR! Ek kon vir 'n uur lank na Hayde staar toe hy 'n kosmaak demo aangebied het by die Woolworths Real Food Theatre. Wees van een ding verseker: Hayden KAN kosmaak! Daar kon so 10 mense saam met hom werk aan die resep, maar ongelukkig was ek te laat vir 'n kaartjie! Mens kan seker ook nie alles kry nie... Hy het darem baie rondgeloop en met die gehoor gepraat, so dit het nogsteeds gevoel asof ek deel was van alles.

Na Hayden se show het ons bietjie meer tussen die stalletjies rondbeweeg. Ek loop nog lekker en kou aan 'n stukkie fudge, toe... BAM! Sien ek vir Leandri en Seline van Masterchef SA! Ek het totally
begin fangirl. Ek kon nie eintlik 'n foto saam met hulle neem nie, want hulle het 'n koffiemaak demo bygewoon. Dit sou soortvan akward gewees het as ek tussen die stoele igeskuif het en gegil het dat hulle 'n foto saam met my moes neem.

Nadat ek gekalmeer het omdat ek Seline en Leandri (Eeeep!) gesien het, BAM! Daar staan Tiron, wat ook an Masterchef SA deelgeneem het! Ek was nog besig om uit te freak, toe kom ek agter hy staan in 'n ry vir... Gary Mehigan! Gary is een van die
beoordelaars van Masterchef Australia! Ek wou in die ry staan vir 'n foto en handtekening, maar toe kom ek agter dat al die mense die Masterchef kookboek vashou... Dit sou totes akward gewees het as almal sy boek gekoop het en ek kom daar aan met die expo se program vir hom om te teken...
Dit was egter nie 'n totale loss nie, want net daarna het ek Gary se Q&A session bygewoon by die DSTV booth. Hy was hilarious en het my lusgemaak om voor die stoof te gaan staan sodra ek by die huis kom. (Ek het toe nie, my ma het).

All in all was die Good Food & Wine Show AMAZING en kan ek nie wag vir volgende jaar s'n nie... Veral nie as iemand so hot soos Hayden weer daar gaan wees nie!

Tot wedersiens!
MI

Saturday, September 14

Hotness onder die jong Bokkies!

Ons het onlangs 'n versoek van een van ons getroue lesers Jean-Mari du Plessis gekry om 'n artikel te skryf oor al die mooi nuwe Springbokspelers. Na intense navorsing het ons agter gekom dat die hotness in die Bokspan kookpunt bereik het! Liewe lesers , ons stel aan julle voor: Ons 6 hotste Springbokspelers!
Willie le Roux
Hy is gebore op die 18 Augustus 1989 en is 24 jaar oud. Hy is 1.86m lank en speel heelagter of vleuel vir die Springbokke en die Vrystaat Cheethas. Hy het so 'n hot scruffy look en laat my baie dink aan 'Barbie' van Under the Dome. Vir die van julle wat nie Under the Dome kyk nie, Barbie is 'n man... wat super hot en super sexy is! Willie is 'n redelike nuwe gesig in Suid-Afrikaanse rugby, maar ons hou van wat ons sien! Follow hom op Twitter: @wjjlerouw
Francois Louw
Hy is gebore op 15 Junie 1985 en is 28 jaar oud. Hy speel vir die Springbokke en het altyd vir die Stomers gespeel, maar speel tans vir 'n ander klub. Hy is 1.85m lank en speel flank. Hy het swart hare, fab blou oë en dan supersexy ABS! Ek weet nie wat dit is met ouens en swart hare nie, maar dit maak hulle soveel mooier en Francois Louw is beslis geen uitsondering nie! Follow hom op Twitter: @FloLouw


Eben Etzebeth

Hy is gebore op 29 Oktober 1991 en is 21 jaar oud. Hy is 2.03 m lank en verteenwoordig Suid-Afrika as 'n Springbok en 'n Stomer. Hy speel slot en is al beroemd vir sy fisiese en aggressiewe spel, maar dit is beslis nie vir ons 'n turn-off nie! Dit beklemtoon slegs die feit dat hy jou sal kan beskerm as jy 'n damsel in distress is. So watch out baddies! Ek hou veral daarvan as hy die All Blacks so stormloop sonder genade, want regtig, wie hou nou van hulle?! Follow hom opTwitter: @EbenEtzebeth
JJ Engelbrecht

