Sunday, May 27

Die week se nuus!

Hierdie is offisieel die weeklikse nuus afdeling wat elke Sondag geplaas gaan word. Dit is 'n opsomming van wat alles die week gebeur het, met skole en die celebs daarbuite.

Hierdie week by Valia:



1) Vrydag het groot opgewondenheid geheers. Valia leerders mag gewone klere aangetrek het, maar moenie dink dit stop daar nie. Na kort periodes van +- 23 minute elk het die pret eers begin. Leerders het gebraai, om gees op te bou vir die Classic Clash wat op Saterdag plaasgevind het.
2) Voordat daar gebraai is, is daar egter groot nuus an leerders bekend gemaak. Captain Valia! MI is nie seker of ons op hierdie stadium meer inligting mag deurgee nie, maar glo ons, more to come...
3) Die Classic Clash teen HTS Vereeniging (Die Geel Bulle) het Saterdag plaasgevind. Volgens MI se bronne het al die rugbyspanne gewen! Geluk Valia! (As enigiemand hokkie/netbal/1ste span tellings comment, dit sal waardeer word!)
4) Twee van Valia se debatspanne (albei Juniors) het hierdie week aan die ATKV halfeindrondte deelgeneem. Die Gr.8 span (Anne, Janke, Nicola) het hulle debat gewen teen Affies seuns, terwyl die Gr.9 span (Mieke, Ingrid en Jean-Mari) ongelukkig hulle debat verloor het. Ongelukkig het nie een van die spanne deurgedring na die Finaal nie. Maar moenie vrees nie! "Volgende jaar!", soos deur een van die Gr.9 spanlede terugvoering gegee is.
5) Liga wedstryde het plaasgevind vir verskillende sportsoorte. Die netbal het baie goed gedoen (Go 0/15 C: 40-1!) en MI sal inligting byvoeg soos ons dit verkry.
6) Die Cheerleaders was aan die brande tydens hulle optredes en GEES is definitief wat hulle uitgestraal het!

Hierdie week by Hoekies:



1) Een van Driehoek se debatspanne (Retha, Zellie, Andrew... Jaques het julle tot daar gekry maar het onlangs van skole verskuif) het ook aan die ATKV Halfeindrondte deelgeneem. Hulle praat teen Affies Meisies en verloor ook ongelukkig hulle debat. Dit bly nogsteeds 'n groot prestasie om tot hier te kom!

Aangesien die MI skrywers nie in Driehoek is nie is dit vir ons baie moeilik om inligting van hulle kant van die wêreld af weer te gee. Laat weet ons asseblief as julle nog enige ander Driehoek (of Valia) nuus het wat julle wil hê ons moet post!

Hierdie week in Hollywood:



1) Katy Perry gaan haar eerste dokumentêre fliek uitbring, "Part of Me", wat haar lewe gaan uitbeeld. MI is baie opgewonde om dit sien, omdat ons dink dat interessant kan wees.
2) Britney Spears en Demi Lovato het hierdie week hul eerste opnames gemaak as X Factor beoordelaars. Ten spyte van wat julle dalk kan vermoed het dit seepglad verloop en Britney (sowel as Demi, Simon en LA Reid) het hulle soos engeltjies gedra. (Behalwe natuurlik vir opmerkings teenoor deelnemers (*hoes* Simon Cowell *hoes*
3) Beyonce het haar eerste optrede gedoen na die geboorte van haar dogter Blue Ivy. Sy het opgetree by die Revel Resort and Casino wat in die Atlantic City geleë is. MI dink sy het besonder goed gelyk vir 'n nuwe ma! Googl dit as jy ons nie glo nie...

(Inligting van Jip en E! Online)

Laat weet asb. as jy wil hê ons moet enige ander nuus byvoeg

Hierdie was MI Watch se weeklikse nuus

Tot wedersiens!
MI

MI Watch Advertensie!

MI Watch bied met trots aan...


GENIET DIT!

Tot wedersiens!
MI

Friday, May 25

MIwards: Top 5 of Everything!

Aangesien dit nou die tyd is vir al die groot award-shows , het ons besluit dat MI sy eie award- show gaan hou: Miwards!!! Totsiens Oscars en vergeet van die Grammy's , want hier is MI se Top 5 of everything!



1.Akteurs en Aktrises!

Hierdie is die mense wat ons vermaak op die televisie en Big-screens! Hulle is ons stylikone, rolmodelle en die slagoffers van die papparazzi! Hulle pak rillers en comedies, dramas en avonture aan! Sommiges is beter as ander, sommiges mooier as ander, sommiges snaakser as ander, maar almal deel van die industrie wat aan ons ure se plesier verskaf! Hier is MI se Top 5 akteurs en aktrises:

Vir al die manne....Die beste aktrises:

5.In die vyfde plek: Sy's mooi en talentvol en bekend vir haar rol as Alex in Wizards dis..... Selena Gomez!

