Tuesday, January 8

Terug Skool Toe (Part 1)

BOOOOOOOOOOOOO!!!!
 
Dis weer daardie tyd van die jaar... Jip, dis teruggaan skool toe as jy enige hoop het om eendag 'n ordentelike werk te kry. Ons weet, ons weet: "Hoekom is skool anyway nodig? Ek's slim genoeg! Ek sal Hollywood toe trek, famous word en vir al die ander mense wat nog in hulle skoolbanke sit vinger wys en lag!" Moenie bekommer nie, MI voel presies dieselfde, maar omdat ons almal op die oomblik gedwing word is dit terug hok toe vir die meeste van ons more.
 
Ai, hoe ons nie gaan verlang na die dae van son, swem en eet nie. Nou gaan dit leer, huiswerk en oefen wees.
Maar,

HAVE NO FEAR! MI, IS HERE!

Dis reg, MI is hier om jou te herinner dat skool darem nie so erg is as wat ons onthou nie. Lees gerus verder en word opgewinde vir die nuwe skooljaar... want MI is!
 

1) Ons kan lag vir onderwysers

Natuurlik nie openlik nie. Maar na die tyd. Onthou om net nie lelik te wees nie! Ja, onderwysers het ook gevoelens! Maar 'n giggel as jou onnie vergeet het waar sy boek is, of as daar 'n spelfout gemaak word om die slideshow is aanvaarbaar. En 'n oorverdowerende gejuig is toelaatbaar as die onderwyser nie in die klas is nie.
 

2) Dit kan weer voel soos die regte wêreld

Face it, as jy in die skool is dan voel dit asof jou skool 'n mini dorpie is, jy is een van die getroue werkers, jou onnies is jou baas, die hoof die CEO van die maatskappy en pouses is wanneer julle almal ontlaai tydens lunch hour. Ag komaan! Almal moes tog al daardie fantasie gehad het!
 

3) Jy kan slaap inhaal tydens saal periodes

Saal, die een tyd van die dag waar niemand eintlik omgee wat gesê word nie, want wat maak dit nou eintlik saak? In plaas van om te luister wie nou weer 'n trofee gewen het, kan jy die saal periode gebruik om bietjie lank gesoekte slaap in te haal, maak net seker om fake oë op jou ooglede te teken, aangesien dit nogal obvious gaan wees as jy met toe oë die hele periode sit.
 
Dit is net 3 van die redes hoekom MI weer opgewonde is om terug skool toe te verkeer. Stay tuned vir die volgende 3!
 
Tot wedersiens!
MI