Hy is gebore op 22 Februarie 1989 en is 24 jaar oud. Hy is 1.90m en speel vleuel of binne senter vir die Springbokke en die Blou Bulle (MI se SPAN!) Hy is ook taamlik nuut, maar het beslis al sy merk in Suid-Afrikaanse rugby gemaak en is in ons Official Boek van Hotness (Dit is REAL!). Hy is lank, hot en handsome en het daardie kenmerkende hottie rugbybene! Follow hom op Twitter:@JJ_Engelbrecht
Jan Serfontein


Hy is gebore op 15 April 1993 en is 20 jaar oud (NET 4 JAAR OUER AS ONS!). Hy is 1.87m lank en speel senter vir die Blou Bulle en die Springbokke. As hy sy verskyning op die veld maak gaan MI se hot-rader mal, want hy is super cute! Met sy wilde hare en adorable smile is hy net so loveable! Ek dink beslis hy is op my lysie van moontlike Matriekafskeid dates! Follow hom op Twitter: @SerfonteinJan
Patrick Lambie:

Hy is gebore op 17 Oktober 1990 en is 22 jaar oud. Hy is 1.77m lank en speel heelagter, losskakel of senter vir die Sharks en die Springbokke. Ons het die beste vir laaste gelos liewe lesers! Patrick Lambie is SONDER TWYFEL die cuteste rugbyspeler in die geskiedenis! Sy hare en gesig en sommer net alles is perfek en ek love dit om vir hom te kyk! Hy het ook dan nog HOPE talent en is nie net 'n prettyboy nie! Ek is nou maar jammer vir sy huidige meisie, maar ek dink ONS is meant to be! Follow my future BF op Twitter: @PatLambie
Vir almal wat hierdie gelees het: Ons is nie mal of weirdo stalkers nie (Uitsluitend vir One Direction), ons waardeer net die geskenke van Hotness wat  vir ander gegee is op 'n baie intensiewe wyse... doodnormaal! Ons hoop julle het hierdie geniet en as julle het, laat weet ons wie dink julle die mooiste rugbyspeler is. Ons gaan nou verder fangirl oor hot mense!
Tot wedersiens!
MI

Sunday, September 8

Nuwe Video! BEST SONG EVER: DANCE VERSION!


'n Naweek van Premieres!



Ons het nooit gedink dat ons 'n uitnodiging sal kry na 'n eksklusiewe premiere van 'n fliek, of ons 'Press Pass' kaartjies omhoog sal hou nie, maar toe die naweek aanbreek was dit beslis een vir die Mieke en Ingrid rekordboeke! Dit was 'n wilde, woeste en opwindende naweek van premieres!

Die eerste premiere was die van die nuwe Disney fliek: Teen Beach Movie met Ross Lynch en Maia
Mitchell. Die tema van die funksie was biker of surfer.
Toe ons daar inkom het ons ingecheck by die Media & Celebs afdeling (Eeep!) Kelners het met snacks en drinkgoed rondgeloop, daar was 'n rooi-tapyt waar foto's geneem was van al die belangrike gaste (insluitend ons!) EN die 7de Laan aktrises, Melanie Du Bois en Ingrid Paulus asook Suid-Afrikaanse surfer en model Roxy Louw was ook daar en ons het die geleentheid gekry om bietjie met hulle te gesels!
Press passes!
Ons het soos 'n bekende Hollywood celebs gevoel, terwyl ons met die regte bekendes gemingle het! Gratis springmielies en koeldrank en fliek later is die ervaring verby, maar dit was in ons geheue ingegraveer en die herinneringe sal beslis nog lank by ons bly!