4. Sy's blond and beautiful en staan uit in die movie Water for Elephants...... Reese Witherspoon!

3.. The Black Widow...Nanny Diaries....He's just not that into you....In die vierde plek: Scarlett Johanssen!

2. Haar nuutste rol is die vreeslose Katniss in The Hunger Games... die energieke en pragtige...Jennifer Lawrence!

1. En ons wenner is.....ons eie Charlize Theron! Ons rolmodel, die stunning Suid-Afrikaanse aktrise wat naam gemaak het in Hollywood! (sy is deesdae mamma daarby!!)


Nou vir al ons vroulike lesers: Die beste akteurs:

5.Hunger Games.... Last Song.... tall and handsome..... Liam Hemsworth!

4. Hy is dark, vol spiere en baie aantreklik....ons eie werewolf: Taylor Launter!

3. In die derde plek 'n all rounder: sanger, akteur, 'groen vegter'...dis Justin Timberlake!

2. Sherlock Holmes....Duo Date.... Iron Man.... vir die al die ouer dames (dis nou almal bo 18!) ...... Robert Downey Jnr!

En die wenner ( En jy kan sien hoekom!) is....Josh Hutcherson! Whoooowhooo!!!! I love you Josh!!!

2. Beste boeke!

Vir daardie dae vol reen en grys wolke, wanneer daar niks op die tv is nie is 'n boek die perfekte oplossing! Hierdie is die beste van die bestes!


5. Die hartseer boek wat afspeel tydens die 2de Wereld oorlog is 'n moet-lees!..... The boy in the striped pyjamas! ( Hou maar die tissues naby!)

4. 'n Afrikaanse boek wat rock! 'n Spannende Battle of the Bands, a forbidden love en vele meer sal jy vind in....Suurlemoen!

3. Een van die beste boeke in Suid-Afrika...die skreeusnaakse boek oor 'n klomp mal koshuis seuns! Dis.... Spud ( nou verstaan ons girls daardie mannetjies van Mars 'n bietjie beter!)

2. Meg Cabot se best-seller en blitsverkoper, dis.....The Princess Diaries! (en vir die wat nie graag lees nie, JA daar is ook 'n movie, die boek is net WAY BETER!!)

1. Die beste boek wat ooit geskryf is, met 'n briljante storielyn. Suzanne Collins: Jy het jouself oortref met......The Hunger Games Trilogy!



3. Tydlose Tydskrifte!

Jou mode gids en persoonlike dieetkundige! Jou 'bybel' as jy boy- trouble het! Jou reis vriendelike BFF! Die beste tydskrifte vir tieners ooit!!!

5. Propvol celeb gossip en huge posters van ons gunsteling sterre.....!BOB!

4. In die vierde plek...Quizzes, freebies en baie interessante artikels alles saam in die....Mizz!

3. Hulp met byna alles....Belangrike lewenslesse...Great kompetisies en reviews....derde is die....TeenZone!

2. Die beste mag vir girls wat van die natuur en sports hou.....Saltwater Girl vat die tweede plek!

1. En die wenner is.....Seventeen!(as jy nie alreeds 'n fan is nie, raai ons jou aan om hom dadelik te gaan koop, want jy mis uit!)


4. Wonderful en Wacky Winkels!


Hierdie is die winkels wat bo-aan jou lysie moet wees as jy 'n Fashion 101 ervaar... hulle het die beste pryse en nuutse modes...ons Top 5 winkels!:


5. Woolworths.....kry net die beste hier!

4. Edgars.... vir die coolste sportsgear en brandnames!

3. Hang Ten....as jy regmaak vir daai lang verwagte see vakansie!

2. JJ's.... die nuutse accessories en beste trends!

1. Mr Price... vir ALLES!



5. Radical Restaurante:


Hierdie is die room van die koek wat restaurante aanbetref! Net die beste kos, diens en ervarings kan verwag word as jy by enige van ons Top 5 restaurante instap!



5. People with a taste for life eet by.....Spur!

4. The best steak-house in Town....Black Forest Grill!

3.I'm loving it at....Mc Donalds!

2. For the ultimate family dinner there is....Wimpy!

1. They bring Italy to South Africa.... Franco's Little Italy!



6. Making Music:


Hierdie is die mensdom se universele taal. Die beste party music, love songs en net daai liedjies wat jy nooit uit jou kop uit kry nie... alles by MI se Top 5 songs!



5. This is the part of me that you're never gonna ever take away from me....Part of me deur Katy Perry!

4. On the other side of a street I knew, stood a girl that looked like you... Drive By deur Train!

3. Rumour has it, rumour has it.....wat anders as: Rumour has it deur Adele!

2. Hey I heard you were a wild one, Oooh oooh ooooh!....Wild Ones deur Florida ft Sia!

1. And by the time the bar closes and you feel like falling down I'll carry you home tonight....We are Young!



7. En laastens: Magical Movies!


Popcorn, 'n slushie en en 'n comfy sitplek! Kry jou 3-D brille ,want hierdie is ons laaste Top 5..... Movies!



