Saturday, August 17

FBI vlieg deur die Teen Choice Awards 2013


Uiteindelik het die groot dag van die Teen Choice Awards aangebreek en dit was selfs beter as wat ons gedink het dit sou wees! MI is nou in  FULL BLOWN TEEN CHOICE MODE! Daarom, liewe lesers, stel ons aan julle voor: FBI by die Teen Choice Awards!
 
Die Beauties:
Van die nominee's en hosts en dates en wenners het beslis uitgehaal en gewys op die Blue Carpet en 'n paar van die uitrustings het my asem weggeslaan! Selena Gomez het ongelooflik, soos altyd, gelyk in 'n groen midi rok met 'n gewaagde slit. Die kleur het perfek by haar donker hare gelyk en dit was net so mooi!

Dit was 'n baie hartseer aand vir die Glee cast. Almalprobeer nog om Cory se dood te verwerk. Die het egter nie vir Lea Michele gekeer om op haar beste te lyk nie! Sy het 'n cute mini rokkie aangehad met 'n
cherese pink rompie en 'n ligpienk bokant. Dit is beslis iets wat ek sal koop!

Lucy Hale was een van die hosts en sy het asemrowend gelyk! Sy was sonder twyfel my best dressed vir die hele aand. Sy het 'n wit 2-stuk rok aangehad en swart ankle skoene en dit was beslis 'n look I would kill for! Haar co-host Darren Criss het ook baie aantreklik gelyk met 'n gemaklike pak en skelblou das.
 Nina Dobrev het weereens 'n fashion waagkaans gevat met 'n abstrakte jumpsuit met 'n lae snit, maar hierdie look het vir haar gewerk. Ek is seker haar eks, Ian Somerhalder, kon nie sy oë van haar afhaal nie!
 
Kerry Washington het baie cute gelyk! Sy het 'n wit mini aangehad met 'n klomp hartjie en lip patrone op. Dit was oulike en anders! Little Mix het beautiful in black gelyk! Elk met 'n mooi, sexy en daring swart uitrusting.

Nou vir die manne... Liam Hemsworth het baie handsome gelyk met 'n swart broek en vuil blou hemp. Logan Lerman het soos sy ongelooflike cute self gelyk in 'n blou hemp en dan...

ONE DIRECTION! Hulle het almal so laidback en terselfdetyd SUPER sexy gelyk! And can we please take a moment of silence for Harry's hat (perfeksie!)
 
Ander mense wie my oog gevang het was Sandra Bullock, Michelle Rodriguez, Ian Somerhalder en die Jonas Brothers.
 Die Not-so-Beauties:
Miley Cyrus het groot gewen die aand, maar beslis nie in die fashion kategorie nie! Sy het net swart gedra met 'n deursigtige bo-stuk en wit skoene. Beslis nie een van haar beste keuses nie!
 
Demi Lovato het die rebel-look 'n bietjie te ver gevat met 'n over-sized swart blazer, 'n swart leer broek en swart stewels. Het sy
miskien verdwaal oppad na 'n begrafnis toe?

Ashley Benson is so mooi, maar sy het 'n swart en navy mislukking aangehad wat net in my ouma se kas hoort!

Bella Thorne se rokkie het 'n ongelooflik snit gehad maar aaklige materiaal! Sy het gelyk soos 'n poskaart van Florida. Gelukkig was haar skoene totes adorbs!
Lily Collins....haar rok moet verban word... Dit moet vermoor word... Daar is net een woord vir haar outfit: BLERGH! (Inlas deur die I van MI: HEI! Ek was mal oor haar rok! En OMS totes embaressing vir Lily en Bella wat dieselfde rok-materiaal gehad het!)

Rebel Wilson was Rebel Wilson... 'Nuff said.

Abigail Breslin se nuwe blonde hare werk nie vir my nie en ook beslis nie haar outfit nie! Sy het soos 'n jonger wannabe weergawe van die Queen gelyk
met 'n seeblou rok, gebreide truitjie en nude skoene. Dit was die verkeerde Vintage uitrusting!
 
Op 'n ander noot... Ons het onlangs so 'n bietjie juicy nuus oor Selena Gomez gekry. Foto's van haar en Taylor Lautner het gesurface en hulle het “baie cosy” gelyk... Miskien romantically cosy?
 Tot wedersiens!
MI
 
PS, HARRY STYLES SE TWERK!!!! OMS OMS OMS!!!
DIRECTIONARS HEAVEN!

Saturday, August 10

Wat jou drome van jou sê!

Het jy al ooit deur 'n tydskrif geblaai en dan... BAM! Daar spring 'n advertensie uit wat sê: 'Wat sê jou drome van jou? Gaan na ons website om uit te vind!' Jy tik dan haastig die website by Google en... jy moet betaal om uit te vind wat jou drome nou eintlik van jou sê.
 
Wel, moenie vrees nie! MI Watch is hier om te verseker dat jy kan uitvind wat jou drome van jou sê, sonder om gescam te word! (En dis 100% akkuraat... Ummm, soortvan.)
 
As jy droom van...
 
One Direction
OK, ons erken. Ons het al meer as een keer van One Direction gedroom. Volgens ons kan dit net 1 ding beteken: Ons is destined om met al 5 van hulle te trou. (Ja, al 5). Jy't gedink ons gaan sê as jy van One Direction droom is jy te obsessed, nê? Dit sou egter beteken dat ons meer as obsessed is so umm... Ons delude onsself om in die posiewe te glo.
 