Volgende op die lys was een van die excitingste events wat MI nog ooit bygewoon het! Soos julle teen hierdie tyd al seker weet is ons One Direction fangirls, ons stalk hulle (op 'n totes normaleDirectioners! Dis reg... MI het die Suid-Afrikaanse premiere van This is Us bygewoon, 2 maande voordat die res van die land dit kon sien! As jy nou nog nie begin hiperventileer het nie, stel ek voor jy doen dit nou, voordat die awesomeness te veel raak.
manier) gereeld en is trotse
Toe ons by die fliek aankom was daar 'n cardboard cutout van ons 5 gunsteling ouens en ons het nie op ons laat wag om foto's saam met hulle te neem nie, Ja, ons het vir die (karton) Harry Styles en Niall Horan soentjies gegee. Nee, ons is nie skaam daaroor nie.
Toe ons in die fliek sit was dit asof al die fangirls van Suid-Afrika bymekaargekom het om die wonder van One Direction te beleef. Elke tweede persoon het 'n One Direction hemp aangehad, daar was mense wat met One Direction poope rondgeparadeer het en die hele fliek het terwyl ons gewag het Best Song Ever saamgesing. Dit was 'n oomblik wat geskiedenis gemaak het.
Tydens die fliek was daar natuurlik die regte hoeveelheid gegillery, fangirling en hartaanvalle. One Direction: This Is Us was perfek.


Ons voel asof ons nou regte premiere mojos is. Tussen ons het ons al die Teen Beach Movie, This Is Us, Epic, Spud 2 en Skyfall premieres bygewoon. Die M van MI gaan binnekort die Smurfs 2 premiere bywoon en ons is gereed vir nog vele meer wat kom. (Ja, ons besef dit het totally snobisties geklink, nee, ons is nie spyt nie.)
So asseblief... HOU AAN OM ONS TE NOOI VIR PREMIERES!

Tot wedersiens!
MI

Sunday, September 1

MI-siek 4! (Die blergh weergawe)

 
Hierdie was 'n powere week vir musiek...
 
Applause- Lady Gaga
Lady Gaga is terug met haar nuutste single Applause. Mens sal verwag dat dit iets heeltemal over the
top moet wees (of iets waaroor die skindertonge sal praat vir 'n week), maar dis egter net 'n doodgewone liedjie. Niks spesiaal nie en definitief nie iets wat op my playlist gaan kom nie. As jy 'n groot fan van Gaga is sal jy dit seker meer geniet, maar as iemand wat nie juis 'n voorliefde vir haar het nie is hierdie liedjie maar 'n bore.
 (Wees gewaarsku, dis in ware Lady Gaga styl).
 
Wrecking Ball- Miley Cyrus
Mens sal verwag dat hierdie liedjie afgryslik is na Miley Cyrus optrede by die VMA's, maar hierdie liedjie is actually cool. Volgens my is dit way beter as We Can't Stop. Dis nou nie die volgende
musikale meesterstuk nie, maar dis lekker om na te luister en mens can Miley se stem goed hoor in die liedjie, wat haar talent bevestig (want sy't dit nodig). Hou maar hierdie liedjie dop, dit gaan oor so paar dae tot vervelens toe oor die radio gespeel word.
 
Almost Is Never Enough- Ariana Grande ft. Nathan Sykes
Ek verwag groot dinge van Ariana. Sy het onlangs op my lysie van gunsteling sangers gekruip, maar
hierdie liedjie is 'n huge teleurstelling. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis 'n cool liedjie vir 'n chill uit dag, maar dis eintlik boring. Ek weet party liedjies het nie noodwendig 'n beat nie, maar hel, daar kon ten minste bietjie variasie hierin gewees het. Nathan hierin is, wel... Nie perfek nie. (En dit het niks te doen met die feit dat hy in The Wanted is nie... Of dalk is dit). Ariana se stem hierin is soos gewoonlik fantasties, maar sy kan ook maar net soveel doen om 'n suckish liedjie te red.
 
Replay- Zendaya
Uggh... Is daar geen musiek wat absoluut fantasties is hierdie week nie?! Hierdie liedjie klink presies soos al die ander liedjies wat wannabe-hits is. Zendaya klink presies dieselfde in elke deel van die
liedjie. Die beat is ongelooflik boring. As sy so aanhou, gaan sy defintief nie meer as 'n Disney ster kan wees nie.
 
Acck. Weet julle wat? Aangesien hier amper NIKS oredentelike nuwe musiek is wat uitgebring word nie, want van JULLE laat weet ONS watter musiek ons oor moet skryf? Ek hoop van harte dat ek net al die goeie liedjies misgekyk (of gehoor...) het.
 
Tot wedersiens!
MI