5.Boom, Boom.... my tyd hardloop uit!! Die spanningsverhaal In Time is nommer 5 op ons lysie!

4. Ek lyk beter as jy en my troue gaan beter wees as joune! Die romantiese komedie Bride Wars is 'n timeless classic!

3. Raaisels, boser as bose skurke en nog meer raaisels.... Sherlock Holmes is een van my all time favourites!

2. Hulk... Iron Man.... Captain America.. almal in The Avengers!
1. En die wenner asook beste fliek ooit!..... The Hunger Games!


Daar het julle nou ons Top 5 van alles! As jy dink jy het 'n beter Top 5 los 'n comment en dalk verskyn dit op ons website!



Tot wedersiens

Mi

Friday, May 18

Redes hoekom dit ROCK om Single te wees!

Ware liefde
Kom ons wees eerlik met onself. Ouens kom en gaan (behalwe as jy nou met die man gaan trou...), maar familie en vriende sal altyd spesiale plekke in ons harte hê. In plaas daarvan om te sit en stres oor hoekom dit so aaklig is om nie 'n ou te hê nie, spandeer eerder tyd met mense wat rerig saak maak.

Me Time
Daar is niks so lekker as om net te chill en niks te doen nie. Vat 'n bietjie tyd af van jou besige skedule en spandeer tyd aan jouself, kyk TV, skryf 'n boek of wen 'n goue medalje eerder as om heeltyd te worry oor wat jou beter helfte sal doen.
Show af!
Noudat jy nie iemand het wat jou terughou nie is dit die perfekte geleentheid om vry te wees! Jy hoef nie te worry oor wat jou spesiale iemand sal dink nie... Want daar is nie een nie! Wees avontuurlustig en mal want daar's mos niemand om te impress nie!

 Geen teleurstelling nie
 Hy't julle anniversary vergeet, of vergeet dis jou verjaarsdag, of dat dit Valentynsdag is. Die punt is, hy't vergeet. As jy nie 'n ou het nie is daar mos nie kans dat jy kan vergeet nie en dus, geen teleurstelling!

 Ka-Ching!!
Geld! Ons Alma's hou van geld! Geld om goed te koop, geld om te spaar, geld om te blaas of om sommer net af te show! Daar's niemand wie jy nou gelukkig moet hou met presente nie, so blaas 'n bietjie geld op jouself:Koop daai toppie, gaan flies 'n bietjie of neem 'n DVD uit, die opsies is eindeloos!

Embarrassment proof
 Mense is altys so pretensieus voor hulle ou of meisie op skool. Daar's altyd een of ander dieper betekenis agter al's en al die tyd het hy maar net bedoel hy is actually moeg toe hy se hy's moeg, nie dat die verhouding boring rack en jy ginning 'n plan moet maak anders gaan die wereld eindig nie. Wees eerder single en spaar jouself al hierdie dieper filosofiese aantuigings.
Surprise!
 As jy single is weet jy nooit wat kan dalk gebeur nie. Jy begin dalk hou van daai ou in jou rek klas en dalk, net dalk hou hy ook van jou!

 Enigiets kan gebeur as jy single is!
Daar's miljoene visse in die see! Single wees beteken een ding: Crushes op celebs! Taylor Lautner, Zac Efron, Josh Hutcherson... Sug! Jy kan beswaarlik nie met jou ou oor al hierdie crushes praat nie!

 Hopelik het hierdie redes jou oortuig dat dit toe nie so bad is om single te wees nie!

Tot wedersiens!
 MI

Thursday, May 17

Die perfekte dieet!


Is jy moeg vir daardie rolletjies wat jy kry a.g.v. al die lekker snacks wat jy verorber as jy so snoesig voor die televisie le? Die dieet van die moderne mens is so gebalanseerd soos die Europese ekonomie. Ons eet meestal kitskos, want daar is nie 'tyd' vir kosmaak nie en intussen maak ons van ons liggame 'n stortingsterrein vir vette! MI gee raad oor die perfekte dieet hierdie winter!

  1. Ontbyt
Ontbyt is die belangrikste ete van die dag! Ek weet dit klink soos jou ma wat nag, maar dis die waarhied! As jy ontbyt oorslaan, krap jy jou hele metabolisme om en dis wanneer jou liggaam oortollige vet produseer! Hier is voorbeelde van gesonde, maar tog lekker ontbyte:
Ontbyt A- 1 koppie muesli met vars aarbeie.
Ontbyt B- 2 roer eiers met green pepper, uie, sampioene en dun hoender skyfies!
Ontbyt C- Lae Vet melk en n vrugte smoothie.
Ontbyt D- 2 gekookte eiers en vars lemoensap!
Moenie jou ontbyt afskeep nie, want dit gee jou net meer lus vir die dag!! Viva Ontbyt!!!!