Superheroes
Obviously as jy van superheroes droom het jy een of ander super power en jou drome is jou onderbewussyn wat jou daarvan wil laat weet. Was jy al ooit deur 'n radio-aktiewe spinnekop gebyt?
Doen cryptonite iets aan jou? Het jy 'n obsessie met vlermuise? Ek dink hierdie is vrae wat jy aan jou ouers sal moet vra, aangesien hulle obvioulsy jou superpowers en superhero-costume vir jou wegsteek vandat jy kind was.
 
'n TV Show
Droom jy meer as gereeld van CSI? Of het jou vorige droom die hele cast van Glee ingelsuit? Het
jy 'n week terug gedroom dat jy Masterchef SA wen? Dis okay. Dis normaal. As jy droom van jou gunsteling TV shows beteken dit dat  jy tien teen een eendag die executive producer daarvan gaan wees. Ek meen, jy kyk dit elke week soos 'n verslaafde, jy kan al die karakters in en uit, jy weet presies wat die fans wil hê (want jy is self een) en face it, jy gaan eendag met die hoofkarakter trou.
Kos
Jy's honger. Eet.
 
Jou troeteldier
As jy droom van jou troeteldier beteken dit dat jy een van die min mees talentvolle persone op die hele wye aarde is. Ja my vriend, jy
kan met diere praat. Die volgende keer as jy van jou troeteldier droom, word wakker, spring op en hardloop na jou hond/ kat toe. Vertel hom/ haar dat jy weet. Jy weet jy kan met diere praat en BAM! Jou troeteldier sal terugpraat! As dit nie dadelik werk nie sal jy dalk eers op een been moet staan en Amerika se volkslied sing terwyl jy noedels op jou kop balanseer.
 
Sneeu
Wees BAIE versigtig. As jy droom van sneeu beteken dit dat daar deur die nag klein kabouters kom nes maak het in jou tuin. Wanneer jy die volgende oggend wakker word sal jy hulle so gou moontlik
moet opspoor, andersins gaan jy nooit jou 3 wense kry nie. Sodra jy die kabouters gekry het moet jy vir hulle jou huiswerk gee. Jou onderwyser sal verstaan (en anyway, dis 'n beter verskoning as "my hond het my huiswerk geëet"). Glo ons. Dis 100% waar. Amper so waar soos die keer toe daar vir ons gesê is dat Jack Parrow gearresteer is.
 
Hopelik help hierdie artikel jou om jou drome op te klaar. Dit het definitief vir ons gewerk en glo ons, dis baie akkuraat.
 
Op 'n ander noot: WAT IS BESIG OM IN DIE ONE DIRECTION FANDOM TE GEBEUR?!
 
Tot wedersiens!
MI
 


Monday, August 5

FBI tref die Young Hollywood Awards!

 
Dames en Here, ons verwelkom julle by die vierde uitgawe van MI se FBI! Dit was onlangs die Young Hollywood Awards in Los Angeles en die jong sterre het uitgehaal en gewys... soms 'n bietjie te veel!
 
Aisha Taylor was die host van die 2013 Young Hollywood Awards en sy het baie been gewys met 'n kort silwer moulose rokkie. Die rokkie was 'm bietjie kort vir my smaak, maar dalk is dit ook omdat ek nie sulke bene het nie. Hulle sê mos nie verniet: “If you've got it, flaunt it” nie!
 
Crystal Reed het 'n walglike blompatroon skemerkelkie rok met 'n hoë halslyn aangehad en beige/goue skoene daarby. Die kombinasie het net nie vir my
gewerk nie en die blompatroon was alles behalwe vleiend.
 
Die jong sanger, Austin Mahone het nie sleg gelyk nie, maar vir my was hy net soos tweede weergawe van Justin Bieber. Ek sê nie sy musiek is soos JB nie, maar met die uitrusting het hy soos die tiener biljoener se ewebeeld gelyk. Sy beige en wit baadjie en swart hemp en broek en die goue hangertjie het gelyk of hy miskien 'n nuwe Bling Ring bende gestig het en JB se klerekas beroof het! Jammer Austin!
Daar was egter 'n hele paar asemrowende uitrusting en my gunsteling was Lucy Hale van Pretty Little Liars s'n. Sy het 'n wit en swart lacy 2-stuk
aangehad, 'n dun swart belt om die middel en dun swart bandjies skoen. Ek was versot op die uitrusting en wens ek kon so 'n nommertjie hê vir as Niall Horan my uiteindelik op 'n date vra!
 
Kelly Osbourne het soos haar oulike vrolike self gelyk in 'n geel skemerkelkie rok met 'n gewaagde halslyn en 'n goue clutch. Sy het soos 'n sonstraaltjie gelyk!
 
Dave Franco en Ian Somerhalder het maar net soos hulle sexy self gelyk.
Dave het 'n grys pak aangehad en 'n blou en rooi
check hemp met mooi bruin leer skoen. Ian het 'n swart 3-pak aangehad en hy het oulike Elton John brille gerock!
 
AnnaSophia Robb het 'n moulose rok met 'n vlinder patroon aangehad en 'n silwer clutch. Ek was mal oor die look en ek sal ook ALMAL aanraai om haar nuwe reeks The Carrie Diaries op Mnet Series
Showcase Woensdae 19:30 te kyk!
 
Cody Simpson het eintlik nie soos 'n Justin Bieber wannabe gelyk nie. Hy het 'n gemaklike ligblou hemp aangehad en 'n blou denim. Vir my het hy net soos 'n seebriesie gelyk!

Dit was ons vierde FBI!
...
O JA! Maak seker om ONE DIRECTION  se nuwe music video BEST SONG EVER  te gaan kyk, want dit is EPIC! MI-siek sal later meer daaroor praat...

Tot wedersiens!
MI