  1. Middagete.

Middagete is seker die ete wat ons almal die beste ken! Dis wanneer jy van die skool af kom, met 'n gat in jou maag so groot soos die Vrede Fort koepel. Dis die tyd wanneer jy alles wat jy sien verorber! Pasop egter dat jy te veel van die verkeerde goed eet en te min van die regtes!
Lunch A- Grilled cheese, tamatie, blaarslaai en hoender broodjie op volgraan brood ( of Best of Both )
Lunch B- ¼ koppie rys, met stir-fried groente en chicken strips.
Lunch C- Tuna slaai met slaaisous en 1 volgraan rolletjie.
Lunch D- 1 koppie sop met 'n klein groente en tuna pasta slaai.
Baie van ons is in 'n rush in die middae en het nie tyd vir kosmaak nie. Dan stel ons voor kies jy Lunch A of C of gryp net 'n appel en jogurt vir 'n lekker on-the-go lunch!

  1. Snacks.

Mmmmm.....dis my favorite deel! Peuselhappies wanneer jy leer, tv kyk of net relax! Baie van ons vergryp ons egter eerder aan popcorn, chips, chocolates en allerhande vetmaak dinge! Hier is 'n paar heerlike en gesonde snacks as jou maag begin grom, maar aandete is nog ver!!!
Snack A- 'n Bakkie almonds en 'n koppie herbal tee (as jy nie van herbal tee hou nie is rooibos tee ook reg!)
Snack B- 3 volgraan crackers met lae vet kaas.
Snack C- 1 appel en 'n glas melk.
Snack D- Peanut Butter op volgraan toast.
Snack E- 3 hande vol unflavoured popcorn. ( geen butter salt, salt and vinegar of cream and chives)
Snack F- 'n Vrugte of Bran muffin ( blueberry is die lekkerste!!:)
Snack G- 'n Handvol Corn Chips ( bv. Doritos)
Peusel nou lekker en bly gesond!!!!!!

  1. Aandete

Om die dag af te sluit 'n lekker bord kookkos! Baie van julle trek nou seker julle gesigte op 'n frons (ek ook)! 'n Gesonde en gebalanseerde aandete hoef nie 'n straf te wees nie! Kool en pampoen is nie noodwendig die gesondste aandete nie (dis egter ook belangrik!). Geniet jou aandete, sonder om skuldig (of naar) te voel na die tyd!
Aandete A- Pasta in olyfolie met hoenderstukkies en broccoli (of soos my sussie se: groenboompies!)
Aandete B- Sop met croutons en enige 2 vars groentesoorte
Aandete C- Pita wrap met beef blokkies, tamatie, blaarslaai en gerasperde mozzarella kaas.
Aandete D- ¼ koppie rys, grilled vis en stir-fried veggies!
Geniet jou aandete en voel goed na die tyd!

Daar het julle dit MI fans! 'n Menu wat gebalanseerd, gesond en boonop lekker is! Wees vol selfvertroue hierdie winter as daai skinny jean wat al te klein is weer soos 'n handskoen pas!

Tot wedersiens
MI

P. S. Die inligting vir hierdie artikel is verkry uit die Mei uitgawe van Seventeen! Vir oefenplanne, boy trouble en vele meer koop hom by jou naaste supermark!




Pienk Mania!


Pienk hokkie stokke, pienk netbalballe, pienk mouthgaurds, pienk RUGBYBALLE! Dit is wat jy sien as jy deesdae langs 'n sportveld staan. Dis egter nie net sportgear wat soos 'n pienk ontploffing lyk nie. Die catwalks in Milan is vol nuwe pienk modes vir vrouens maar meestal mans! Is pienk die nuwe swart! JAAAAAAA, en MI se hoekom!

  1. Sportvelde- 'n Broeiplek vir pienk.

Morne Steyn se tokse, die Bulle se truie, seuns se rugbyballe en mouthgaurds, hulle hokkiestokke en kouse en nog vele meer....alles pienk. Wie sou ooit kon dink dat hulle 'n professionele rugbyspeler in pienk sou sien.? Beslis nie ek nie, maar dis hoe dit deesdae is en ek moet se... MI LIKE! By ons skool lyk dit soos 'n boksie smarties in die middae tydens sportoefening! Geel, rooi, blou, groen maar meestal pienk! Die eerste rugbyspan met skelpienk kouse en die eerste hokkiespan met pienk stokke! 'n Bron se dat hy sommer rillings kry as hy sy seuns so met hulle pienk sien (dis mos 'n meisie kleur), maar dis 'n nuwe era en dinge verander..dinge soos 'seuns mag nie pienk dra nie'! Pienk op sportvelde lyk great en ek hoop dat dit 'n modegier is wat nie gou uitsterf nie!

  1. Real Boys Wear Pink!

Pienk klere vir seuns en mans is die nuwe in-ding en al die nuutste klerereekse vir mans, het 'n pienk feature! Pienk golfhemde en truie, pienk baadjies en sokkies, die hele pakket is beskikbaar in pienk by jou naaste klerewinkel! Baie seuns dra pienk klere en die gier is besig om wereldwyd te versprei ( vinniger as 'n veldbrand!). Fashion shows wys designers se nuutse skepping vir mans en vrouens en dit is een van die kleure wat by meeste mense pas. Dis nie net 'n kleur vir klein dogtertjies en miniatuur hondjies nie, dis 'n kleur wat jou uniekheid weerspieel en wys dat alhoewel jy 'n onafhanklike mens is, is jy steeds 'in touch' met jou sagte kant ! Soos die saying se : Real boys wear pink! Moenie worry oor wat “die mense” gaan se nie, express jou kreatiwiteit deur hoe jy aantrek. Wow, die seuns dink nou seker: OMS , die girl is getik en ja ek is seker..maar dis waar! As jy sad is, sal jy heel waarskynlik grys, swart of donker blou dra en as jy in 'n sonskyn bui is, sal jy rooi, geel, helder blou en groen en pienk of wit dra! Pienk is in en almal wat dit nie weet nie bly seker onder 'n klip of is net way outyds ( nie dat MI 'n probleem het met outyds nie!)

3. Diere het styl!

Selfs die diereryk het die nuwe pienk modegiere nagevolg! Talle diere het hulle vervelige pelse verruil vir 'n fantasmagoriese pienk jassie! Moenie verbaas wees as jy op jou volgende uitstappie na die wildtuin Koning leeu met pienk maanhare sien nie of  'n langnek kameelperd met pienk i.p.v. bruin kolle!

So MI lesers, daar het julle dit: Pienk is defnitief die nuwe swart en jy kan dit orals te sien kry, van huis dekor tot fluffy toiletseats! Ons stuur julle op 'n missie om julle innerlike self te gaan express and don't be afraid of the Pink Bomb, because sooner or later it'll hit you!

Tot wedersiens
Mi

P.S. Selfs brandweermanne wil pretty in pink lyk as hulle lewens red!

Wednesday, May 16

Vat 'n Breather

Netbal, Hokkie, Musiek, Drama, Dans, Rugby, Debat, Redenaars, Atletiek, Krieket, Tennis, Muurbal, Skaak, Gholf, Landloop, Cheerleading... Die lys van dinge waaraan jongmense hulle tyd vandag bestee is eindeloos.
Elke dag kom tieners eers laat in die aande by die huis, waarna huiswerk en leerwerk eers begin moet word. Hoe lank spandeer die gemiddelde kind dan nou eintlik aan buitemuurs en skoolwerk? MI het navorsing gedoen:

5 ure skool
+ 3 ure sport
+2 ure kultuur
=10 URE!

MI weet dat hierdie syfers nie dieselfde is vir almal nie, maar dit is tog min of meer. 10 URE? 10 URE van werk en moegword elke dag? Buitestanders sou seker al teen nou al gese het... "Stop die lorrie! Los net 'n paar van die dinge op die lys!"
MI het nuus vir hierdie mense. Hoe meer jy doen hoe meer kry jy gedoen. Hoe meer dinge jy doen hoe groter is jou dryf om beter te doen en ten einde laaste bo uit te kom. Maar hoe dan gemaak met al die stres wat met hierdie besige lewe gepaard gaan?

KOM OOR DIT

As dit rerig so erg was sou jy al lankal opgehou het met hierdie dinge of 'n nervous breakdown gehad het. Chill dude, hou net aan werk en as jy sien jy kan nie meer nie... MAAK DIE WERK MINDER!


Wat MI eintlik probeer om te se is: Ons weet die wereld is besig, dis nodig, maar vat 'n breather nou en dan.

Tot wedersiens!
MI

Aan alle MI lesers:

Ek sien ons waarskuwing oor die uittrap sessie het gewerk!! Thanx vir al die awesome comments...Keep it up!!!!
MI begin nou voorberei vir die eksamen...so daar gaan 'n effense afname in artikels wees!! Ons gaan egter ons bes doen om slegs die beste vir ons lesers te gee wanneer ons tyd het!!!:D
MI fans....Julle is FANTASMAGORIES!!

Tot wedersiens
Mi

Sunday, May 13

Viva Ma's!



'n Ma is iemand na wie jy opkyk, iemand wat jou troos as jy hartseer is, iemand wat seerplekke beter laat voel en iemand wat jou wasgoed was! (lg. is net ‘n grappie!) Ons het ons ma’s nodig en ek persoonlik dink nie ek sou kon oorleef sonder my ma nie! MI gee ons lesers ‘n kykie in die wereld van ma’s en die verskillende fases wat hulle beleef!

1.      Die over-protective stadium!

Hierdie stadium word bereik wanneer ons stadig, maar seker in ons tiener-fase inbeweeg! Dis die tyd wanneer ons alleen saam ons vriende wil gaan fliek, op ‘n Saterdagaand wil gaan ysskaats en ietwat verslaaf raak aan jou selfoon. In hierdie fase begin ons moeders besef dat hulle kinders besig is om groot te word, en vinnig ook! Alhoewel sy weet ons word nou groot, voel sy steeds sy moet ons beskerm teen die nare wereld daar buite! Sy sal egter altyd so voel, maar nou is dit die ergste. Ons word dan kwaad vir ons ma’s want ons redeneer dat sy ons net wil straf en dink nooit hoe sy eintlik voel nie! Tydens hierdie stadium van ons liewe moeder se lewe moet ons net baie geduldig wees en vir haar verduidelik dat sy die leisels net so ‘n bietjie slapper moet vashou en ons moet vertrou!

2.      Die embarrassing-stadium!

Hierdie is die ergste stadium! Dit is wanneer ons tieners tussen 15 en 17 jaar oud is en baie selfbewus is! Tydens hierdie stadium sal ons ma’s uit hulle pad gaan om ons tieners in die verleentheid te stel! Van toeter blaas vir die kaptein van die eerste rugbyspan tot hardop na ‘n outjie wys en se: “Jinne pops, hy lyk oulik!” Al wat ons in hierdie stadium kan doen is om af te kyk en maak of jy, jou ma nie ken nie! Ek weet dit klink bietjie harsh but we‘ve got to do, what we’ve got to do om hierdie stadium te oorleef! Vertel jou ma as dit jou pla en dalk is sy een van daardie ma’s wat sal verstaan, maar as jou ma soos myne is , sal sy net lag en se; “Get over it”. Al wat ek dan vir jou kan se is Good Luck Charlie!

3.      Die verstaan stadium!

Wanneer jou ma hierdien stadium bereik is jy tussen die ouderdom van 18 tot 21. Dit is die stadium waar jou ma aanvaar het dat jy nou amper groot is en met jou eie lewe gaan begin! Sy sal jou meer vryheid gee, so moet dit nie misbruik nie en sy sal die skouer wees waarop jy kan huil! Sy sal beter as enige iemand anders verstaan as jy swaar tye beleef en sy sal jou beter raad as die dominee kan gee! Koester hierdie tyd, want dit is van die kosbaarste tye in jou lewe!

Hier by MI is ons baie lief vir ons ma’s en ek is seker al ons lesers voel presies dieselfde oor hulle moeders! Aan al die ma’s daar buite wil ons net se: Happy Mothers day! Julle ROCK!!  Bederf jou ma en wees dankbaar vir alles wat sy vir jou doen, nie net vandag nie, maar elke dag van jou lewe want jy besef nie wat jy het, totdat jy dit verloor het nie.

Tot wedersiens
Mi

Movie Review: The Avengers!


Iron Man, Captain America, Hulk, Thor. Klink hierdie name dalk bekend? Natuurlik, dis die name van al ons gunsteling  Superhelde! En in hierdie fliek span hulle almal kragte saam om een nare skurk te oorwin! MI gee ‘n inside scoop oor die beste Super Hero movie ooit!

‘n Toestel wat energie van space bevat is gesteel deur ‘n nuwe skurk: Loki, die broer van Thor en hy beplan om die wereld oor te neem en almal te “verlos van hulle  vryheid”! Die Avengers word almal geroep om die 
bose Loki te verslaan en die toestel terug te kry voordat dit te laat is, maar dit gaan maar swaar aan die begin! Captain America  (Chris Evans) en Iron Man (Robert Downey Jnr) sit glad nie langs dieselfde vuurtjie nie en Hulk ( Mark Ruffalo)  wat geleer het om homself te beheer, verloor weer alle beheer toe hy die ander Avengers ontmoet! Hulle is so besig om teen mekaar te veg dat  hulle  Loki kans gee om groot amok op aarde te maak. Gelukkig is The Black Widow (Scarlett Johansson) daar om hulle almal weer in lyn te kry voor dinge handuitruk! Toe  die Avengers uiteindelik  al hulle probleme uitgesorteer het, het Loki ‘n ‘portal’ vanaf space na aarde toe oopgemaak en sy army van aliens is besig om die wereld soos ons dit ken te vernietig!

Kan die Avengers dit regkry om as ‘n span saam te werk en die aarde re red voordat dit te laat is of gaan hulle groot ego's in hulle pad staan? Vind self uit! The Avengers wys landwyd by jou naaste Sterkinekor!

The Avengers kry beslis ‘n 10/10 by MI! Alhoewel die skelms bietjie vreesaanjaend, monsteragtig is, is dit ‘n awesome, aksie-belaaide fliek wat jou nooit sal verveel nie! Die akteurs en aktrises is almal fantasties (maar my persoonlike gunsteling is definitief Robert Downey Jnr!;). Daar is film is vol romanse, naelbyt oomblikke en skreeusnaakse humor! The Avengers is ‘n MOET sien, so moet dit nie misloop nie!

Tot wedersiens
Mi
P.S. Nog ‘n movie-review oor The Hunger Games coming soon!

Blackberries: Hoekom die bohaai?

Ons almal weet wat 'n Blackberry is. 'n Blackberry is maar net een van die vele tegnologies gevorderde uitvindings wat ons lewens vergemaklik elke dag. Daar is Blackberries, iPads, iPods, TV's, Apple Apps en ek weet nie wat nog nie!
Ek dink dis veilig om te sê dat die meerderheid van Hoërskool Transvalia sowel as Hoërskool Driehoek se leerders 'n Blackberry besit (sowel as die meerderheid van die onderwysers en mense in die leerders se gesinne...) Maaar hoekom dan 'n Blackberry? Hoekom nie 'n Android foon, of 'n nuwe Nokia of Samsung foon nie? Wat maak die Blackberry so besonders dat mens skoon uitgeskakel voel as jy nie een besit nie (Glo my, MI ken die gevoel...)? In my opinie is 'n Blackberry soos goeie fashion sense. Of jy het dit en jy pas in, of jy het dit nie, maar pas tog nog ietwat in. Dit definieer jou nie maar dit maak jou lewe definitief beter.

Om tot die oorsaak van die Blackberry-manie te kom, het MI voordele en nadele van 'n Blackberry gaan uitgrawe:



Voordele
1. BBM. Eers was dit sms, toe Mxit, toe FB messages en toe WhatsApp en... BBM. Beter bekend as Baie Beter Mxit. Behalwe vir die feit dat dit verniet is, laat BBM ons toe om in kontak te bly met ons pêlle, maak nie saak waar ons is nie. Dit laat ons toe om foto's en statusse te deel in 'n baie veiliger omgewing as ander chat apps, aangesien jy iemand se pin nodig het om hulle te invite (behalwe as jy nou dom genoeg is om iemand te invite/accept wat jy nie ken nie).
2. Free internet. Internet wat verniet is is 'n baie groot Blackberry voordeel. Wie het nou nie al vinnig iets geGoogle in die klas op hulle Blackberry toe die onderwyser 'n vraag gevra het nie? Dan praat ek nie eers van die voordeel om jou pêl verkeerd te bewys as jy iets Google waaroor julle gestry het nie. (as jy reg was natuurlik...). Erken dit. Almal hou daarvan om reg te wees.
3. Apps. Almal wat ek ken is verslaaf aan BB Apps. Op 'n goeie manier natuurlik! Word Mole is verby fantasties as jy 'n slag het met woorde, dan praat ek nie eers van my persoonlike gunsteling, Pixelated nie. (Download dit, binne 10 minute is jy gehook.) Blackberry App world is voorwaar 'n seening!
4. 'n QWERTY keyboard. Behalwe dat jy jou Tik juffrou kan impress met jou kennis van die sleutelbord is dit ongelooflik vinnig om daarop te tik en boonop lyk jy heel fancy as jy soos 'n wafferse pro aan't tik is.

Nadele
1. Die network is permanent af. Hoeveel keer het ek nie al iemand hoor kla hulle BBM kom nie deur nie, net omdat die network af is. Ek weet nie van julle nie, maar 'n dag sonder network connection is soos 'n dag sonder water. Nutteloos.
2. 'n Blackberry hou van breek. Ek dink nie daar's een mens in die Vaal driehoek wie se Blackberry nog nie gebreek het na 2 maande nie. Erken dit. Jy moes dit of gaan ingee, of 'n splinternuwe een kry.
3. Daar's duisende ander fone daarbuite. MI dink dis nie soseer dat 'n Blackberry die beste foon op die mark is nie, dis die mees fashionable foon op die mark. As jy 'n Blackberry het, is jy in,
4. Die era was al lankal verby.  HET JULLE GEWEET BLACKBERRIES HET DIE EERSTE KEER IN 1999 IN AMERIKA UITGEKOM?? Ja. Dis waar. Google dit. Het julle geweet dat die Blackberry craze jare gelede al in Amerika gesterf het nou eers Suid-Afrika getref het? Ons is agter met die tyd mense!

Noudat julle die voordele en nadele van die gesogte Blackberry smartphone gehoor het, wat is julle opinies? Blackberries, die moeite werd of net 'n fad wat binne 'n jaar gaan uitsterf?

Tot wedersiens!
MI

PS: Geniet hierdie video van 'n gebreekte Blackberry:



Asook 'n random foto van 'n grenadilla:


(Geneem deur Nico Heydenrych)

Wednesday, May 9

Nuutste Nuus

Hi almal!

Net 'n vinnige post om te se dat MI bietjie minder sal skryf as gewoonlik vir die volgende 2 dae, ons lewens in ongelooflik besig!

Ek sal graag ook wil hoor wat julle sal dink van 'n weeklikse nuus artikel elke week waarin ons die nuutste hollywood sowel as Hoekies en Valia nuus bespreek. Stem in die poll aan die regterkant!

Tot wedersiens!
mI

PS: Kyk uit vir 'n uittrapsessie deur die M van MI oor die powere comments... coming soon!


Tuesday, May 8

Watter jellybean is jy?


In 'n pakkie jellybeans kry jy baie verskillende kleure en hulle almal proe anders. Dit is net so in die hoerskool, daar is verskillende tipes kinders en hulle almal tree anders op! MI gee vir al ons lesers 'n inside scoop oor al hierdie clicks en hoe jy hulle kan herken!

  1. Die “Ek is Cool” jellybeans.

Hierdie is die kinders wat almal ken, die atlete, hokkie-bokkies, rugbyhelde, die lys is eindeloos! Hulle dra altyd die nuutste modes, of dit nou broeke is wat so op jou boude hang of hemde wat opknoop tot onder jou neus. Wat ook al die nuuste trends is hierdie kinders sal dit he! MI vergelyk hulle met rooi jellybeans. Rooi is die kleur van passie en vuur. Net soos vuur wat 'n droe veld kan oorheers, so oorheers die cool kinders ook 'n skool. Altyd top of the ranks! Die girls het altyd 'n “taylor lautner ou” aan haar sy en die ouens  pronk elke week met 'n nuwe girl! Hierdie kinders is die Mnr en Mej ?, die sportseun of dogter, die ster van die toneel en net gewoonlik nommer 1 in alles!

  1. Die “ Ek dink ek is cool” jellybeans.

Hierdie is die cool kinders se “beste vriende”. Jy sal hulle altyd by die geel jellybeans sien en hulle is altyd by hulle maak nie saak wat nie, ek noem hulle die sidekicks! Sidekicks is nie regtig cool nie, maar omdat hulle saam die cool kinders uithang verbeel hulle, hulle is! Ek vergelyk hulle met oranje jellybeans. Ek haat oranje, want oranje  dink hy is rooi maar hy is eintlik so ver van rooi soos wat Venus van Saturnus af is! Hierdie oranje jellybeans verbeel hulle altyd dat hulle in die cool katogerie is, maar hulle is nie daar nie! Die beans is nes die prent, hang al ewig aan die rooi beans! Hulle probeer meestal te hard om by die cool kinders in te pas en dan loop dit net uit op 'n ramp, 'n ramp soos 9/11!

  1. Die “ Jammer ek leef” jellybeans.

Hierdie is die skaam kinders, maar nie die “ek leef in my eie wereld” skaam nie.... Nee, die “jammer ek leef” skaam kinders! Ons vergelyk hulle met 'n groen jellybean, groen soos die gras. Gras is oral maar dit is onder op die grond. Hierdie kinders is ook oral, maar hulle hou 'n baie lae profiel! Hulle streef daarna om 'n woord met die cool kinders te praat, maar bly ook terseldetyd uit hulle pad. Hulle sal ook nooit die rooi beans in die oe kyk nie, want hulle het die weird teorie dat die cool kids “heilig” is. Soms irriteer die kinders my, net soos groen jellybeans ( wat soms soos waspoeier proe)! Ek wil net vir hulle skree “ Word wakker piesangs! Julle gaan hierdie mense seker nooit weer sien nie! Get a Life!!

  1. Die Nerds!

Volgens my is hierdie die beste groep in die skool en nie net omdat ek onder hierdie een val nie (wel nie 100% nie, ek is meer in die “mal en baie loud” groep!). Soos julle seker opgelet het is al die vorige groepe of die cool kinders self of verbind met hulle! Wel, nie die nerds nie. Hulle is ONAFHANKLIK! MI vergelyk die nerds met pienk jellybeans. Pienk is heeltemal sy eie kleur, nie rooi nie en nie oranje nie..net pienk! Hulle is slim, sommiges baie handsome en ook kulturieel bevorderd! Alhoewel nerds in movies altyd 'n bril dra is dit so onwaar!( daar is actually iets soos kontaklense!). Hulle is die toekomstige besigheids eienaars en moontlike base van alle bg groepe! Hulle reel hulle eie parties, en wag nie vir ander om hulle te nooi nie. Hulle is nie skaam en bang vir ander groepe nie, want hulle is is trots op wie hulle is! Nerds Rule!

So nou het julle dit! Wie die groepe is en hoe om hulle uit te ken! Alhoewel, almal dink dat cool kinders alles rule is dit nie so nie! Moenie skaam wees as jy aan 'n ander groep behoort nie of stig jou eie! Wees bold en exciting, maar die belangrikste is wees net jouself en niemand anders nie! So, watter jellybean is jy?

Tot wedersiens
Mi